Weg! Platteland

Misplaas

Hoendermis, dís waarmee hy boer daar anderkant die blou berge. By die hoofpad se uitdraai na sy plaashek het hy die woorde “Mis te koop” op ’n sinkplaat geverf en dit teen die vol sakke mis staangemaak. Langsaan, op ’n staaltrommel wat aan ’n stewige houtstellasie vasgemaak is, het hy bo ’n gleuf geskryf: “Geld/Money”. En laer af: “Honesty box”.

Die misboer het vertroue in sy miskopers. Daarom laat hy dit aan hulle oor om die waarde te bepaal van die mis wat hulle neem – soos ’n dominee sy gemeente vertrou as die kollektebordjie omgestuur word. Hy weet egter nie almal in die wêreld is miskopers nie, en daarom maak hy sy trommel met ’n slot en ketting aan die stellasie vas.

Uit die trommel het hy al batterye, piesangskille, kondome en lekkergoedpapiere gehaal. En traktaatjies met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Kom Ons Gaan Kyk… En Leer
Min of meer reg in die middel van die land, daar waar die Oranjerivier breed en gespierd deur die dorre Noord-Kaapse Karoo sny, lê ’n dorp met ’n eienaardige lot: Die meeste Suid-Afrikaners was óf nog nie daar nie óf stel nie in die minste belang om
Weg: Platteland8 min read
Karoogoud Vir Jou Vel
‘Het jy al gevoel hoe sag is skaapskeerders en wolklasseerders se hande?” vra Leon en Hanli Stegmann amper gelyk toe Leon, die vyfde geslag op die plaas, in die ou skeerskuur op Kruidfontein ’n oopgespreide merinovag uithou. “Vryf dit tussen jou ving
Weg: Platteland1 min read
Om Van Vooraf Te Begin…
In Julie 2022 is al ons besittings gesteel gedurende die KwaZulu-Natalse plundertog terwyl dit in Westmead, Pinetown, geberg is. Ons moes letterlik van vooraf begin, maar dankie tog vir versekering. Nou het ons ’n nuwe huis in ’n aftreeontwikkeling o

Related