Landbouweekblad

Die Kalahari se wonderwerk

’n Rivier is ’n lewende ding. Dit loop, dit vloei, dit kabbel, dit kronkel oor die aarde. As ’n rivier verswak, gaan staan hy. Hy wag. Hy spaar sy kragte. Tot daar weer nuwe water in hom borrel. Daarsonder gaan dit dood. Dan bly sit daar net ’n droë letsel in die grond.

Die Kurumanrivier lyk meestal só. ’n Stowwerige kalksleepsel tussen Kuruman en Askham. Dit is nie maklik om ’n rivier in die diep-Kalahari te wees nie. Party mense sê in 1974 het dié rivier sommer vir hom diknek gehou en tot by Noenieput geloop. Noenieput is blouvêr, sal die boere hier vir jou beduie. Ander vertel dat die water in 1976 en 1988 ook goed afgekom het. Maar dit was die laaste. En almal het begin wonder of die Kuruman sy lewens opgebruik het.

NIE ’N POER-POER-RIVIER

“Baie mense het geglo hy sal nie weer loop nie,” vertel mnr. Jan Theart op die plaas Witputs, noordwes van Hotazel. Hy onthou 1974 goed.

“Ons kon vir meer as ’n week nie skool toe gaan nie. ’n Hele klompie plaashuise het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Troef Die Koue Met ’n Pot Kerrie
Dié vullende kasserol is heerlik en smulsag. ■ 1,4 kg beesskenkelskywe■ Sout en varsgemaalde swartpeper■ 5 ml geroosterde kerriepoeier■ 1 knoffelbol, gehalveer■ 2 uie, in wiggies gesny Marinade ■ 250 ml sterk, koue rooibostee■ 60 ml worcestersous■ 1
Landbouweekblad3 min read
‘Jy Moet Iemand In Die Oë Kyk’
Vrystaat Landbou het in 1904 ontstaan en julle het die 120-jarige bestaan in Maart 2024 gevier. Watter ooreenkomste sien jy tussen die kwessies wat boere 120 jaar gelede moes trotseer en vandag? Elke tydperk het verskillende probleme gehad. Die boere
Landbouweekblad9 min read
Die Laaste Rit
Omstreeks 07:00 op Maandag 19 Februarie vanjaar klim die Zimbabwiese aktivis Ben Freeth vir die laaste keer op sy sterk Namibiese plaasperd Johnny. Voor hy sy voet in die stiebeuel sit, mompel hy sag: “Oukei, Johnny, oukei . . .” Die twee het ’n lang

Related