Weg!

Obrigado, Mosambiek!

Die toergids Pete Collins waad heupdiep deur die Limpoporivier, op soek na ’n deurgaanplek. Dit raak al laat en die gedagte aan krokodille bly by my spook, maar daar’s nie nou ’n ander plan te maak nie.

Die pont wat veronderstel was om ons hier naby die dorpie Mapai in Suid-Mosambiek oor die rivier te neem, lê onbeman op ’n sandbank.

Al voel Pete verbouereerd, wys dit nie. Hy sê ons aan om te wag, spring terug in sy Mahindra-bakkie en gaan soek ’n alternatiewe deurkomplek ’n entjie stroomaf. Ons wag… dan kom sy stem krakerig oor die tweerigtingradio: “Hier’s nog ’n pont!”

Ek, my vrou, Jess, en ons twee seuns, Elliot (10) en Francis (8), ry in ’n Toyota Fortuner saam met ’n klein konvooi van Bhejane 4x4 Adventures. Ons is vanoggend om 9 vm. by Pafuri in die Krugerwildtuin oor die grens en het vir die grootste deel van die dag met stamperige sandpaaie al met die rivier langs gery. Nog ’n paar slegte kilometer verder wag Pete by die nuwe kruising.

Aan hierdie kant lyk die Groter-Limpopooorgrenspark asof iemand ’n verhoog se ligte op hulle helderste gestel het en die Kruger se towerkunsies lê skielik ontbloot.

Want hoewel die landskap nog soortgelyk is aan dié wat jy in die verre noorde van die wildtuin aantref – ’n breë rivier omsoom deur pragtige bome – is dit aan die Mosambiekse kant nie rooibokke wat op die oewer kom kniel om te suip nie, maar boerbokke; ’n Gebreekte ryding se CV joint lê in die sand en roes; Kinders so jonk soos my eie twee blaas lewe in laasnag se kole om wat na ’n groenvlerkduif lyk te braai; En in die middel van die Limpopo dryf die voertuig aan die voorpunt van ons konvooi seewaarts…

Goed, nie regtig nie! Maar die stroom is bedrieglik sterk. ’n Span mans en ’n paar tieners slaag daarin om hulle tuisgemaakte vlot teen ’n sandbank vas te stuur om die stroom te kelder. Maar hulle is nou eers halfpad oor die rivier. Nou moet Chris Kritzinger sy Jeep Wrangler oor die pont se twee metaaloplope af ry en deur ’n strook water beur om die oorkant te haal.

Die pontwagters steek stokke in die water om aan te dui hoe diep dit is en waarlangs die beste lyn loop.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Kyk Ver Die Veld In
Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is da
Weg1 min read
Kyk Hier!
Wanneer die sentrale deel van Botswana somerreën kry, dreineer die water na die Makgadikgadipanne, wat dan die habitat word van duisende flaminke en ander watervoëls. By die Nata Bird Sanctuary het jy maklike toegang tot die Sowapan, die oostelike de
Weg5 min read
Die Noord-Kaap Maak Heel
Amper elke dag moet Genevieve Maasdorp vir mense beduie hoe die paaie na die /Ai-/Ais-Richtersveld-oorgrenspark toe lyk. Ook wat die toestand van die roetes in die Kgalagadi-oorgrenspark of die Namakwa- of Augrabies- of Mokalanasionale park is. En da

Related Books & Audiobooks