Huisgenoot

‘HELP! HELP!’ – EN TOE IS SY STIL

DIT is al laatmiddag toe die groepie gereedmaak om met binnebande op die bruin water van die Oranjerivier te baljaar. Dit sal mos vet pret wees om so op dié snikhete Noord-Kaapse dag af te koel, en die groepie van sewe gesels vrolik.

Voor hulle stu die magtige Oranje teen sy walle.

Die rivier is vol ná die onlangse reën, en die inwoners van die dorpie Orania, wat sy naam van dié waters kry, ken die kronkels van die malende stroom waar hulle gereeld kom uitspan.

In die groepie is die 19-jarige Klarissa Joubert, ’n mooi blondine van vele talente.

Die slimkop is ’n tweedejaarstudent in sielkunde aan die Universiteit van Noordwes, maar dit is nog universiteitsvakansie en sy span steeds op die dorp uit, waar haar ouers woon.

Pa Johan (54), ’n voormalige beesboer van Ermelo, en ma Leoni (52), ’n voormalige speurtakbevelvoerder van die dorp, het hulle net sewe maande tevore op dié omstrede dorp met sy sowat 1 700 slegs wit inwoners kom vestig. Leonie het ’n bakkery begin; Johan hou skape aan.

Klarissa is topfiks en sou sommer twee keer per dag gaan draf of gim. Sy het vroeër oudergewoonte eers gaan oefen voor

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Beer Adriaanse
Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Toe ek tweedejaar en 20 was. Ek het ’n afro gehad, was sorgeloos en die wêreld was eenvoudig. Waaroor is jy spyt? Oor die kere in my lewe waar ek nie myself was nie of oneerlik met myself was. Hoe sal die me
Huisgenoot2 min read
Majozi
As tjokker in Durban het musiek ’n groot impak op sy lewe gehad. “My ouers was lief daarvoor om na klassieke en gospelmusiek te luister. Ek was self ook mal oor kinderrympies,” sê Majozi (36), bekend vir sy treffers “Fire”, “Darling” en “Mi Amor” saa
Huisgenoot1 min read
Foto Van Die Week
HIERDIE WEEK IN DIE GESKIEDENIS ■

Related