Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot
Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot
Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot
Ebook83 pages36 minutes

Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot is 'n mengelmoes woorde, ervaringe en observasies saamgevleg in hierdie Digbundel.

“Die natuur se eiendomsagente trek biesie aktes op
en onderhandel met die paddas by die plaasdam
om modder pakkies te verkoop aan die swaeltjies
wat modder hangmatte onder die geroeste afdakke
by die stasie vleg” – Modder Hangmatte

LanguageAfrikaans
Release dateMar 19, 2020
ISBN9780463152362
Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot
Author

Louie van der Watt

Born Louie Gerhard van der Watt in Port Elizabeth, South Africa, a child of the sea and mountains. After my studies I started working in East London where I had the privilege of traveling through South Africa.There I fell in love with shallow water bridges, snow on the mountain slopes, one tooth windmills and open beaches.Time stands still as I look at the beauty around me. I have a great love for writing, photography and travel.

Related to Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot - Louie van der Watt

    TOE KOM DIE DAG

    Roer die eerste oggend stoffies

    skaam in die wiegie van die oggendwind

    ontkoppel pionier sonstrale

    die nag se sluier ankertoue

    en nog 'n nag word dag

    Roosbome sweet ronde doudruppels

    op die moeë aarde neer

    glinster en flikker soos verkeersligte

    in die onsigbare lewenskring

    terwyl vinke skepties neer wip langs 'n waterpoel

    ...'n Lig word in 'n kamer aangeskakel

    en iewers buite op 'n hoofpad

    blaas 'n ongeduldige bestuurder

    toeter vir 'n steekbaardbrak...

    ...die dag is hier

    DIE NAG RAAK ROOI

    Die nag raak rooi

    wanneer die dag sy nova oorjas aantrek

    en die nag sy flikkerende kerse uitblaas in die hemelruim

    om plek te maak vir dag

    Die nag betoog en stoot sy misnoeë

    saam met die wit dros spookasem

    oor die randjie by die damwal

    wanneer die dag se stoker die kookpot in die oggendure roer

    Groen gras verkleur na silwer

    wanneer die nag plek maak vir die dag

    en die vooros kinders van die oggendson

    strepies spore op die dou gevulde gras kom maak

    Die laaste laatslaper kind van die nag

    skarrel en verdamp in die son se oggend opstaan glimlag

    en laat 'n afgeknipte slaap traan van die nag

    as legkaart vir die nag wat wag

    Die nag raak rooi

    bloos 'n mooi rooi

    want die dag se goudgeel vingers

    vertoon sy nag se handewerk

    op die retina van ons oog se verhoog

    DIE NAG SE ROWERS

    Onkundig laat die nag se rowers

    'n gesteelde eier in die oggendure val

    en gun die son 'n kans om sy kleur pallet

    op die dag se stoep te plas.

    Die nag se rowers grom en stoei

    bestorm die dag se vuur-draers

    en probeer met hul donker nag tonge

    die geel van dag te lek tot nag

    Die dag lek geel deur die nag se krakies

    en rol met 'n lag oor die nag se slagysters

    tussen die groenvoer lande

    op die walle van die Kei rivier

    …Hulle staan dweepstert op die horison

    die nag se rowers

    want soos op die Skeppingsdag bepaal

    sal 'n gesteelde eier weer in die oggendure val

    'N NUWE DAG

    Rank die November son

    skelm vanuit die oseaan se wiegie op

    dros die nag se spoke tussen die grys beton geboue in

    en woer skelm verlede nag se ou geskeurde koerante

    soos uitgespalkte figure teen die see van bene vas;

    mense haas blindelings die nuwe dag tegemoet

    met die son se gluur nog vars in hul oë

    en probeer gister se flaters uitkrap

    met 'n goedkoop weggooi pen

    terwyl hulle met strak gesigte stil onthou...

    DIE OGGEND SE BELOFTES

    Die oggend rol sy nuwe beloftes

    soos 'n piekniek kombers

    langs my verdorde hartsdam oop

    en bring vir my 'n bottel soetwyn

    leeg

    Ek stap en hou net aan met stap\terugkyk maak te seer

    en soek die gelouterde kwyl spore

    van die oggendson se oopbek glimlag

    by elke boggelrug krans op my pad

    Ek lees vergete dae se briefies

    onder elke klip posbus langs

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1