Weg!

BOEKE EN MUSIEK

Vendetta

Deur Tony Park, MacmillanR350 in boekwinkels

Die Australiese skrywer Tony Park het oor die jare heen ’n wenresep bedink vir sy spanningsverhale wat in Afrika afspeel: ’n Span goed ontwikkelde karakters, kennis van wildmisdaad, en aksiebelaaide intriges wat vinnig ontknoop.

In Vendetta val die kollig weer op kapt. Sannie van Rensburg van die Valke. Sy het onlangs na die Suidkus van KwaZulu-Natal getrek en ná ’n skietgeveg by ’n winkelsentrum kruis haar pad met ’n karwag genaamd Adam Kruger – maar hy is glad nie wie hy voorgee nie. Saam pak hulle ’n reis aan na ’n luukse lodge in die Kalahari-woestyn, waar die safarigids Mia Greenaway (ook een van Park se gereelde karakters) werk. Gou word die twee vroue betrek by ’n vete tussen Kruger en vriende uit sy weermagdae – hulle het as valskermsoldate in Angola diens gedoen tydens die Grensoorlog en een van hulle sendings het verkeerd geloop...

Park se verhale sluit dikwels kinkels oor omgewingsake in, en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg9 min read
Die Wildekus Se Wildste
Die Wildekus se naam vertel jou alles wat jy moet weet: Dis afgeleë, onderontwikkel en deurspek met egte wilde plekke. En Pondoland, tussen die Mthatha- en Mtamvunarivier waar die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal bladskud, is nog die heel “wildste” deel. Hi
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid

Related