Landbouweekblad

Die Kalahari se fonteinwater

Tussen Askham en Noenieput is daar groot opgewondenheid oor water. Hier, diep in die Kalahari, het boere ’n daaglikse stryd om hul mense en diere genoeg water te gee.

Hulle is meestal afhanklik van boorgate met brakwater.

Baie boorgate het egter opgedroog weens die droogte en nou moet water aangery word. Ook na die gemeenskap van Noenieput, doer teen die lang, reguit grens met Namibië.

“Ek het gehoor die regering het ’n paar miljoen rand gegee sodat nog gate rondom die dorpie geboor kan word. Toe dink ek, nee wag, voor daai geld gemors word op droë en brak gate, kom ons maak ’n beter plan,” vertel mnr. Japie Engelbrecht, ’n boer naby Noenieput.

“Die munisipaliteit, boere en die Kalahari-Oos-watergebruikersvereniging het byeengekom en saam kon ons toe die geld en toerusting bymekaar maak sodat die Kalahari-Oos-pypleiding van Askham na Noenieput uitgebrei word.

“Dit gaan vir opkomende en kommersiële boere en die gemeenskap van Noenieput permanent vars water gee.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad6 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com In die vorige bedeling kon Eskom met ervare bestuur met gemak elke dag 40 000 MW krag opwek en lewer. Intussen het Suid-Afrika se ekonomie gegroei en het die land se bevolking in 30 jaar meer as verd
Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe
Landbouweekblad3 min read
Wetsontwerp Oor Klimaat Amper Op Wetboek
DIE wetsontwerp sal binnekort wet word wanneer pres. Cyril Ramaphosa dit onderteken. “Klimaatsverandering is hier om te bly en ons het betreklik min tyd om daarop te reageer. Die wetsontwerp bemagtig ons om op die gepaste skaal en teen die regte spoe

Related