Weg! Ry & Sleep

Die huis wat Kaap toe moes trek

Die Schoemans moedig hulle kinders van kleins af aan om selfstandig te dink, en daarom voldoen hulle vandag aan sekere geykte verwagtinge nié. Jurie reken Helena moet die krediet kry daarvoor, want dit is sy wat hulle nog altyd aangemoedig het om met hulle kreatiwiteit te eksperimenteer.

Die Schoemans se tweede kind, Stefanie – ofDita, soos almal haar noem – het nie net ’n passie vir plantgebaseerde kos nie, maar sy en haar lewensmaat, Jaydon Meidlinger, deel ook ’n belangstelling in klein leefruimtes. Daarom het Jaydon, wat argiteksgene in sy bloed het, vir hulle ’n mobiele huis-op-wiele gebou met hout wat hy ver en wyd gevind het.

Die bouery het gevolg op ure se besinning en gesprekke – soms taamlik driftig! – met Stefanie. Uiteindelik is die huis-opwiele 6 x 2,4 m groot (hoogte 4 m) met die slaapkamer bo wat op ’n dek uitkyk as die dak gelig is. Onder is die woonkwartiere met ’n goed ingerigte kombuis en baie pakplek. Die hele storie is alles gebou op ’n dubbelaswa en die gewig is beperk tot 2,5 t vir sleepdoeleindes.

Hulle het die huis in die grendeltyd voltooi by Tegwaan, ’n vakansieplaas naby Waterval-Boven wat aan vriende van hulle behoort.

Toe Jaydon en Stefanie besluit hulle kinders moet by die Green School in Kaapstad ingeskryf word, moes die huisie van Waterval-Boven af Kaap toe gebring word. Jurie sê dit was interessant om te sien hoeveel aandag die huis kry –heelwat mense

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
Verrassings Langs’n Grondpad
Die N8-deurpad tussen Kimberley en Bloemfontein laat die wêreld vinnig verbyflits, maar ry gerus eendag die Koffiefonteinpad oor nedersettings soos Oppermansdorp en ’n staalbrug oor die boloop van die Kalkfonteindam. Jy gaan dit aansienlik meer genie
Weg: Ry & Sleep3 min read
Gaan Leer By Europa
Die Europese Woonwavereniging, bestaande uit 15 lidlande, het in 2020 by die 6 miljoen kampvoertuie op sy boeke gehad. Die meeste van hierdie 3,5 miljoen woonwaens en 2,4 miljoen ryhuise is in Wes-Europa geregistreer, in lande soos Duitsland, Frankry
Weg: Ry & Sleep2 min read
Eenvoud Wen
Toyota het sy IMV 0-konsepvoertuig in Desember 2022 bekend gestel, en op daardie geleentheid het Akio Toyoda, Toyota se huidige voorsitter en kleinkind van Toyota-motors se stigter, Kiichiro Toyoda, gesê hierdie bakkie is die vergestalting van Toyota

Related