Weg! Platteland

Kiekies uit dieplatteland

Willem Pretorius is ’n kunstenaar wat gewone, soms onopvallende dinge met olieverf op doek vasvang. En dit is so al asof hy jou wil dwing om die mooi in die alledaagse te sien.

“Pretorius se oogpunt, die plek van waar hy waarneem, is die platteland. Hy is nie ’n stedeling wat soontoe reis vir vinnige besoeke aan klein dorpies nie. Daar is iets aan die skilderye wat eg voel – dis nie ’n buitestander wat die uitsig oor Burgersdorp skilder nie, of die graansilo met die nou geprivatiseerde koöperasie se handelsmerk op nie. Dis hoe hierdie plekke lyk en voel,” skryf Andries Bezuidenhout in die inleiding.

“Willem Pretorius spesialiseer in lig en die kwaliteit van lig. Sy skilderye gaan oor stadig ry, tyd verwyl, nie spandeer nie. Dit gaan oor onthou, soms ’n wêreld wat vir stedelinge verlore is, maar soms ’n tyd wat vir altyd verlore is. Tye toe water in oorvloed geloop het, toe die staat munisipale swembaddens vir klein bevoorregte gemeenskappe in stand gehou het. Nou dryf daar sinkplate in swembaddens wat in onbruik geraak

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland5 min read
Gekruiste Lyne
Die verlate tyd tussen twee-en vieruur in die oggend – die diep, stikdonker nag – het ek nog nooit vertrou nie. Dan voel dit of niks op aarde wakker kan wees nie, of selfs die klippe en vlieë en muskiete slaap. (Goed, dalk nié verpleegsters, vlermuis
Weg: Platteland1 min read
Om Van Vooraf Te Begin…
In Julie 2022 is al ons besittings gesteel gedurende die KwaZulu-Natalse plundertog terwyl dit in Westmead, Pinetown, geberg is. Ons moes letterlik van vooraf begin, maar dankie tog vir versekering. Nou het ons ’n nuwe huis in ’n aftreeontwikkeling o

Related