Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Verflenterde Verhale: Feëverhale, #4
Verflenterde Verhale: Feëverhale, #4
Verflenterde Verhale: Feëverhale, #4
Ebook51 pages30 minutes

Verflenterde Verhale: Feëverhale, #4

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Woedende vuur.

Vriesende koue.

Towerkrag wat los is.

Skynbaar onsamehangend, kom hierdie verhale bymekaar om te wys hoe die Ryke bots – en gee 'n smakie van wat oppad is vir Mens, Feë en Natuur.

Kan hulle die aanslag oorleef?

Gebruik die skuifbalk boontoe om nou te koop!

*Hierdie is die vierde boek in die Feëverhale reeks.

LanguageAfrikaans
Release dateNov 6, 2019
ISBN9781393600992
Verflenterde Verhale: Feëverhale, #4

Read more from Ronel Janse Van Vuuren

Related to Verflenterde Verhale

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Verflenterde Verhale

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Verflenterde Verhale - Ronel Janse van Vuuren

    Eerste Vries

    Mis vee woelend deur die bos, druppels klou aan blare vas soos sneeu op die grond vorm.

    Mer kyk hoe die blare van die bome van verskeie boomnimfe op die grond krummel in ‘n stortreën van oranje en bruin.

    Dit was tyd.

    Die sneeu-uile skiet deur die lig en neem dit weg terwyl die Yskoningin alles vries.

    Selfs die wete dat die ware Koningin van die winter, die Cailleach, nie almal sou laat vergaan nie, het Mer gebewe soos koud en donker haar boom verswelg.

    Eekhorings en vuil-vos-kabouters vlug. Woudkabouters doen hul bes om boompies te beskerm. Tog het ys oral ingesluip.

    Toe die ys-feë weg is, word die stilte oorverdowend.

    Mer kyk en wag dat ander roer. Haar vriende begin een vir een tekens van lewe toon.

    Vir ‘n slag sal die Winter nie hard begin nie.

    Die Battery

    Die waarheid.

    O. Dit... Max haal sy skouers op asof dit niks is nie. Patrick haal eweredig asem in ‘n poging om kalm te bly.

    Wel... Wat jy moet verstaan, is dat dit alles nuut is vir my. Hoe moes ek weet dat hy dit sou glo – maak nie saak wat nie?

    Het hulle dit nie aan jou verduidelik nie?

    Kan wees. Maar reëls en wette en al die dinge wat gaap-werdig is... ek het seker uitgeklok.

    Meer waarskynlik dat jy aan die slaap geraak het.

    Aartappel, tamatie.

    Patrick maak sy oë toe. Gaan net voort.

    Soos ek gesê het, die beswendel werk. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd kon ek die beste van iemand kry wat met die eerste oogopslag té rasioneel lyk om vir enigiets te val.

    En jy het dit nie agterdogtig gevind nie?

    Geensins. Ek het dit al vantevore gedoen.

    Het jy al ‘n hele land verkoop?

    Wel, nee. Maar ek het al geboue en eilande verkoop wat ek nie besit nie...

    Patrick sug en gaan sit.

    Max, hier is die ding: jy het magiese kragte. Wat beteken dat jy verantwoordelik moet wees.

    Ja, ja. Met groot mag kom groot verantwoordelikheid.

    Ek sou niks hier ‘groot’ noem nie.

    Ek –

    Nee. Jy het ‘n eed afgelê toe ons jou gevind het, toorkrag nuut vrygestel. Nou sal jy die eed nakom.

    Jy bedoel... Max sluk.

    Jy het meeste van ons wette oortree. Jy sal mooi lyk in die tuin.

    Patrick klem sy kakebeen terwyl die skaduwees Max wegneem – om die toorkrag te voed wat hy so ondenkbaar gebruik het.

    Onheil

    Die vuur woerts verby hulle en verteer die vallei voordat dit teen die berg opkruip.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1