Weg! Ry & Sleep

‘Ervare amateurs’ mik Angola toe

Uiteindelik, ná jare se beplanning en oorweging, kansellasies en herbeplanning, breek die oomblik aan... die Swanepoels en hulle vriende en familie gaan Angola-stempels in hulle paspoorte kry! Christoff vertel.

“Ons vertrek vroeg op ’n Vrydag uit Pretoria en hoop om binne vyf dae tot by Ruacana te vorder waar ons die grens na Angola sal oorsteek.

Ek en my vrou, Suzette, ry in ons Toyota Hilux en ons jongste dogter, Jurika, en haar verloofde, Jacques Steenkamp, is in sy Ford Ranger, en dis nie lank nie of ons kom by die Martinsdrift-grenspos aan.

Vir nou is dit net ons twee voertuie, maar later, wanneer ons in Nambië se Zambesistreek (oftewel die Caprivi) is, sal die Naudés van Northcliff in Johannesburg hulle by ons aansluit. Ernst en Adeline en hulle studentekinders, Suné en Jaco, gaan die reis in hulle Nissan Navara meemaak.

Sake loop nes ons beplan het, en op die vyfde oggend van ons reis tap die drie voertuie brandstof by Ruacana. Op pad hierheen het ons by Elephant Sands

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep7 min read
Watwo, Hittegolf!
Outdoor Warehouse, Camp & Climb, Tentco, Falkson, Seagull Industries, Adendorf, CJ Aircons, MacLaren Air Staal is ’n goeie geleier van hitte, en die tweede wet van termodinamika lui dat hitte spontaan vanuit ’n warm medium (jou hand) na ’n koue een
Weg: Ry & Sleep3 min read
Waar Gaan Die Tyd Heen?
Dit verstom my al hoe meer hoe vinnig die tyd deesdae verbyflits. Is dit net ek of het ons net nou die dag nog vir mekaar ’n voorspoedige nuwe jaar toegewens? Nou is die eerste amptelike blaaskans vir die jaar al op ons... As jy slim was en ’n bietji
Weg: Ry & Sleep3 min read
Gebou Soos ’n Tenk
Great Wall Motor – of dan GWM – vier vanjaar sy 17de bestaansjaar in Suid-Afrika. Dié private maatskappy is die grootste vervaardiger van bakkies en sportnutsvoertuie in China en wys behoorlik sy staal teen voertuigvervaardigers soos BAIC en Chery wa

Related Books & Audiobooks