DIE MENSE EN DIERE VAN DIE TAKARANI Rykdom is nie ’n huis nie
Om die pad na mnre. Arno Bekeer en Dean Cloete toe te verduidelik, is nie ’n maklike storie nie. Eers moet jy noordwes mik van Pofadder af. Grondpadlangs na waar die winter-son lêplek soek. Verby die kokerbome en dadelpalms van Klein-Pella. Dan, lank, deur wye, stil vlaktes waar ’n krom witgaatboompie die enigste lewe is wat so hoog soos ’n mens staan.
’n Klompie druppels reën het duwweltjies en die fynste grassies in die rooi kaaltes laat opkom, maar verder lyk die aarde hierlangs doodgebrand. Twee dowwe spore dwaal weg van die grondpad en verdwyn tussen grysblou berge in. Jy moet daardie spore volg, tot jy begin wonder waar jy is.
Dit is woes en leeg in hierdie deel van Suid-Afrika. Dit laat jou wonder of dit Boesmanland, Namakwaland of Niemandsland is.
Nes jy dink geen mens was al hier nie, sal jy Bekeer en Cloete agter ’n trop skape en bokke sien loop. Hulle is veewagters vir opkomende boere van Steinkopf en bly hier
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days