Avontuur Afrika

Reën, reën… wonderlike seën

Die laaste paar jare was droog, bitter droog. Voeg hierby die afgelope grendeljaar met sy buitengewone uitdagings en die situasie is meer as droog – dis blêddie dor. Die land. Die mense. Die natuur. Ek. Jy. Ons. Alles het opgedroog. Ons inkomste. Ons hoop. Ons drome. Ons vryheid. Onsself. Selfs skool soos ons dit ken. Geen avonture, geen reise, geen byeenkomste, geen skoue, geen gatskuur. Geen geld, en erger nóg, geen wyn!

My binneste was net so verskrompel. Met die Here se genade is ons as gesin steeds bonatuurlik geseën, ten spyte van die pandemie, en ons is almal gesond, so ek mag nooit as te nimmer kla nie. Maar my siel was só dors. Dors na die dinge wat my definieer, laat floreer en my binnekant laat ontkiem. Om vir ‘n tydskrif te skryf en foto’s te neem, om die oop pad in te vaar met ‘n kop vol deurmekaar gedagtes wat so in die ry wonderbaarlik orde kry. Die oopte. Die stilte. Die onbekende. Ware, onderverdunde wanderlust.

Die hemel se sluise trek toe mos iewers in Januarie wawyd oop, met nuus wat begin Februarie op alle netwerke instroom: foto’s, videos en grafieke van die Augrabies watervalle wat skouspelagtig in vloed is vir die eerste keer in ‘n dekade! Daar was ‘n gedruis en ‘n stuwing in my binnegoed. Of dalk was dit net rooimiere in my dinges, ek weet nie, maar een ding was seker: al moet ek berge verskuif, dié waterwonder móés ek doodeenvoudig gaan kyk. En ek móés dit net doodeenvoudig my sewe-jarige dogtertjie, Sabria, gaan wys. Wanneer sal sy dit ooit weer kan sien? Daar was nog net een week oor voor die skole amptelik op 15 Februarie sou heropen. So, dit was nou of nooit! Daardie water het my soos ‘n magneet getrek. Maar hoe? En met waste begroting? As ek my baie gryswordende hare vir die volgende vyf maande nie kleur nie, was ons brandstof darem gedek…

Vra is vry

My innerlike damwal van pretensie gee mee. Ek het niks om te verloor nie. Ek gaan ‘n kans vat en ‘n storie vir die nuwe tydskrif, Avontuur Afrika, voorstel. My keel is kurkdroog toe ek die foon optel en vir Mary Willemse, besturende direkteur van Avontuur Afrika bel. Sy het mos hoeka ‘n droë sin vir humor. Vra is vry en al sê sy nee, kan sy haarself ten minste sopnat lag vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko
Avontuur Afrika4 min read
Nou Met Meer…
Die legendariese Toyota Land Cruiser 70 is die eerste keer in 1984 in Japan bekendgestel en vier vanjaar sy 40ste herdenking. Dis amper ongelooflik om te dink dat meer as 10 000 000 eenhede sedertdien wêreldwyd verkoop is. Dit is ‘n verstommende 250
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens

Related