Weg!

Kom baai in die bos

Langs die Tuinroete ry ’n mens vir ente tussendeur bome wat bankvas aan weerskante van die N2 staan. Maar teen ’n ek-wil-by-die-seeuitkom spoed bly hulle net ’n monotone groen massa. Dis eers wanneer jy die Tsitsikammaberg se klowe te voet verken dat jy dié spesies sien vir wat hulle werklik is – kosbare oergoed wat al honderde jare lank oor ’n delikate ekosisteem waak.

Terwyl jy stap, word dié plek wat op die oog af bot en afgeslote lyk, se skoonheid onthul: paddageklik, die gemurmel van bergstroompies, die albasterhoppies hoorbaar in die fluit van ’n ruigtesanger, oranjeborssuikerbekkies wat onverwags soos gebedsvlaggies in die onderbos wimpel, die geur van ryp grond, hoe boomkrone in die wind kan kopspeel, maar nooit aan mekaar raak nie…

Dié woud bly ’n verruklike plek. En die betowering is jóú beskore.

DAG 1 Nature’s Valley na Bloukrans (15,5 km)

Min roetes begin sommer met ’n rivierkruising, maar Tsitsikamma beteken immers “plek van baie water”.

Ek en my stapmaats balanseer op een been op die oewer van die Grootriviermonding om die sand van ons voete af en die stapstewels weer aan te kry.

Dis vroegoggend op Oujaarsdag 2022. Oorkant die water, op Nature’s Valley se strand, is nog net branderplanktyers te sien. Teen vanaand sal dit seker wemel van mense wat die nuwe jaar inwag, maar vir dié gejoel gaan ons lotjie diep in die bos wegkruip.

Waar strand en woud ontmoet, soek ons na ’n bordjie wat lees “Kalander” of “Otter”. Eersgenoemde is hoe die outeniekwageelhoutboom (Afrocarpus falcatus) in die volksmond bekend staan, en is waarskynlik afgelei van “outeniekwalander”. Dis ook die naam van die eerste staphut op die roete.

Die Tsitsikamma-roete begin waar die Ottervoetslaanpad eindig. Die twee loop so te sê parallel, maar in teenoorgestelde rigtings. Op die Otter stap jy seelangs en op die Tsitsikamma meer binneland toe, deur woud en berg.

Ons gewaar geen bordjie nie, maar vind wel ’n paadjie en is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg9 min read
Die Kenners Se Keuse
Een van dié heeljaar-tweemantent se groot trekpleisters is hoe maklik dit op- en afslaan. Jy slaan die tent en sy boseil tegelyk op: Steek net die kleurgekoördineerde tentpale inmekaar, glip dit deur die slopies op die boseil en ta-daa! Met ’n gewig
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke

Related