HIERDIE LAND
Protea Boekhuis, R255
Daar is iets aan Suid-Afrika, skryf 56 skrywers in hierdie bundel essays. Dit was in antwoord op die vraag “wat is vir jou kosbaar en uniek aan Suid-Afrika”, verduidelik Nicol Stassen in sy voorwoord.
Ons het ’n paar kort uittreksels gekies om te wys wat die leser te wagte kan wees.
ANZIL KULSEN
In hierdie land is ons geslyp deur vorige geslagte se oordeelsfoute. Ons dra ons dood aan ideologieë wat oorgedra is aan nuwe generasies, maar wat nou bevraagteken en ontleed word. Ons kan uitgediende