Weg! Ry & Sleep

Watwo, hittegolf!

KRY DIE PRODUKTE HIER

Outdoor Warehouse, Camp & Climb, Tentco, Falkson, Seagull Industries, Adendorf, CJ Aircons, MacLaren Air

LK’S-VONKELWYNGLASE

Op ’n heerlike vakansie!

Staal is ’n goeie geleier van hitte, en die tweede wet van termodinamika lui dat hitte spontaan vanuit ’n warm medium (jou hand) na ’n koue een (jou drankie) vloei. Dié glas, wat van vlekvrye staal gemaak word, moes dus volgens die wetenskap ’n swak idee gewees het, maar LK’s was slim en het die glas ’n dubbele wand gegee. Tussen die buitenste en binneste wand is daar net lug – ’n swak geleier van hitte – sodat jou vonkelwyn langer yskoud bly, veral as jy boonop ’n ysbol ingooi (sien onder). (Cyril, jy moet ophou om ys in jou bubbles te gooi. – Red.) Die glas het ook ’n dekseltjie met ’n tuit waardeur jy teug. Dit keer dat jou Kaapse Vonkel mors wanneer jou motorboot deur branders rondgeskommel word. Die glase word in ’n stel van twee verkoop en elkeen hou 150 ml.

Prys R400 by Outdoor Warehouse

EASYICE 6 BALL-YSBAKKIE

Op die bol

Hierdie ysbak bestaan uit twee halfronde dele wat aan mekaar heg. Dit werk só: Jy tap water in totdat die ysbak vol is, stel die vervaardiger voor jy plaas kruie of vrugte in elke holte voordat jy die water vries.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
’n Welkome gas
In die kampplek het ’n mens ’n paar opsies om jou kos gaar te kry of water te kook vir ’n bietjie boeretroos. Die mees basiese en beste, natuurlik, is ’n kampvuur, maar dit neem tyd om aan die gang te kry en jy kan ook nie sommer enige plek vuurmaak
Weg: Ry & Sleep5 min read
Wat Maak Kamp So Lekker?
Ek het grootgeword in ’n huis waar vakansies – vernaam die grote in Desember en Januarie – beteken het die lomp two-tone Jurgens 640 met sy blou-en-wit gestreepte tent word by oom Tjoep du Toit gehuur. Ek weet tot vandag toe nie waar oom Tjoep aan sy
Weg: Ry & Sleep5 min read
’n Lékker Honnelewe
• Hou jou motor se ruit oop, indien moontlik. Pote gaan die rit baie meer geniet as hy die tonele kan inasem wat verbyflits. • Stop so een keer elke uur en gee jou woef genoeg tyd sodat hy kan snuffel aan die merke van al die honde wat al vroeër hier