Sangiro, wat hasie beteken, is die skuilnaam van die Afrikaanse skrywer A.A. Pienaar. Andries Albertus Pienaar is op 23 Augustus 1894 op Broederstroom naby Pretoria gebore. Sy ouer...view moreSangiro, wat hasie beteken, is die skuilnaam van die Afrikaanse skrywer A.A. Pienaar. Andries Albertus Pienaar is op 23 Augustus 1894 op Broederstroom naby Pretoria gebore. Sy ouers trek later na Tanzanië (destyds Tanganijka), maar hy keer in 1913 terug na Suid-Afrika om sy studie te voltooi - eers aan die Volkskool op Heidelberg, Transvaal (waar hy ook ’n onderwyser was) en later aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy word veral bekend vir Uit oerwoud en vlakte en Simba. In 1927 wen hy die Hertzogprys vir sy boek Diamantkoors en Twee fortuinsoekers. ’n Tweede Hertzogprys word in 1945 aan hom toegeken vir sy oeuvre. In die dertigerjare werk hy as regisseur aan verskeie rolprente. Hy was ook in ’n stadium ’n wildbewaarder in Suidwes-Afrika. Pienaar is op 30 April 1979 op sy plaas naby Bloemhof oorlede.view less