Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Algebra van nood
Algebra van nood
Algebra van nood
Ebook118 pages25 minutes

Algebra van nood

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie bekende digter se eerste bundel in byna 13 jaar is ’n belangwekkende gebeurtenis wat menige poësieliefhebber sal laat regop sit. Baie van die gedigte is oor kenmerkende De Lange-temas en onderwerpe (die homoërotiek, dwelmgebruik, die skryfkuns) en die deurlopende tematiek van nood word met verrassende skakerings oorgedra, ’n boeiende kaleidoskoop van fasette van die menslike nood, angs en weemoed. Die gedigte is poëties onopgesmuk, met ’n deurleefde deernis met die mens en sy emosionele wêreld. Die reeks “in memoriam”-gedigte vorm ’n hoogtepunt binne hierdie konteks. Bekroon met die Hertzogprys vir poësie in 2011.
LanguageAfrikaans
Release dateMar 1, 2013
ISBN9780798154192
Algebra van nood
Author

Johann de Lange

Johann de Lange is op 22 Desember 1959 in Pretoria gebore. Sy debuutbundel, Akwarelle van die dors (1982), is met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy vierde bundel, Wordende naak, word in 1990 met die Rapportprys vir Poësie bekroon. Die algebra van nood, wat in 2009 verskyn het, is in 2011 met die Hertzogprys bekroon.

Read more from Johann De Lange

Related to Algebra van nood

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Algebra van nood

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Algebra van nood - Johann de Lange

    Die algebra van nood

    Johann de Lange

    Human & Rousseau

    Die uitleg van gedigte en afbeeldings in hierdie digitale uitgawe verskil moontlik van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings op hul leestoestel vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    vir Joan

    These fragments I have shored against my ruins

    T.S. Eliot

    I. Hiermaals

    The trees are coming into leaf

    Like something almost being said;

    The recent buds relax and spread,

    Their greenness is a kind of grief.

    Philip Larkin

    Inval van die lente

    Die opmars is steels:

    van kloot na stingel na loot

    word die winteruitvaart pril ontwy.

    Drie moerbeie

    salueer adret die nuwe seisoen

    fier in hul strak uniform,

    deur elke ogie bot ’n groen knoop.

    Duskant die palissade hef

    ’n falanks kannas

    hulle bloedrooi

    swaarde in gelid,

    met hoër op trompettertjies

    se bont taptoe. Die tuinhek

    swaai kopergroen op ’n speelpark

    oop met nóg verder weg bivak

    op bivak tussen heuwels

    waar ’n ruie horde voetsoldate

    met salvo’s vlaag op vlaag ontplooi.

    Voorstedelike aubade

    Die lyster skud die nanag uit sy vere.

    In sy oog van obsidiaan

    kaats die dwaallig

    van ’n suikerkan-son.

    Laventelbos & katjiepiering

    wierook op die ligte wind,

    & lok die onledige bye,

    daardie stropers met geel kuite.

    In die gonsende korf

    van kniediepvoordag dans & tol

    sterre sonder tal

    die taai logaritme los.

    Groen

    Woord waarin ek sluimer

    omgroen my. Die treurmoerbei

    is ’n bruilofsfees

    van groen strikdasse.

    Die slak slaap nog dig

    teen die skurwe bas

    & onder die struike

    tarentaal

    skaduwees veerlig.

    Kunsklas met moerbeiboom

    Die moerbeiboom staan

    winterstrak gemondriaan,

    afgeteken teen die grou ets-

    plaat van die lug: ’n winterkou

    waarin wit windstiltes hou.

    Kom somer sal die vink & spreeu

    met oggendsang weer purper note

    kwastig van die lote hang.

    Die rooikrans-pit

    Die rooikrans-pit

    het ’n rooi lys

    om die git om

    kraaloog die blik

    te vang van die diederik.

    Die maraboe

    vir Ina Rousseau

    Die maraboe buig

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1