Weg!

Na die longe van Afrika

Omdat die meeste van ons goed vertroud is met Botswana en Namibië, die eerste deel van hulle roete, sluit ons eers in Angola by hulle aan.

Dit is vir my moeilik om aan Angola te dink sonder om ook aan Suid-Afrika se betrokkenheid by daardie land se burgeroorlog te dink. Mans van my ouderdom moes in die jare tagtig die wapen opneem, “vir volk en vaderland”. Die ironie is dat Angolese jong mense vandag skaars bewus is van dié donker stuk geskiedenis.

Deesdae word toerisme aangemoedig – Suid-Afrikaners het byvoorbeeld nie’n visum nodig nie, die amptenare is hulpvaardig en die inwoners van dorpe en stede vee hulle strate mooi skoon. Iets waaraan ons wel gewoond moet raak, is die tydverskil (een uur agter ons) – en hier ry motoriste aan die “verkeerde” kant van die pad.

Anne se gewildheid neem toe met elke kilometer wat ons deur Angola vorder. Hier bestuur vroue nie eintlik nie, en’n vrou op’n motorfiets is nóg méér seldsaam!

Gepraat van motorfietse: Die rede waarom ons Honda XR250 Tornado’s ry, is omdat hierdie buksies lekker lig, suinig op brandstof, en eenvoudig is om te onderhou, terwyl hulle maklik hanteer, selfs met al ons bagasie. Beslis die regte keuse vir ons behoeftes.

’n Entjie buite Ondjiva kom ons af op die wrak van’n Russiese T54-tenk,’n oorblyfsel van’n oorlog wat 17 jaar gelede beëindig is. Die loop mik hemelwaarts, na’n onsigbare teiken…

Dis warm hier, warmer as in Botswana. Ongeveer 100 km noordwes van Ondjiva, by Xangongo, strek die EN105-snelweg oor die Kunenerivier. Die water lyk vlak, maar dis’n breë rivier met’n lang brug.

breë rivier met’n lang brug. Op’n ou gedenkteken, nou’n vae terugblik op die land se geskiedenis, is’n verslete aanhaling van Fidel Castro. Die gebreekte uhuru-kettings wat vryheid simboliseer, is geroes en onkruid breek deur die klipwerk.

Die landskap verander mettertyd. Soos ons Cahama nader, raak dit al hoe sanderiger, en mopanie-en palmbome maak plek vir vetplante wat verbete vasklou in’n dorre landskap.

Aan die buiterand van Lubango pak die onweerswolke saam. Dit is net voor donker en die Tracks4Africa-kaart op my GPS sê daar’s’n kampplek met die naam Casper-lodge hier naby. In werklikheid is dit net’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related Books & Audiobooks