Weg!

WAAR TYD STADIG LOOP

My rugsak plof op die grond neer. Ná 6km se tawwe opdraande stap, staan ek uiteindelik bo-op Komsberg en kyk uit oor die Moordenaarskaroo… Al die pad tot by Laingsburg waar ons ses dae gelede begin het. Ek is nie seker wie die sogenaamde moordenaar is na wie dié stuk aarde vernoem is nie, maar ek het ’n sterk vermoede dit was dalk die bult wat ons pas uitgeklim het…

Doer onder strek die Buffelsrivier en haar sytakke – droë kerwe in die landskap. Wanneer dit die slag hier reën, loop haar waters gedurende Oktober en November. Dis nou middel September en die loop lê kaal, afwagtend – net soos byna 40 jaar gelede op die dag van die Laingsburgvloed. My begrip van tyd voel verdraai. Die Karoo het ’n manier om die nietighede waaroor ’n mens jou verknies, met die hede te vervang. Hoewel ek net laasweek my voordeur in Kaapstad gesluit het, voel daardie bestaan nou ligjare ver.

DAG 1: 12,5 KM

Swem saam met die Shosholoza Ladies

Ek gaan die Buffelsrivierroete deur die Moordenaarskaroo stap. Alles wat ek vir die volgende week sal nodig kry, is in ’n 50 ℓ-ammokrat in my kattebak – van ekstra sokkies en pleisters tot my verekussing en ’n bottel rooiwyn. Dis immers ’n slenterstap wat voorlê, maar nietemin steeds ’n stewige 90 km. Van Laingsburg af, al met die droë Buffelsrivierloop langs tot by sy oorsprong in die Komsberg.

’n Brug oor die einste rivier lei my

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg7 min read
Boeke En Musiek
Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, e
Weg2 min read
Kortliks
Jou Suid-Afrikaanse paspoort – met die gepaste bynaam “Groen Mamba”– mag jou dalk nie ver bring in plekke soos Europa en Noord-Amerika nie, maar daar is steeds lande waarheen Suid-Afrikaners sonder ’n visum én met ’n taamlike gunstige wisselkoers kan
Weg2 min read
Taai Gebore… En So Gelaat Staan
Die eerste Cruiser 70 het sy verskyning in 1984 gemaak, min of meer dieselfde tyd as die fliek Back to the Future. Klim jy agter die stuur van enige 70-Reeks, voel dit inderdaad asof jy na die 1980’s teruggevoer word. Die handvatsels, sitplekke en de

Related