Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die afwesigheid van berge
Die afwesigheid van berge
Die afwesigheid van berge
Ebook106 pages47 minutes

Die afwesigheid van berge

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van Die afwesigheid van berge vorm, slaan die leser met die een kragtige golf van poëtiese besinning na die ander: die Bedevaartslied (“Op dié reis blyk die reisiger / onverwags ongereed te wees . . . ”), Hooglied (met stralende liefdespassasies) en Danklied. Dit is die spreker (’n alleman) se reis onderweg na die dood – die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasieë waartoe die bewussyn geskok word. Maar die spreker is sterwend in hiérdie land. Trouens, hierdie land sing dikwels saam in die liedere, in refreine wat die slagspreuke, clichés en jargon is van nie net ’n nuwe Suid-Afrika nie, maar van ’n nuwe tegnologiese era. ’n Persoonlike bundel, maar ook ’n aktuele een.
LanguageAfrikaans
Release dateMar 15, 2014
ISBN9780798164955
Die afwesigheid van berge
Author

Louis Esterhuizen

Louis Esterhuizen het in die Vrystaat grootgeword, en aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Daarna het hy skool gehou in Bloemfontein, Bethlehem, Pretoria en Rondebosch. Hy is tans die bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Hy het in 1986 debuteer met die digbundel, Stilstuipe (wat op die kortlys vir die Rapport-prys was); daar het sedertdien nog nege digbundels uit sy pen verskyn. Sy bundel Wat die water onthou is met die Protea Poësie-prys bekroon.

Related to Die afwesigheid van berge

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die afwesigheid van berge

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die afwesigheid van berge - Louis Esterhuizen

    Die afwesigheid van berge

    Louis Esterhuizen

    Human & Rousseau

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Die afwesigheid van berge mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Vir Marlise.

    En vir Chris, my Nederlandse vriend

    wat wou weet hoe dit is.

    ek wil na die rante gaan

    waar die aalwyne brand soos aas vir die sterre

    waar die miere vestings bou om ’n bruid

    waar ’n vinger in die stof die seisoene voorspel,

    ek wil die hemelruim betas,

    ek wil op die aarde lê,

    ek wil die berge sien loop,

    ek wil leef

    soos net die dood nog kan lewe

    – Breyten Breytenbach

    Het was zomerdag.

    De doodstille straat lag

    te blakeren in de zon.

    Een man kwam de hoek om.

    Er speelde in de verte op de stoep

    een groep kinderen, maar die groep

    betekende niet veel,

    maakte, integendeel,

    dat de straat nog verlatener scheen.

    – Martinus Nijhoff

    Hoe kan jy vertel hoe dit is

    die straat, blinkwit geskrik een middag laat

    toe die man aan die bopunt verskyn

    en die groepie seuns

    met ’n kartondoos vir paaltjies

    nog altyd krieket speel in die pad

    terwyl twee bejaarde vroue al geselsend

    verbygestap kom met iewers

    in die buurt ook nog die moeë bouers

    se geduldige hamerslae – monotoon,

    soos die hond se onsekere geblaf

    toe die vreemdeling ’n oomblik lank

    huiwer, dan verder,

    al met die winter se blaarlose stiltes

    langs – dit is hoe dit is in die tuin

    waar ’n skeefgedrukte boom

    houding probeer vind

    teen aanklagte

    van heersende wind –

    Want sirenes laat in die nag

    is soos ’n tuimelaar wat greep verloor

    op die sweefstok

    en hieieiee-e-e-hô hieieiee-e-e-hô

    ruglangs deur wolke glip na waar die net

    nog nie gespan is nie

    sirenes laat in die nag

    is flitsberigte dat iemand oorgeskakel het

    van hulpvaardig na hulpbehoewend

    met ’n lewe wat ontspoor: hartaanval

    of messteek, motorwrak of

    rewolwerskoot: noodlot of eie toedoen

    selfs hiervoor bestaan daar geen

    regverdiging nie, want

    sirenes laat in die nag

    lewer jou uit, bring jou tuis

    as tuimelaar

    wat greep verloor

    met die terugswaai, laag

    in die vaart

    sonder om bewus te wees daarvan

    dat die tyd opgeskort is,

    presies om kwart voor

    amper verby –

    Terwyl julle slaap hou julle hande vas

    asof die nag ’n terloopse verbyganger is en die boom

    se lustelose geskuur teen die geut

    geen voorspel

    tot gure weer is nie

    met jul gesigte na mekaar toe gedraai slaap julle

    en julle weet nie

    dat die tyd van voorneme verander het nie

    dat mis uit die grond

    losgekom en reeds begin het

    om bome

    te verwasem nie

    dat voëls digter saamgebondel sit en pruil

    terwyl die vreemdeling

    in die tuin

    reeds

    die droom wat julle aan mekaar beloof

    betree het nie

    ’n BEDEVAARTSLIED om

    kwart voor drie en hoe geyk die geheue

    wat soveel sagter as ’n gister jul gordyn eenkant toe

    druk. Op dié reis blyk die reisiger

    onverwags ongereed te wees: gedaantes om jul bed

    met wapens gerig op die binneholtes

    van jul skrik. En slaan jy jou oë op na die berge

    om kwart voor nou, vir oulaas,

    is jul hulp kasdeure wat oopgeruk word

    om alle vensters vloeibaar te laat

    soos ’n gebed om kwart voor sterwenstyd.

    Vrees is nou die skaduwee in jul hand met die son

    ’n dooie versugting, bedags, en die maan

    ’n blote verswering agter yl gordyne, snags –

    Hoor jy straks nog die voëls in die bome, buite?

    Die tuinhekkie se effense keelskraap in die donkerte

    langs die huis? ’n Hond wat ver weg blaf

    en verlate, dan weer stil.

    Watter woord sal oplaas aan jou gegee word?

    Watter woord as jy reeds wegteer in hierdie landskap

    van pille, inspuitings, buis en masjien?

    Die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1