Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Uit oerwoud en vlakte
Uit oerwoud en vlakte
Uit oerwoud en vlakte
Ebook275 pages3 hours

Uit oerwoud en vlakte

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Uit oerwoud en vlakte is die bundel waarmee Sangiro in 1921 debuteer, wat daarna in Frans en Engels vertaal word en waarvan jare lank meer eksemplare as van enige ander Afrikaanse boek - met uitsondering van die Bybelvertaling - verkoop is. In al drie stukke slaag Sangiro daarin om die dier-mens-wêreld deur 'n fyn balans tussen die dierlike en menslike eienskappe van die oerwoudbewoners te handhaaf en hulle met liefde waar te neem en te teken.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 17, 2016
ISBN9780624078043
Uit oerwoud en vlakte
Author

Sangiro

Sangiro, wat hasie beteken, is die skuilnaam van die Afrikaanse skrywer A.A. Pienaar. Andries Albertus Pienaar is op 23 Augustus 1894 op Broederstroom naby Pretoria gebore. Sy ouers trek later na Tanzanië (destyds Tanganijka), maar hy keer in 1913 terug na Suid-Afrika om sy studie te voltooi - eers aan die Volkskool op Heidelberg, Transvaal (waar hy ook ’n onderwyser was) en later aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy word veral bekend vir Uit oerwoud en vlakte en Simba. In 1927 wen hy die Hertzogprys vir sy boek Diamantkoors en Twee fortuinsoekers. ’n Tweede Hertzogprys word in 1945 aan hom toegeken vir sy oeuvre. In die dertigerjare werk hy as regisseur aan verskeie rolprente. Hy was ook in ’n stadium ’n wildbewaarder in Suidwes-Afrika. Pienaar is op 30 April 1979 op sy plaas naby Bloemhof oorlede.

Related to Uit oerwoud en vlakte

Related ebooks

Related articles

Reviews for Uit oerwoud en vlakte

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Uit oerwoud en vlakte - Sangiro

    SANGIRO

    UIT OERWOUD EN VLAKTE

    Sketse uit die dierewêreld van Oos-Afrika

    Tafelberg

    Voorwoord

    In die volgende dieresketse speel die verbeelding geen rol nie. Die skrywer het getrag om die lewe en gewoontes van wilde diere, soos hy dié in vele jare leer ken het, eenvoudig weer te gee. Ook onder die wilde diere bestaan daar ’n soort van geesteslewe, wat die opmerksame waarnemer telkens weer met verwondering vervul; vir hom word dit naderhand moontlik om die diere se gewaarwordinge uit hulle uiterlike beweginge te verstaan.

    In die skets Renosterlewe, waar die verhaal oor ’n langer tydperk en ’n afwisselende toneel loop, het die skrywer verskillende gevalle tot een verhaal saamgevat; dog tot in die kleinste besonderhede berus dit op natuurware waarneminge en persoonlike ondervindinge.

    In Die lotgevalle van ’n leeufamilie is die gebeurtenisse, met uitsondering van gedeeltes van die laaste hoofstuk, nagenoeg letterlik opgeskryf soos hulle plaasgevind het.

    Die omgewings waarin die diere hulle beweeg, is in alle opsigte na die werklikheid geteken.

    DIE SKRYWER

    Die lotgevalle van ’n leeufamilie

    Hoofstuk 1

    Wyd en stil lê die wildernis onder die betowerende kleuregloed van ’n tropiese sonsondergang. ’n Sagte purperrooi, wat allengs verdiep tot ’n donker ametis, kleur die bosryke kruine van die Koueberge en oorvloei die wye vlaktes wat rondom lê. Ligte miswolkies, wat telkens van onder af teen die berg opkruip, vang die aandskyn op en verander vir ’n oomblik in fyn, deursigtige gordyne, waaragter die berg donker gloei, om dan weer oopgeskeur en meegesleep te word deur die koue wind wat elke nag hierdie eensame toppe oorswewe.

    Ver benede aan die noordekant, tussen hoë blou berge, wat donker en geheimsinnig in die dynsige atmosfeer deurskemer, lê die Natronmeer, oorvloei deur die volle glorie van die skeidende son, wat reg agter hom in die berge wegsink. Die waterplasse in die uitgestrekte salpetermeer, eers nouliks sigbaar, verander nou in lewende massas van silwer en goud, wat treffend afsteek by die donker omgewing. Die swart kolle bosse en hoë papirus – lieflingskuilplek van soveel wilde diere – laat hulle van hier slegs in floue omtrekke herken.

    Die sterwende sonskyn sprei ’n vlugtige rooi oor die vlakte hier aan die voet van die berg. Verder af, in die doringlaagtes wat die lang uitgestrektheid na die meer hier en daar deurkruis, trek donker skaduwees reeds vinnig op.

    In lang rye kom sebras en hartbeeste na die drinkplek aangestap om hul dors te les eer hulle die oop veld opsoek vir die nag. Die water in hierdie geval is ’n fonteintjie wat uit ’n kloof van die berg kom en ná ’n kortstondige loopbaan van ongeveer honderd tree weer in die grond verdwyn; ’n streep groen gras, af in die vlakte, verraai sy verdere onderaardse gang.

    Sorgeloos en met knikkende hoofde stap die sebras aan; want van mense het hulle vir lange jare hier niks gewaar nie, en dis nog lig genoeg om die gevaar van leeus gering te maak. Hulle stap nietemin teen die aandwind aan, om nie verras te word nie. Dat die leeu hom selde by die water versteek, weet hulle goed; daarvoor is hy ’n te goeie jagter. Hy weet dat die wild altyd teen die wind op kom na die water en gemaklik sy reuk kry, waarna hulle dan eenvoudig omdraai en op ’n ander plek gaan drink. Dog by die terugtog moet dan gewaak word, en dis beter om maar betyds seker te maak dat die omgewing veilig is.

    Nie te ver van die water nie kom ’n breë sandsloot uit die berg en deurkruis al kronkelend die vlakte. Die trotse bome, met swaar ronde krone, wat hulle daaruit ophef en skerp afsteek teen die kaal grasvlakte, sou ’n vreemdeling laat vermoed het dat daar ’n sterk rivier moet loop. En as hy nader gekom en die wal afgegaan het, sou hy op sommige plekke maklik in die waan kon geraak het dat hy in ’n oerwoud is. Bo in die hoek tussen twee berge, waar die sloot sy oorsprong het, kom talryke klein reënslootjies van die berghange weerskante af na die sandsloot; in die reëntyd vorm hul bydrae ook inderdaad soms vir ’n paar uur ’n sterk rivier.

    In een van hierdie slootjies, ruig toegewas met struike en ranke wat van wal tot wal strek en ’n aangename koelte vorm, lê ons leeufamilie, wie se lotgevalle ons in die volgende bladsye wens te vertel.

    En waarom hier hoog teen die berg en nie daar onder in die skaduryke sandsloot, dig by die wild en water nie? – wyl die leeu hom hier veiliger gevoel; wyl hy ’n groot deel van die vlakte van hier kan oorsien en dus betyds naderende gevaar kan gewaarword; wyl die renosters wat op en af in die sandsloot wei, hom hier nie kan hinder nie; en wyl hy weet dat mense, ingeval hulle kom, altyd naby die water kamp. Hoewel hy gedurende die nag so ’n verbasende lewenslus openbaar, haat die leeu niks meer as in sy dagslaap gesteur te word nie.

    Daar lê hulle toe – op ’n rif onder ’n oorhangende wal, waar ’n gordyn van klimopranke oor val, met vensters hier en daar wat ’n blik gee op ’n gedeelte van die vlakte en die verre horison. Twee forse mannetjies, reeds oor die beste jare van hul leeftyd, twee wyfies wat nog in hul fleur is, en drie kleintjies, ongeveer ses weke oud. Die grootste, ’n geweldige maanhaarleeu, van wie die ruie hare wat langs hals en voor bene tot byna op die grond neerhang, reeds grysswart is, en wat een van sy groot slagtande mis, lê effe opsy en aanskou met enige belangstelling die stoeiery van twee van die kleintjies, wat hulle volgens die aard van klein katjies vermaak. Die derde kleintjie kyk ook toe, nog slaperig maar tog geïnteresseerd. Die ander mannetjie, aan wie twee slagtande ontbreek, lyk ’n weinig minder indrukwekkend, daar hy in stede van die woeste maanhare van sy maat slegs ’n swart kraag om die hals dra. Hy skyn nog vas aan die slaap te wees – so ook die twee wyfies, wat agter teen die wal lê.

    Ver benede tussen die donker berge skiet die son ’n laaste flikkerstraal oor die meer, toe verbleek die glans, en nou rys die bergmassas swart teen die rooi gloed daaragter op. Die maanhaar laat sy blikke oor die vlakte gaan; hy sien die awendskyn bo hom in die takkies speel en dink ná of hy nie sy gevolg sal wek en die jag begin nie. Verlede nag het hulle geen geluk gehad nie, hy voel hom deur ’n lewendige eetlus aangespoor.

    Opeens spits hy die ore. Wat was dit? – ’n dowwe knal ver onder in die vlakte! Sy oë neem opeens ’n ander uitdrukking aan; die onverskillige, half slaperige houding verdwyn. Nog ’n skoot! Dié keer het hy hom nie vergis nie. Hy rig hom half op in ’n sittende houding, en ’n onwillekeurige knor laat nou ook die ander leeus ontwaak. Die kraagmannetjie strek sy kragtige voorpote uit in die sand en gaap; die wyfie aan wie die kleintjies behoort, kyk onrustig na haar gesin en trek die ore plat toe sy die houding van die maanhaar sien; dit spel duidelik: gevaar! Want net so gemaklik as ons mekaar verstaan deur ons gedagtes in woorde mee te deel, begryp die diere mekaar deur die uitdrukking van gesig en deur die uiterlike houding.

    Daar val ’n derde skoot, en die eggo’s trek langs die berge weg soos ’n dreigende waarskuwing. Al die leeus sit nou regop en kyk mekaar afwisselend vraend aan of sien skerp uit na die kant van die vlakte; die kleintjies sit met onnosel gesiggies na die toedrag van sake en kyk. Maar alte goed onthou die ervare ou leeus die eienaardige skerp knal; dat dit in noue verbinding staan met die geheimsinnige mens, het hulle ook ondervind. Telkens as hulle die gehate rusverstoorders in gesig gekry het, dan het daar een of meer van die snerpende skote geval, en dan spat gewoonlik die sand om hulle op, of iets sny skreeuend langs hul ore verby. Toe eindelik een van die knalle ’n stekende pyn in die ou leier se nek veroorsaak het en daar bloed uit ’n wond vloei, het sy verwondering en eerbied oorgegaan in haat en vrees. Hier was eindelik ’n vyand met wie hy nie kon klaarkom nie. ’n Gevoel van haat en woede het hom by dié geleentheid oorweldig; maar hoe om ’n vyand aan te pak wat honderde treë ver staan en nie ophou met die koeëls om jou te laat fluit nie? Met smart en skaamte moes hy die wyk neem, ’n skuiling opsoek en daar sy pynlike wond lek. Toe een van sy twee wyfies nog die volgende môre by die terugkeer uit die vlakte dodelik getref word, het hulle die streek verlaat en hierheen gekom; en nou . . .!

    Die ou leier rys op, laat sak sy ruie kop tot by die grond, en stort sy langverkropte haat uit in diepdeurdringende, aanhoudende gebrul, wat tussen die berge afrol en ver oor die wilde vlaktes van Oos-Afrika wegsterwe. Sodra hy eindig, val die kraagmannetjie in, en dan volg ook die twee wyfies. Die berge en kranse gee antwoord. Wel mag die jagter ’n trilling van aandoening voel waar hy luister na die indrukwekkende konsert.

    Ná hulle aldus aan hul gemoed lug gegee het, neem die ou maanhaar die leiding op hom, spring die wal af, en stap in die slootjie langs af na die sandsloot. Agter hom volg die twee wyfies, dan die kleintjies, terwyl die kraagmannetjie die agterhoede vorm. In ’n oop kol tussen die bome hier onder strek die leeus hulle een ná die ander in die koel dryfsand uit. Onderwyl die oues in die sand omrol, speel die kleintjies vergenoeg opsy. Dan gaan dit verder, geruisloos oor die droë bedding, wat al breër en vlakker word namate dit die vlakte nader.

    ’n Weinig laer af, waar net so ’n ruie reënslootjie in die sandsloot afloop, en waar so-ewe ’n diepe gekreun soos ’n dowwe weerklank op die gebrul van die vier leeus hier bokant gevolg het, ontmoet hulle ’n jong paar wat ook enige dae gelede hul intrek hier geneem het. Van dié feit is ons klompie leeus hulle bewus, hoewel hulle die nuwelinge voor vanaand nog nie te sien gekry het nie. Want gistermôre toe hulle van die vlakte af terugkeer, het hulle eers die vreemde spore hier ontdek, en vanmôre nog het hulle die twee leeus gehoor brul. Die ontdekking het in die ou maanhaar se kop ’n gedagte gebring wat hom nou by die onverwagte ontmoeting terstond weer te binne kom: so ’n jong paar is juis net wat hy nodig het! Maar alte dikwels het hy in die laaste tyd ondervind dat sy tande sleg word; en met sy ou maat was dit nie beter gesteld nie. Daarby het nog gekom dat sy wyfie in die laaste tyd vir die drie kleintjies moes sorg en hy haar hulp grotendeels moes ontbeer. Dit sou dus ’n groot aanwins wees om twee sulke rekrute in die geselskap op te neem.

    Die jong paar het net op die punt gestaan om in die sandsloot af te draai toe die klompie leeus om die draai skielik op hulle afkom. Die wyfie gaan sit, en die mannetjie, ’n prag-eksemplaar met silwergrou maanhare, staan reg voor haar in ’n versteurde houding; die ore half platgetrek en die stertkwas wat saggies heen en weer beweeg, verraai sy ontevredenheid. En daarvoor het hy inderdaad goeie rede: die gebrul van die ander leeus het daar juis net ’n pragtige elandkoei verjaag, wat oorkant teen die berghang met haar kalfie geloop het. En die kans vir bekruip was so mooi! Nou sal dit hom miskien ’n hele nag kos om op die oop vlakte iets in die hande te kry.

    Hier kom die ou maanhaar, swart en geweldig in die half-skemer, stadig oor die oop sand na die jong mannetjie toe. Hy is merkbaar swaarder gebou, en die ruie maanhare om die voorlyf maak ’n indruk wat sy uitwerking op die jong mannetjie nie mis nie; daarby spreek uit sy trotse houding soveel selfbewuste krag dat die jongere leeu onwillekeurig afkoel. Lank gewoond aan onbeperkte mag in sy wildgebied en aan die onderdanigheid van ander leeus wat van tyd tot tyd onder sy leiding gejag het, laat die onvriendelike houding van die jong mannetjie die ou maanhaar eers vreemd opkyk; dog hy soek toenadering, en alleen die effens gekromde rug en stert toon aan dat ’n uitbarsting enige oomblik moontlik is.

    Die wyfies het intussen gaan sit om te sien hoe die ontmoeting afloop, en die kraagmannetjie, gewoond om in alles by sy ou maat te wees, kom ook stadig nader. Die drie kleintjies sit in die rondte en kyk met verbasing van die een na die ander, verwonderd oor al die ernstige seremonies. Dit is hul eerste verskyning in vreemde geselskap.

    Sonder om mekaar reg in die oë te sien, het die twee mannetjies teen mekaar verbygeskuur, waarby die een die ander wantrouig besnuffel; en toe die maanhaar agter omstap, weer teen hom skuur, en ’n vriendelike uuuummpf laat hoor, was die jong mannetjie gewonne. Die kraagmannetjie gaan deur dieselfde beweginge, net ’n bietjie haastiger, want die maanhaar stap al verder; en nadat die twee wyfies ook die nuweling besnuffel het, is die kennismaking kompleet. Nee, nog nie heeltemal nie: die drie kleintjies is nie van plan om hul deel te mis nie! Die ondersoek is heelwat grondiger en meer sistematies in hul geval; en as die jong paar nie ongeduldig geword en die ander leeus agternagedraf het nie, dan sou die besnuffeling nog die hele aand kon aangehou het. Hul hele houding, onderwyl hulle nou so skeef-skeef wegdraf om die groot leeus in te haal, toon aan dat die kleintjies met hulself nog veel meer tevrede is as met die twee nuwelinge, en dat hulle ’n besef begin kry van wat dit beteken om onder so ’n groep te tel. Nege leeus! Inderdaad nie ’n mag om lig mee te reken nie.

    Onder ’n groot kameeldoringboom maak die ou leier halt. Hier lê die verstrooide bene van ’n giraf wat hulle verlede week gevang het. Die ongelukkige het hom te ver in die ruigte gewaag en is by klaarligte dag deur die vier leeus neergetrek. Die gras rondom is platgetrap. Wat ’n fees was dit hier! – so dink ons leeus, onderwyl hulle nog ’n oomblik tussen die bene rondsnuffel.

    Nog ’n ent gaan dit in die sand van die sloot langs, nou onder die skemerdonker van groter bome en bosse, wat die ylstaande bome en lae struikgewas van die skraler berggrond vervang. Daar kraak iets; en toe die maanhaar om ’n buiging kom, staan twee renosters reg voor hom in die hoë buffelgras. Die onplesierige humeur van hierdie bosreuse ken ons leier goed: daarom draai hy liewer uit en bestyg die wal.

    Voor hulle lê die oop veld, die breë vallei wat tussen lae bergrande uitstrek tot aan die meer, waar alles nou in donker skaduwees gehul is. Die skemering gaan oor in nag; die maan is reeds op, dog hou hom nog skuil agter ’n bank wolke aan die horison. ’n Honderd tree op die wal langs; toe kom die leeus by die gewone uitdraaipaadjie; en nou swenk die maanhaar links na die oop vlakte. Met gespanne aandag volg die ander leeus; die jag begin in erns nou.

    Op ’n klein kaal bultjie, nie ver van die sloot nie, staan ’n eensame ou hartbeesbul. Hy het reeds opgehou met wei en staar ons klompie leeus aan met ’n onverskilligheid wat bewys dat hy hulle verwag het. Dit is ook nie die eerste aand dat hy die spookagtige gedaantes soos skaduwees hier sien verbygly na die vlakte nie. Dit het by hom reël geword om ná sononder na hul koms uit te kyk. Van hul kant neem die leeus ook nie veel notisie van hom nie. Hulle het dan ook die onmoontlikheid van hom te verras, lankal ingesien, daar hy elke aand presies dieselfde posisie inneem – want so ’n ou bul, van watter diersoort hy ook mag wees, is geheg aan een plekkie.

    In die rigting van die fonteintjie klink die gerunnik van sebras, en heel natuurlik wend die ou voorloper hom daarheen; maar hy loop eers regs en maak toe ’n groot draai om onder die wind te kom. Dit volg vanself by leeus.

    Opeens kom die maan te voorskyn, en soos ’n golf van towerlig oorvloei sy glans die vlakte. Swart stamme van verspreide doringbome tree skerper te voorskyn, en oral word vorme sigbaar, wat miskien miershope of klein bossies kan wees, maar moontlik ook wild; en daarom verdien hulle ál die aandag wat die leeus op hulle vestig. ’n Verskrikte bok sou in sy vlug die ander wild ook waarsku, en dit sou hul kans op sukses baie geringer maak. Op hierdie oop terrein, inderdaad, sou die ou maanhaar liewers gesien het dat die maan vanaand ’n bietjie later opgekom het.

    Nog eer hulle so ver is dat hulle die wind kry, gewaar die leeus ’n talryke trop sebras op die streep groen gras reg onderkant die water. In gebukte houding, soveel as moontlik in die skaduwee van die enkele doringbome langs, sluip die leeus nader, tot op ongeveer honderd tree van die wild af. Wonderlik genoeg het hulle sover geen ander diere verjaag nie; en so wei die sebras, geheel verlief op die malse groen spruitjies en verder gerusgestel deur die vriendelike maanlig, met minder sorg en oplettendheid as gewoonlik.

    Hier, in die donker skaduwee van ’n groot doringboom, maak die ou maanhaar halt en kyk onbeslis rond. Die posisie is moeilik: geen skuiling bied kans vir bekruip nie; die gras is kort; en die maan skyn helder uit ’n nou onbewolkte lug

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1