Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die windvanger
Die windvanger
Die windvanger
Ebook179 pages41 minutes

Die windvanger

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Die windvanger was Breytenbach se eerste bundel nuwe verse sedert die publikasie van sy Papierblom in 1998 (dit was onder die naam Jan Afrika), wat in 1999 met die Hertzogprys bekroon is. Hier vind die leser weer gedigte oor temas soos reis, tyd, liefde, dood. Maar veral weer, en méér, die kwelling oor die doeltreffendheid van die woord, soos in die gedig “New York, 12 September 2001”: ‘sal enige gedig eendag iewers ooit genoeg gewig mag hê /om ’n handskrif te laat wat praat van val en vergeet ...’ En teen die einde van die bundel: ‘En wat sal ek sê het ek geleer, behalwe om met woorde /te speel tot aan die uur van my dood?’

Die windvanger is in 2008 bekroon met die Hertzogprys, W.A. Hofmeyr-prys, die UJ-prys en die Protea-prys vir poësie.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 17, 2013
ISBN9780798160032
Die windvanger
Author

Breyten Breytenbach

Breytenbach woon al dekades lank in Parys, Frankryk en is ook ’n bekende skilder. Sy poësie en prosa het in verskeie tale verskyn, maar sy werk is veral bekend in Suid-Afrika, Frankryk, Nederland en Amerika. Hy het twee keer die Hertzogprys vir poësie ontvang. Hy word met reg beskou as een van die belangrikste lewende digters in Afrikaans.

Read more from Breyten Breytenbach

Related to Die windvanger

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die windvanger

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

2 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die windvanger - Breyten Breytenbach

    breyten breytenbach

    die windvanger

    Human & Rousseau

    Die uitleg van gedigte en afbeeldings in hierdie digitale uitgawe van Die windvanger verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings op hul leestoestel vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    (vir my vrou:

    want die wind

    het al die jare

    ons saamsaamliefde so getrou

    oopgebind en toegevou)

    moeë reisiger

    wanneer jy hier arriveer

    swaar van hart

    en met stof in die keel

    blaai deur hierdie bladsye

    soos die blare

    van ’n ou-ou reis

    en kyk

    ons planeet is te laat

    om nié ’n nag te droom

    waar die wêreld se tong

    nog helder sal brand

    – Alonso Quijada

    1

    daar is geen tyd

    daar is geen tyd

    tyd is die mens se vel

    wat kraak en knetter en krimp

    in die verbygaan van lewe

    dis die vuur van bestaan

    wat die ure vertel

    en dan versaak

    in die ewigdurende galmende

    momentum van stilte

    in die aandster en die middernagson

    se rokende dans

    in die krul van die blaar

    in die duif se vlugtige

    fladder-gebaar van grasieuse sterwe

    daar is geen tyd

    tyd is die verskietende komeet

    van geheue

    wat die hemel met vonke bestrooi

    van stories wat niemand ooit

    weer sal hoor nie

    tyd is my liefde vir jou

    die akkedis-bewegings

    van weggaan in jou vrouelyf

    om die holtes te vul

    met die vlam van vertel

    daardie vele gesigte van vergaan

    daar is geen tyd

    net die hart se klop-klop-dinge

    soos pyn onder dop-ooglede

    net die leë vertel-vel

    van hierdie gedig

    bespikkel en uitgemeet

    met kankerwoorde van vergeet

    soos akkediskak

    2

    fluit-fluit

    (tyd is die verskietende komeet van geheue)

    1

    op die mark onder hoë skadubome

    tien geelperskes gekoop

    groot goud en sappig

    soos innige verwante van die son

    en huis toe gedra

    wit pleistermure het liggies gebewe

    die hitte was op die sinkplatdak

    oral omheen die soet geure

    van lemoenbloeisels, frangipani

    geel doringboomblommetjies

    later wanneer hulle eers weer water gekry het

    ook die wit en pers van die verbleikbos

    gister, vandag en môre

    en van tak tot tak

    van kelk tot kelk

    jangroentjies, suikerbekkies

    tortels en vinke en vlamvlerk raasbekspreeus

    laatmiddag dieper kloof-op

    waar dit potblou is

    dassies blinkoog, klipspringers spitsoor aandagtig

    die kant van die Koo en die Keisie uit

    het kettings ligte sweep geklap

    en gevlegte linte aan die wolke gehang

    eers het die storm gekom

    met groot geraas en spuistrale wolkgoed

    klipogies, engelekots

    en toe

    ná die skerp kleureboog

    oor kop en riet

    ’n dragtiger reent aanmekaar en diep

    met die sagte gekletter

    van ’n skare mense wat verbykom met die nag

    om bo in die berg van water

    te gaan sing

    perskes gewas en afgedroog

    en een vir een opgeëet in die donker

    ’n genot vir die tong en die lippe

    en ’n verbeelding vir die oog

    in buur Jan se visdam

    het paddas mekaar luidkeels

    probeer bekeer

    van mismoedigheid

    dis dan gedoen

    en geboen gedaan

    hierdie dag kom nooit weer terug

    nie so met kromming

    en verskuiwing en beligting

    ook nooit weer presies dieselfde hand

    wat hier met honger vingers

    oor die woorde vat

    om tyd en haar verbygaan uit te vee

    soos die dons van ’n perskevel

    2

    werkers op pad huis toe

    ’n laaste vegie flos

    bo die berg se kim

    daardie lang leë aande

    wat geleidelik vol loop van donkerte

    die jas aantrek groot en swart

    met blink knope

    tot by die rietbos waar slaapvoëls tjik

    die nagvuurtjies

    kole in die oog

    3

    lourierbosse wat skaamteloos bloei

    bome wat uit hul koeltes stoel

    woorde wat uit die stiltes groei

    dis alles dik-dik van die waarheid

    4

    toe sê die dief vir die vrou en die kind

    kom ons stap weer weg uit hierdie stad

    van heilige bekeerdes

    die mense hierlangs

    hou nie van spotvoëls en morbekke en vals note nie

    hier kom duisternis

    voorwaar voorwaar ek sê verder vir julle

    nou gooi hulle ons nog met skille

    binnekort sal dit drolle wees

    toe sê die dief vir die vrou en die kind

    dis beter om blind in die vreemde te gaan

    as om twee ontgogelde klippe

    vir oë in die kop te kry

    hier kom ’n getrommel van gewetens

    luister hoe jil en joel die gelowiges

    met skemerte is die stemme

    tuine en boorde vol onkruid geheuens

    en die vadere se gebeentes klik

    soos grafte vol woorde

    kyk van heinde en ver

    trek die swart onweer laer

    en onnodige geraas

    ons gee pad

    ons neem saam

    die bewegings van die maan

    wat die son se intieme naam is

    in die nagte stil van sterre

    toe sê die dief vir die vrou en die kind

    ek weet julle voete en harte is seer

    ek is jammer ek het julle verkeerd voorgesê

    maar dit belowe ek weer

    op my eer as dief

    as ons honger word vir liefde

    steel ek ’n hele brood lewe

    so groot soos ’n gedig

    en so voedsaam soos ’n vis

    seën die brood

    en aanbid die vrugte

    uit die aarde van geboorte

    toe sê die dief vir die vrou en die kind

    ons sal onthou

    die ewige blou vlam van die hemel

    en ons neem met ons mee

    die see en die berg

    en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1