Trevor Wigley skakel sy ou Toyota-bakkie se engin af en klim uit langs ’n tweespoorpad naby die Qolora-gehuggie in die Wildekus. Doer onder in die vallei suip ’n paar beeste in die Gxara-rivier. ’n Sog en vier varkies hardloop teen ’n heuwel af nadat die spulletjie uit iemand se tuin verwilder is.
“ ’n Mens kan nie dink dat een van die Xhosa-nasie se donkerste tye hier afgespeel het nie,” vertel Trevor terwyl hy ’n papier uithaal met ’n foto van ’n jong Xhosa-vrou.
“Dis Nongqawuse, en dié vallei is na haar genoem. Sy