Weg!

[CLARENS] Waar die berge stories vertel

“Dit voel asof ’n mens deur Skotland reis,” is hoe my broer die Clarensomgewing beskryf. Voordat jy dink hy is die liriese digtersoort, moet jy self die R712 kom ry wat eers deur die Golden Gate-Hoogland- nasionale park kronkel voordat dit 38 km later by Clarens uitkom. Waar anders loop ’n streekspad deur ’n park? Waar die Drakensberg groot en goud bo jou glinster, en ’n rooijakkals of kleingrysmuishond oor die teer skiet na skuiling in die grasvlaktes...

Wanneer jy Clarens uit die noorde van Bethlehem af nader, daal die R712 deur die Naauwpoortnek tot aan die voet van die Rooiberg. Die pienk kranse gee die dorp ’n stywe druk. En ten suide troon die pers kurwes van die Malutiberg duskant Lesotho se grens hoog die lug in.

Juistement dat die dorpie genoem is na ’n ander plek waarrondom bergpieke troon. Oudpres. Paul Kruger het in 1904 sy laaste maande in ballingskap op die dorpie Clarens in Switserland deurgebring. Die Suid-Afrikaanse nedersetting is in 1912 tot

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg5 min read
Só Vis ’n mens
Wat doen julle wanneer julle nie skryf nie? Henk: Ek is al vir meer as 20 jaar ’n stapen fietstoergids en bevoorreg genoeg om toere na vele verre plekke te lei – deur Afrika, Europa, die Amerikas en die Middeen Verre-Ooste. Ek stap al van kindsbeen a
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke

Related