Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Oorblyfsel / Voice Over: (op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj) / (the nomadic conversation with Mahmoud Darwish)
Oorblyfsel / Voice Over: (op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj) / (the nomadic conversation with Mahmoud Darwish)
Oorblyfsel / Voice Over: (op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj) / (the nomadic conversation with Mahmoud Darwish)
Ebook51 pages26 minutes

Oorblyfsel / Voice Over: (op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj) / (the nomadic conversation with Mahmoud Darwish)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

AFRIKAANS: ’n Bundel met gedigte in sowel Afrikaans as Engels: die twee tale staan teenoor mekaar. Breyten noem hierdie siklus verse ’n “collage”, getransformeerde ‘variasies’ van Darwish se werk, met sy eie stem daarin vervleg:“Magmoed Darwiesj (Mahmoud Darwish, 1941-2008) die Palestynse digter, was ’n vriend van my. ... Onmiddellik na sy sterfte het ek hierdie reeks begin skryf as fragmente van ’n voortgesette gesprek met hom. ... In die daaropvolgende weke sou ek noordwaarts reis – eers na Katalonië en daarna verder tot in Friesland ... Die gedigte gee dit weer. ... Vertaling, om oor te gaan van die een taal in ’n ander, is ook ’n reis. ... Ek beskou hierdie fragmente as lofbetuiging. Miskien ook ’n poging om die sluier te kan wegtrek van die bekende gelaat wat nou stil geword het. ... Die beelde, tot ’n mate selfs die ritme en die vormgewing, is syne. ... Die reis gaan verder en die gesprek duur voort om tussen die woorde na hom te soek.” (Uit die skrywersnota in die bundel.)Mahmoud Darwish word beskou as die vernaamste digter, nie net van die Palestynse stryd nie, maar van die kontemporêre Arabiese letterkunde. Die hooftemas in sy werk is ballingskap en ontheemdheid. ENGLISH: The collection includes poems in Afrikaans with the English version on the righthand page. Breyten calls these poems a ‘collage’, transformed ‘variations’ of Darwish’s work, with his own voice woven into the process. “Mahmoud Darwish, the Palestinian poet (1941-2008), was a friend. ... Immediately after his passing, I started writing the series as fragments of a continuing dialogue with him. ... Over the following weeks I was to travel north –  first to Catalonia and then on to Friesland ... The poems reflect this trajectory. Translation –  that is, to proceed from one language to the other –  is also a journey. Perhaps too, an attempt to draw the veil from the known face which has now gone silent. ... The images, and to an extent even the rhythms and the shaping, are his. ... The journey continues and the conversation will carry on, in the attempt to look for Mahmoud Darwish among the words.” (From the author’s notes in the book.)Mahmoud Darwish is regarded as the leading poet of not only the Palestinian struggle but of contemporary Arabic literature. The main theme in his work is the anguish of dispossession and exile.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 28, 2011
ISBN9780798153591
Oorblyfsel / Voice Over: (op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj) / (the nomadic conversation with Mahmoud Darwish)
Author

Breyten Breytenbach

Breytenbach woon al dekades lank in Parys, Frankryk en is ook ’n bekende skilder. Sy poësie en prosa het in verskeie tale verskyn, maar sy werk is veral bekend in Suid-Afrika, Frankryk, Nederland en Amerika. Hy het twee keer die Hertzogprys vir poësie ontvang. Hy word met reg beskou as een van die belangrikste lewende digters in Afrikaans.

Read more from Breyten Breytenbach

Related to Oorblyfsel / Voice Over

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Oorblyfsel / Voice Over

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Oorblyfsel / Voice Over - Breyten Breytenbach

    Breyten Breytenbach

    Oorblyfsel / Voice Over

    (op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj)

    (the nomadic conversation with

    Mahmoud Darwish)

    Nota

    Magmoed Darwiesj (Mahmoud Darwish, 1941-9 Augustus 2008) die Palestynse digter, was ’n vriend van my. Die tyding van sy dood tydens ’n opehart-operasie in ’n hospitaal in Houston, Amerika, het my op Gorée-eiland bereik. Enkele weke tevore was ons nog saam in Arles in die suide van Frankryk. Selfs helder oordag was die hotel se portaal skemerig. Met ’n glimlag om sy lippe het hy bespiegel oor sy kanse op oorlewing. Daardie aand, in ’n ou Romeinse opelugteater terwyl die son in ’n geel gloed ondergaan en allerlei voëls die opgekropte soetheid van ’n somerdag begin sing, het hy vir ’n laaste keer uit sy werke voorgelees. Die gedigte was deurtrek van ’n gesprek met die dood. Onmiddellik ná sy sterfte het ek hierdie reeks begin skryf as fragmente van ’n voortgesette gesprek met hom. In Wes-Afrika was dit die begin van die jaarlikse reënseisoen, die ‘petit hivernage’, wanneer die lug vol potblou wolke is. Dit was ook die aanvang van die nuwe maan se bloei tot volheid.

    In die daaropvolgende weke sou ek noordwaarts reis – eers na Katalonië en daarna verder tot in Friesland waar ek uitgenooi was na ’n skrywersfees deur Tsjêbbe Hettinga, die blinde woordtowernaar. Die gedigte gee dit weer. Op pad was dit ’n verkwikking om in Magmoed se verse te kon beweeg. Vertaling, om oor te gaan van die een taal in ’n ander, is ook ’n reis. Die landskap verander, winde met die reuke van onbekende groei waai soos nuus oor die hoogland na laerliggende valleie, jou skaduwee verskiet, die lied bly ’n wisseltong tussen bekend en onbekend. George Steiner het oor vertaling gesê dat dit ’n intense, diepe en uitdagende aktiwiteit is, partykeer intiem en ontstellend, want die uiterste gevaar bly dat jy met jou hand die essensiële wese van die Ander mag aanraak. Ek beskou hierdie fragmente as lofbetuiging. Miskien ook ’n poging om die sluier te kan wegtrek van die bekende

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1