Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vlam van die Laeveld
Vlam van die Laeveld
Vlam van die Laeveld
Ebook229 pages3 hours

Vlam van die Laeveld

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

VLAM VAN DIE LAEVELD - WOESTE LAEVELD REEKS


Weet u dat Suid-Afrika ook sy eie, egte “cowboy”-tydperk gehad het...? Hier is dit in aksiebelaade stories!


Dit was in die dae toe vroue “skaars en duur artikels” was. Toe wilde avonturiers uit die buiteland in honderdtalle die land binne gekom het en toe vee-smokkelaars en diewe met goud, sterk drank en blitsende rewolwers dikwels ’n hele gemeenskap regeer het. In die wilde, woeste Oos-Transvaal, waar die eerste groot goudontdekkings in Suid-Afrika gemaak is, het hierdie dinge gebeur.


Daar was vurige, hartstogtelike meisies, soos Juanita, wat bereid was om siel en liggaam op te offer aan die man wat hulle lief gekry het.


En daar was kêrels soos Johan Grimbeek, met sy kalme, deurvorsende blik en sy sagte gespierde tred. Wat meedoënloos, honderde myle ver op die spoor van ’n moordenaar sal bly soek en vra en luister totdat hy hom opspoor, en dan spring die rewolwer aan sy sy blitsvinnig in aksie, “vinniger as wat ’n mamba kan pik...” ’n Man wat selfs nie deur die wildste en roekeloosste liefde van ’n meisie van die spoor afgelei kan word nie...


Hierdie verhaal is ’n merkwaardigste, romantiese spanningsverhaal wat nog in Afrikaans gepubliseer is.

LanguageAfrikaans
Release dateNov 4, 2021
ISBN9781928498636
Vlam van die Laeveld

Related to Vlam van die Laeveld

Titles in the series (6)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vlam van die Laeveld

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vlam van die Laeveld - Braam le Roux

    Hoofstuk 1

    Bo op die hoë, rotsagtige rug van ’n rant wat die een helling van ’n diep kloof vorm, kan af en toe die gekras van skoene op harde, skurwe rotse gehoor word. As iemand daar naby was, sou hy af en toe die bewegende kop en skouers van ’n meisie gesien het wat besig is om haar pad tussen losliggende rotsblokke heen te vleg. In haar hand hou sy die toom van ’n perd, ’n sierlikgeboude geel vos.

    Sy moet hier en daar van klip tot klip spring en lei haar perd sukkelend ’n end ver tussen die rotse deur. Toe haak sy die toom aan ’n struikgewas vas en stap alleen ’n end verder. Gebukkend, asof sy iets bekruip, beweeg sy nou tussen die rotsblokke deur. Eindelik kom sy behoedsaam heeltemal bo-op die kruin van die rant uit. Agter ’n paar wilde moepelbome sluip sy nader tot op ’n groot plat klip en toe gaan sy daarop lê en bring ’n verkyker na haar oë.

    Sy hou die verkyker gerig op die breë, bebosde kloof daar ver onder haar. Van hier uit die hoogte lyk die wilde bome daar onder soos nietige bossies.

    Sy is ’n frisgeboude meisie, gespierd en lenig, met ’n bos ryk, glimmende swart hare. Sy dra ’n bloese van bruin sy, met lang moue, en ’n mansrybroek en kamaste. Eenkant op die plat rots waarop sy gaan lê, het sy versigtig ’n geweer neergesit.

    Dit is ’n splinternuwe Portugese geweer wat haar pa vir haar in Delgoabaai gekoop het. Dit is so nuut dat die jaar waarin dit gemaak is en wat op die loop gegraveer is, nog vanjaar se datum is. 1885.

    In hierdie hele geweste glo sy nie is daar nog iemand wat so ’n mooi nuwe geweer het nie. Maar juis sy mooiheid en sy nuutheid het haar vandag ’n verkeerde ding laat doen, sy het nog maar net ’n paar patrone vir die geweer oor, maar toe sy die veld in gery net, wou sy maar nie die geweer laat agterbly nie. En sy weet nou dat as sy nie die geweer gebring het nie, sy die moeite sou ontsien en haar rewolwer en heup bandelier sou gaan haal het wat haar op die oomblik baie veiliger sou laat voel het.

    Sy beweeg die verkyker van plek tot plek. Eindelik kry sy waarna sy soek. Dit is vier bewegende figure ver onder in die kloof. Toe sy die verkyker op hulle rig, kan sy hulle baie duidelik sien. Dit is perderuiters. Hulle ry agter mekaar, op ’n trae stappie, asof sowel hulle as hulle perde baie moeg is.

    Die donkerharige brunet neem die verkyker ’n oomblik voor haar oë weg en daar kom ’n frons van bepeinsing tussen haar winkbroue. Hierdie vier manne moet die vier veediewe wees na wie mnr. Toerien soek. Hy dink hulle het koers gevat na die bosveldvlaktes toe, en hulle is al die tyd aan die teenoorgestelde kant, hier tussen die berge.

    Sy het hulle spore gekry toe sy vanoggend gaan ry het en dit het haar die idee gegee dat hulle hier kan wees.

    Hierdie vier manne net een maal, twee weke gelede, ’n aand by haar en haar pa aan huis deurgebring. Hulle het lank met haar pa en met sy voorman gesels. As mnr. Toerien dit moet uitvind, wat sou hy daarvan dink?

    Die meisie skud haar kop stadig heen en weer asof sy iets ontdek het wat haar verbaas.

    Daar is silwer-oorbelle aan haar ore wat saggies klingel, toe Bring sy haar verkyker weer na haar oë en bekyk die kloof op en af.

    Jare gelede het haar pa aan haar beloof dat die dinge van die verlede vir altyd agter die rug is. Sy onthou nog goed. Dit was op ’n reënerige nag in die jaar 1879. Sy was toe nog maar ’n veertienjarige dogtertjie.

    Meteens hou sy die verkyker stil en haar vingers verstyf daarom. Daar is nog ’n verrassing vir haar, want sy gewaar nou eers dat in hierdie eensame, mensverlate wildernis op die oomblik werklik nog ’n vyfde persoon ook is, behalwe sy

    Sy is heeltemal verbaas om die ander man ’n end hoër op in die kloof te gewaar Die vier perderuiters het sy verwag, want sy het hulle spore teengekom en hierheen gekom met 'n bepaalde doel om hulle goed met die verkyker te kan bespied.

    Sy kom ook dadelik agter dat die vyfde persoon wat te voet stap en ’n swaar gelaaide rugsak dra, ’n vreemdeling in hierdie dele moet wees. Hy is waarskynlik salig onbewus daarvan dat hy reg op die vier veediewe afstuur.

    Hy lyk vir haar doodonskuldig. Van hier af lyk dit of hy nie eens ’n wapen by hom het nie. Die vier perderuiters inteendeel, is almal gewapen. Drie van hulle dra rewolwers aan die sye, en die een wat sonder ’n rewolwer is, het ’n geweer aan die skouer.

    Johan Grimbeek, die eenlopende persoon, vee die sweet van sy voorkop af en staan ’n oomblik stil om na agtertoe te kyk. Tussen die blare van hoë, wilde bome deur sien hy sowat ’n myl agter hom die berge waaroor hy vroeg daardie oggend gekom net. Dit is winter in die Laeveld, maar hier onder in die diep, lang kloof waarin hy nou al ’n halfuur lank aanstryk, is dit warm, sommer baie warm. En tog daar bo op die berge was dit vroeg vanoggend bitter koud.

    Vonk, my ou perd, ek hoop dit gaan goed met hom daar bo op die berg, praat hy half-hardop onderwyl hy na die hoë berge agter hom kyk. Hy stoot sy hoed agteroor en staan ’n rukkie om te blaas.

    ’n Bietjie onrustig wonder hy of hy nie dalk ’n fout gemaak het om sy perd, en veral ook sy wapens, daar bo in die berg te laat bly nie. Hy is seker nou ’n goeie vyftien of twintig myl van die plek af waar hy vir sy perd op ’n oop, gelyk kol teen die berg, met ’n krans aan die eenkant, ’n soort reusagtige kraal gemaak het met behulp van takke en natuurlike bosse. En daar het hy ook sy twee rewolwers en ander besittings gelaat.

    Hy het hierheen gekom om ondersoek in te stel. As hy die inligting gekry het waarna hy soek, en dit blyk nodig te wees, sal hy teruggaan en Vonk en sy skietysters gaan haal.

    Grimbeek staan ’n oomblik en rondkyk. Hy haal ’n stuk papier uit sy hemp se sak en vou dit oop. Hy kyk daarna en vergelyk die aanduidings wat daarop gegee word, met die landskap -wat hy daar ver voor hom, tussen die bosveldbome deur, kan sien.

    By die berg van sewe klowe, het die sterwende vrou aan hom gesê. Dit is al aanduiding wat by van haar gekry het en dit het hom amper maande gekos om uit te vind dat dit hier is. Volgens die kaart wat die ou man op Barberton vir hom geteken het, is hierdie einste kloof een van die sewe klowe. Die Swazi-swartes noem hierdie plek glo ’n naam wat naastenby beteken Berg van Sewe Klowe.

    Wel, as dit die plek is, dan moet hy hier êrens die tweede kleindogter van wyle oom Lodewyk Malan raakloop.

    Grimbeek skud sy kop. Dit lyk nie vir hom of hier ’n beboude of bewoonde plek vir myle in die omgewing kan wees nie.

    Maar dit moet tog hier êrens wees. En hier êrens sal hy miskien ook weer die man raakloop of in ieder geval ’n spoor van hom kry wat oom Lodewyk Malan vermoor het.

    As hy die meisie raakloop, sal sy in ieder geval ook maar net ’n spoor wees wat hom nader aan sy einddoel sal bring nader aan die dag waarop hy finaal sal kan afreken met die genadelose wreedaard na wie hy nou al meer as ’n jaar lank soek.

    Grimbeek slinger die swaar pak van sy rog af en gaan met ’n sug op ’n dik boomwortel sit. Hy kerf ’n oomblik aan ’n stuk biltong onderwyl hy fronsend in bepeinsing verkeer.

    Uiteindelik hervat hy sy staptog. Maar nou koers hy skuins teen die helling uit.

    Die meisie daar bo rig haar verkyker nou weer op die perderuiters. Op die oomblik is hulle amper uit die gesig uit, want ook hulle het uit die bedding van die kloof pad gegee om ’n hoë krans waarteen die water van die bergstroom aftuimel, te vermy. Hulle het van die perde af geklim en lei die diere teen die steil helling uit.

    ’n Hele ruk lank hou sy hulle dop. Toe hulle bo is, baan hulle weer vir hulle ’n pad deur die ruie plantegroei na die waterstroom toe. Uitgeput van die steil klim, gooi hulle hul nou aan die kant van die waterstroom neer in die koelte van ’n boom wat op ’n hoë wal reg bokant hulle groei. ’n Entjie van hulle af is die rand van die krans waaroor ’n bergstroom aftuimel na die boom-begroeide dieptes daar onder.

    Johan Grimbeek stap sukkelend aan teen die steil helling. Hy daal nou weer af na die waterstroom, want die biltong wat hy netnou geëet het, maak hom verskriklik dors.

    Opeens kom hy egter tot stilstand. Laer af, hier reg onderkant hom, hoor hy die gemompel van mense en dan ’n gelag. Eers verbeel hy hom dit is maar die harde gemurmel van die waterstroom wat hy hoor, maar daardie gelag is onmiskenbaar.

    Johan staan ’n ruk lank doodstil en luister. Heeltemal duidelik hoor hy nou weer die gepraat.

    Grimbeek se hart klop vinniger. Sy lippe pers stywer op mekaar. Êrens in hierdie omgewing moet die meisie en ook die man wees na wie hy nou al soveel maande lank soek. Hy is daar oortuig van, want die inligting wat hy ingewin het in die woelige myndorp, Barberton, aan die ander kant van die berge, het geen twyfel by hom gelaat nie dat hy eindelik op die regte spoor is.

    Maar hy het opsetlik sonder wapens en sonder perd gekom omdat hy die man na wie hy soek, nie agterdogtig wil maak nie.

    Nou, toe hy die stemme hier onder hoor, skiet die gedagte hom meteens te binne. "Dalk is hy een van die manne wat daar praat. Dalk het die noodlot my eindelik begunstig... Die meisie daar bo het ’n paar droë blare van die struik langs haar afgepluk en met amper dromende belangstelling hou sy die toneel daar onder dop. ’n Koel luggie wat hier bo langs trek, vee sag aan die sybloese wat sy aan het. Sy frommel die blaar in haar hand. Toe bal haar vuis meteens krampagtig saam.

    Daar onderkant haar in die kloof het meteens vinnige, dramatiese gebeurtenisse plaasgevind.

    Johan Grimbeek het versigtig nader gesluip, teen die helling af, om die pratende manne daar onder in die oog te probeer kry. Hy het tot naby daardie boom op die hoë wal bokant hulle gekom.

    Hy was nou nader as twintig tree van hulle af. ’n Groot, log-geboude kêrel het opgestaan en hom uitgerek.

    Jy praat skone snert, ou-kêrel, sê hy in ’n lui stem in Engels. Die slag is nie gelewer voordat die beeste veilig in Delgoabaai is nie. Dan en dan eers word die buit gedeel.

    Een van die drie sittendes mompel iets en begin met ’n pot lood op ’n koevert of stuk papier skryf waarskynlik ’n berekening doen.

    Johan se nuuskierigheid is nou terdeë gaande gemaak. Hy wil hoor wat verder hier gepraat word. Nog net eergister het ’n man in Colts Creek, anderkant die berge, aan hom gesê dat een uit elke twee persone wat mens in hierdie geweste raakloop, of ’n rower of smokkelaar of veedief is. Grimbeek het gedink die kêrel oordryf, maar nou lyk dit vir hom of dit werklik so kan wees.

    Hy sou wat wou gee om die manne daar onder in die oog te kan kry.

    Maar die volgende oomblik kom ’n klip onder sy voet los en rol teen die wal af. Johan besef oombliklik dat die manne sal weet dat hy hulle afgeluister het. Hy koes agter ’n bos weg, maar dit is te laat. Die manne spring op en skreeu na hom.

    En die volgende oomblik blits ’n rewolwer en slaan die koeël teen die rots naby hom vas.

    Die groot kêrel bulder aan sy maats.

    Hy is ’n spioen! Hy durf nie wegkom nie! Skiet op sig en skiet dood. Mike, sny jy die kant toe om... pasop hoor. Hy sal terugskiet.

    Die meisie daar bo op die rand hoor die geknal van rewolwerskote. Sy sien hoe die vreemdeling die pak van sy rug afgooi en gebukkend agter rotse en struikgewasse wegkoes.

    Grimbeek besef dat hierdie manne hom maklik koelbloedig sal kan doodskiet en hier laat lê, en geen haan sal ooit daarna kraai nie. Dit sal in hulle belang wees om hom dood te skiet, want hulle meen hy het hulle ’n hele ruk lank daar staan en afluister en dit sal hom niks help om die teendeel te probeer bewys nie.

    Die meisie sien hoedat Grimbeek hoër op teen die berg vlug, skuins van sy agtervolgers af. Maar daar is ’n breë strook, kaal en boomloos, waar hy sekerlik raakgeskiet sal word.

    Van opgewondenheid spring sy regop en onwillekeurig gryp sy haar geweer langs haar op.

    Skiet terug, jou esel, skiet terug! roep sy uit. Maar daar is geen hoop dat Johan haar sal hoor nie. Sy besef nou ook meteens dat hy natuurlik geen wapen het nie.

    Sy sien hoe hy ’n diep sloot bereik wat reguit teen die helling afloop. Hy spring in die sloot in en toe gewaar die meisie dat daar ’n blitsvinnige plan in sy kop gekom het. Hy hardloop nie hoër op met die sloot nie maar pyl so vinnig as wat hy kan, gebukkend, af na die waterval se kant. Die sloot loop in die kloof uit net aan die anderkant van daardie boom waaronder die vier manne gesit het.

    Grimbeek se plan is natuurlik om by die perde uit te kom.

    Die meisie hou haar asem in uit vrees dat die ander dalk die vlugteling se plan sal agterkom. En dit duur ook nie lank nie of hulle kom dit wei agter.

    Die groot kêrel het tot by die sloot gekom en ’n end op die wal langs na boontoe gehardloop. Nou kom hy agter dat Johan nie op nie haar af met die sloot is en bulderend skreeu hy aan een van die manne om na ondertoe te hardloop en Johan voor te keer.

    Johan is nou weer in ’n ruigbegroeide gebied en toe hy hoor dat hulle sy plan agtergekom het, spring hy vinnig uit die sloot uit en baan so vinnig en geruisloos moontlik vir hom ’n pad tussen die bome en struikgewasse deur.

    Die meisie gewaar hom weer toe hy vlak by die hoë wal waar hy die manne afgeluister het, oor ’n oop kol hardloop. Sy sien van onder af een van die ander manne aangehardloop kom, reguit na hom toe.

    Pasop! Pasop, skreeu sy onwillekeurig. Sy is op die punt om haar geweer na haar skouer te bring en hand by te sit en die vreemdeling te help, maar sy skrik toe sy besef dat sy net ’n paar patrone in die magasyn het en dit nie durf vermors nie want haar eie lewe kan nog hier in gevaar kom.

    Sy sien hoe die vlugtende skielik agter ’n moepelbos plat val. En toe die kêrel van onder af, onbewus van sy aanwesigheid, vlak onder hom verbysnel, duik hy soos blits op hom af, gryp sy vuurwapen vas. Hy du die man terug en toe slaan hy hom ’n voorhamerhou op die kinnebak wat hom treë ver oor die grond laat rol.

    Bravo! skreeu die donkerharige meisie verlig uit. Maar haar blydskap is kort van duur. Sy sien hoe die vreemdeling met die rewolwer probeer skiet, maar blykbaar is daar geen patrone meer in nie, want vinnig smyt hy dit van hom af weg, en toe, sonder meer, spring hy van die hoë wal af na die gelykte onder, vlak bokant die waterval. Hy nael sowat hy kan na die perde toe, maar twee van die oorblywende drie manne is reeds daar. Hulle storm nou reguit op die vreemdeling af, waarskynlik omdat hulle rewolwers ook reeds leeg geskiet is en omdat hulle besef dat die vreemdeling geen vuurwapen het nie.

    Die meisie gryp weer na haar geweer, maar nou besef sy dat dit te laat is. As sy na die mense daar onder skiet, kan sy dalk juis net die man wat sy wil beskerm, raakskiet. Sy kan nie meer stilstaan van opgewondenheid nie. Sy voel lus om haar perd te vat en af te lei tot waar sy kan ry en die vreemdeling te gaan help. Maar sy aarsel weer, en asof gehipnotiseer slaan sy die geveg daar onder met haar verkyker gade. Johan Grimbeek se regtervuis het die eerste teenstander voor die bors getref en die hou slinger die kêrel van hom af weg. Die man kom egter dadelik weer op die been. En die ander twee is ook nou by en pak Johan gelyktydig beet.

    Hy slaan weer een van hulle plat, maar die ander een gryp hom aan die bene en trek hom teen die grond neer. Toe kom die een wat hy eerste neergevel het, nader. Soos ’n besetene storm hy op Grimbeek af.

    Vinnig rol Johan om en met al sy mag skop hy. Hy tref die kêrel in die maag en slinger hom treë ver weg. Die man se kop stamp hard teen ’n rots en toe bly hy lê.

    Maar die kêrel van daar bo af, wat netnou half katswink was, het nou ook bygekom, en al-vegtende druk hulle Johan al hoe nader na die rand van die afgrond. As hy na vorentoe skop of slaan, pak een hom van agter beet en trek hom op die grond neer.

    Een maal het Johan probeer verduidelik dat hy niks met hulle te doen het nie, dat hulle hom onnodig aanval, maar die groot kêrel het woedend en rooi in die gesig geskreeu.

    Hy lieg! Moenie na hom luister nie Hy moet vrek. Die donkerharige meisie sien dat Johan andermaal daarin slaag om een van sy teenstanders ’n verskriklike vuishou toe te dien. Die man steier van hom af weg asof hy ’n muilskop weg het, stort vooroor op sy gesig en bly lê. Maar die volgende oomblik ontvang Johan ’n geweldige slag agter die kop. Dit kom van ’n groot ronde klip wat die rooigesig-man van agter af met al sy krag na hom geslinger het. Johan sien sterre voor sy oë en ’n oomblik is hy so duiselig dat hy soos ’n blinde om hom rondtas.

    Van hierdie geleentheid maak die rooigesig-kêrel gebruik. Hy storm vorentoe en duik Johan se bene onder hom uit. Johan val met ’n hik neer. Venynige houe reën nou op sy gesig en liggaam neer.

    Slegs twee van die vier manne is nog op die been. Maar in sy gestoei met die twee manne het Johan nou al halfpad oor die afgrond geskuif. Hy spartel teen ’n skerp skuinste wat reguit na die afgrond lei. Sy kop voel nog duiselig, maar met eens besef hy dat hy oor die afgrond sal tuimel as hy nie aan iets vashou nie.

    Hy gryp aan ’n uitstaande rots eenkant en probeer met al sy mag sy liggaam eenkant toe wegswaai na ’n plek waar hy weer vastrapplek kan kry. Maar toe storm die twee manne al

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1