Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Eerste gedigte
Eerste gedigte
Eerste gedigte
Ebook104 pages57 minutes

Eerste gedigte

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

In die skoolmeisie van Kroonstad se eerste kaalvoetgedigte het jong lesers hulleself herken en dit opgeraap. Maar op 18 was Krog se debuutbundel, Dogter van Jefta, reeds so ryp dat sy oud en jonk onder haar lesers kon tel. Januarie-suite, wat twee jaar later verskyn het, is in 1973 met die Eugène Marais-prys bekroon. Eerste gedigte is die heruitgawe van hierdie tydlose bundels.
LanguageAfrikaans
Release dateNov 20, 2012
ISBN9780798158398
Eerste gedigte
Author

Antjie Krog

Anna Elizabeth (Antjie) Krog is op 23 Oktober 1952 in Kroonstad gebore. Sy is 18 jaar oud toe haar eerste digbundel, Dogter van Jefta, in 1970 verskyn. In 1972 verskyn Januarie-suite en dit is in 1973 met die Eugène Marais-prys bekroon. Sy behaal 'n BA-graad en honneursgraad in Engels (1973) aan die Universiteit van die Vrystaat. In 1976 verwerf sy 'n MA-graad in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Haar digbundel Jerusalemgangers is in 1987 met die Rapportprys bekroon en in 1990 ontvang Antjie die Hertzogprys vir poësie vir Lady Anne. In 1993 is sy aangestel by die tydskrif Die Suid-Afrikaan, en in 1995 begin sy as politieke verslaggewer by die SAUK te werk. Antjie lewer van 1996 tot 1998 verslag oor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Sy verwoord haar ervarings oor die proses in Country of my Skull wat in 1998 gepubliseer is en wat met onder meer die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys ontvang. In 2003 word die bundel Met woorde soos met kerse, wat haar Afrikaanse vertalings en herbewerkings van poësie uit Suid-Afrikaanse inheemse tale, en een van die San-tale, bevat, aangewys as die wenner van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut se driejaarlikse wedstryd. Kwela Boeke publiseer in 2004 die digbundel Die sterre sê 'tsau' en dit haal die kortlys van die M-Net-prys vir poësie vir 2005. Kleur kom nooit alleen nie is in 2001 met die eerste RAU-prys vir skeppende skryfwerk bekroon. Sy is sedert 2004 'n buitengewone professor in Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Read more from Antjie Krog

Related to Eerste gedigte

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Eerste gedigte

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Eerste gedigte - Antjie Krog

    Antjie Krog

    EERSTE GEDIGTE

    Human & Rousseau

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Eerste gedigte mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    VIR PA

    DOGTER VAN JEFTA

    DOGTER VAN JEFTA

    Here by Abel-Kerámim

    Here by Mispa in Gilead

    Here God van Jefta

    hier is my liggaam!

    Hier is my vlies –    veilig soos ’n retina

                                    en heel soos ’n groen granaatjie.

    Hier is my maag –   ’n koue kaggel

                                    wat gelate sal waak oor die maandelikse vloei.

    Hier is my borste –  twee bloeiende druppels

                                    wat nooit met liefde gesuurdeeg sal word nie.

    Hier is my hande liewe Here

                                    sterk en gewillig soos my hart.

    Van nou af is ek ’n bruid

                                    bevrug deur Gees,

    van nou af is ek vroedvrou vir ’n volk,

    van nou af verwag ek

                                    U.

    MA

    Ma, ek skryf vir jou ’n gedig

    sonder fênsie leestekens

    sonder woorde wat rym

    sonder bywoorde

    net sommer

    ’n kaalvoet gedig –

    want jy maak my groot

    in jou krom klein handjies

    jy beitel my met jou swart oë

    en spits woorde

    jy draai jou leiklipkop

    jy lag en breek my tente op

    maar jy offer my elke aand

    vir jou Here God.

    jou moesie-oor is my enigste telefoon

    jou huis my enigste bybel

    jou naam my breekwater teen die lewe

    ek is so jammer mamma

    dat ek nie is

    wat ek graag vir jou wil wees nie.

    BLARE

    Roer jou voete deur die droë blare

    roer hulle

    roer hulle

    want ruik jy die winter?

    hoor jy die ouderdom

    sien jy die rou roep van alles wat sterf?

    O roer tog jou voete deur die blare

    roer hulle

    roer hulle.

    FUGHETTA VIR DRIE STEMME

    antjie_06

    KRUISIGING

    Jy het my kruis op die smal van jou

    skouers gesleep; al teen die skuinste op,

    terwyl jou sagte voete struikel oor

    die swart kole van die kop.

    Jou hare was spoegdeurweek

    jou vleis deur my gerib, geëet,

    terwyl ek wonder wanneer jou liefde vir my sou breek.

    Ek het jou op die kruis neergeruk

    en met ’n haan wat aanhoudend

    in my ore kraai, die swaar spykers

    deur die stengels van jou hande gedruk

    en die slae waansinnig oor die stad laat weerklink.

    Ek het asyn oor jou gesig gegooi

    toe jou tong soos ’n swael tussen jou tande blink.

    Trane het in jou ooghoeke opgestoot

    maar ons het gesing en oor jou klere geloot.

    Ek het ’n spies in jou sy gesteek

    en angstig gewens dat jy moet breek

    maar jou wimpers, nat en dig soos vlas,

    het eers later toe dit om ons donker was

    gesidder en gehyg: my God, my god

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1