Weg! Ry & Sleep

Net betyds!

Die Cooks het vroeg verlede jaar ’n reis deur die land onderneem en ook Namibë vir die eerste keer besoek. Hulle het dit nie toe geweet nie, maar dit was nét voor die Covid-19-inperking. Terrence vertel...

“Ons vertrek op Donderdag 6 Februarie 2020, maar kom heelwat later weg as wat ons beplan omdat ons eers by Canvas Safari Tents in Springfield Park moet stilhou vir herstelwerk aan die daktent, wat vir die volgende drie weke ons huis gaan wees.

Nelson, die eienaar, help ons binne ’n oogwink, en kort voor lank is ons op die N3. Ek wil Bloemfontein haal, want ek het plek bespreek by die River of Joy-woonwapark net buite die Rosestad. Ons bereik ons bestemming eers ná 19:00, en net mooi toe ons daar aankom, begin dit reën. Bertha, die oordbestuurder, wag vir ons, handel die papierwerk af en sê ons kan enige staanplek kies. Die woonwapark is skoon en ons voel veilig.

Ons slaan die daktent sonder moeite oop en maak ons tuis onder die stoeptent om te braai. Deur die loop van die aand kom die oord se vriendelike kat en eende nader om te groet.

ONS VERLAAT ’n besige Bloemfontein die Vrydagoggend en soek op die GPS vir Sandgat, ’n kampplek op die oewer van die Oranjerivier onder die Vanderkloofdam. Ons weet nie wat om te verwag nie, want ons was nog nie voorheen hier nie. Ek het met die eienaar, Liza Bredenkamp, op WhatsApp gesels en sy het ons staanpleknommer en die kode vir die hek gestuur. Daar sak weer ’n bui uit terwyl ons verby Koffiefontein en Lückhoff ry en die swaar reën maak dit moeilik om die slaggate in die pad te sien.

Teen die middag is ons by die hek en volg die kort grondpad tot by die kampplek. Sandgat verras ons aangenaam, om die minste te sê. Die groen gras, silwerskoon ablusiegeriewe, plaasdam-swemplek en die eienaar se kreatiewe insette maak regtig van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep5 min read
As Die Skoen Pas…
outdoorwarehouse.co.za capeunionmart.co.za crocssa.co.za kaalfoot.co.za naturehike.co.za bashafrica.com woolworths.co.za picknpayclothing.co.za barestep.co.za Barestep se skoene is ontwerp om die natuurlike vorm en funksie van die mens se voet na t
Weg: Ry & Sleep3 min read
Dis Tyd Vir ’n Huistent
Om met ’n tent te kamp het maar sy uitdagings, veral as ’n klomp mense saam probeer ontspan. En meer as een tent langs mekaar én dan nog ’n gazebo kan in ’n oogwink ’n groot trek veroorsaak wat pakplek in jou voertuig opslurp. Sommige kampplekeienaar
Weg: Ry & Sleep3 min read
Gaan Leer By Europa
Die Europese Woonwavereniging, bestaande uit 15 lidlande, het in 2020 by die 6 miljoen kampvoertuie op sy boeke gehad. Die meeste van hierdie 3,5 miljoen woonwaens en 2,4 miljoen ryhuise is in Wes-Europa geregistreer, in lande soos Duitsland, Frankry

Related