ONTSNAP NA KAAPSE WATERS
Die eerste keer toe ek ’n sloephaai gewaar, vat ek ’n haastige hap suurstof en sit hom dadelik agterna. Ek duik onbeholpe in die kelpwoud agter die groot grys fatsoen van die haai aan. Maar dié flik moeiteloos sy stert – en verdwyn.
Terug bo die water babbel ek opgewonde terwyl my meer ervare duikmaats hulle oë agter hulle duikbrille rol.
’n Paar weke later, in dieselfde baai, kruis ek paaie met ’n kortstert-pylstert. Weer sit ek hom agterna met ’n geleende GoPro in die hand, maar dis tevergeefs... Die pylstert gly soos ’n duikboot oor die sand en verdwyn. Ek jaag ook streephaaie, rooi romans, robbe, seekatte... Ek “jag” met my kamera, ploeter deur die kelp, my vingers dom van die koue.
Ek is ’n tipiese wally – ’n groentjie wat nie weet wat sy doen nie.
Dis nou vier jaar dat ek dié stokperdjie beoefen en ek het intussen baie geleer. Dit verg meer as net op die oppervlak ronddobber met ’n snorkel en duikbril. Jy duik áf, bodem toe. Jy hou jou asem la-a-ank op en bly met behulp van gewigte (’n duikgordel) onder om vir langer meer te kan sien. Snorkelduik is soos meditasie – dit verander jou hoe langer
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days