Weg!

Hier sluk die aarde jou in

Mense wat al in die Oorlogskloof was, sal jou altyd dieselfde twee goed vertel: Dis ongelooflik mooi, en ongelooflik rof. Van die eerste opmerking wil ek niks misloop nie; van die tweede wil ek niks weet nie. Gelukkig is dit ’n klomp gesoute stappers én veldkenners agter wie ek deur die Saaikloof aantou. Ek dink ons gaan die volgende paar dae in verwondering én orraait wees – hier waar dit lyk soos die eerste, oudste landskap.

DAG 1 4KM Groot Tuin na Brakwater

Vandag se skof is ’n kortetjie, party mense hou reguit by Brakwater verby na die volgende hut toe. Iets anders wat ons egter óók vooraf gehoor het, is dat die tweede dag glo jou sake werk, daarom het ons wyslik besluit om nou net eers rustig in die ding in te kom – dan sal môre ook hopelik gladder verloop.

Ons het seker al sowat 2km gestap, en klim nou teen die suidelike rantjie van Saaikloof uit. Omheen begin die Oorlogsklooflandskap wat ’n mens op die internet sien, kop uitsteek: klowe kry klofies, rante riffies en koppies hoedjies. Mensig, maar hier’s vir jou klíp! Nes ons touleier ’n lekker tempo in die sandpaadjie handhaaf, pootjie ’n rots my amper. Dis op en af en rondom. Dit voel ook asof daar ’n rots bínne-in my rugsak beland het. Die laaste 500m is ’n goeie voorsmakie van wat die volgende paar dae voorlê: ’n Geklou aan houtlere en kettings om oor en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante

Related