Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Chinchilla
Chinchilla
Chinchilla
Ebook247 pages3 hours

Chinchilla

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Nanette van Rooyen se roman Chinchilla vertel die boeiende verhaal van Lea, wat in reaksie op huishoudelike geweld waartydens sy ʼn kind verloor, vanuit Swakopmund terugkeer na haar geboorteplaas in die Roggeveld.
Te midde van Bastos die chinchilla-slagter, Zacharias die obsessiewe valkenier, Krisjan die Simpatieke en Mirjam die dorpsbanshee, begin sy haar helingsproses . . .
“Chinchilla is ʼn andersoortige teks met ʼn eie tematiek, ʼn eie ritme en ʼn eie taalidioom. Kortweg, dit is besonders.” – Henning Snyman
LanguageAfrikaans
Release dateDec 2, 2015
ISBN9780798172820
Chinchilla
Author

Nanette van Rooyen

Nanette van Rooyen is op 3 November 1962 op Sutherland gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Vredenburg en verwerf ʼn BA Tale-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy behaal ook ʼn Hoër Onderwysdiploma in 1984. Sy gaan hou skool vir ʼn jaar in Umtata en werk daarna by ʼn paar uitgewers. Sy het al ʼn hele paar kinderboeke geskryf, maar sy debuteer in 2001 met die kortverhaalbundel Om te vlerk. Dit is in 2002 met die RAU-Mardene Marais-prys vir die beste skeppende debuutwerk bekroon. Nanette se eerste roman, Chinchilla, het in 2007 verskyn. Dié roman was die resultaat van haar MA-graad in skeppende skryfwerk wat sy in 2003 aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het.

Related to Chinchilla

Related ebooks

Related articles

Reviews for Chinchilla

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Chinchilla - Nanette van Rooyen

    Chinchilla

    Nanette van Rooyen

    Human & Rousseau

    Vir my ma, Albie Esterhuyse

    There is a pleasure sure in being mad

    which none but madmen know

    – John Dryden, The Spanish Friar

    1

    Lea skuif die kantgordyn voor die kamervenster weg. Sy blaas op die ruit en kyk hoe die wasemkol stadig kleiner word.

    Swakop se son word elke dag bleker op die mure. Daar is ’n mossige reuk aan hierdie huis. Martin se toe huis. Die weer beklem haar, sodat sy haar gesig styf teen die venster druk om die wolke daarbuite te sien.

    Miskien moet sy uitgaan na die kaal witstinkhoute in die hoek van die tuin. Sy kan gaan kyk of daar nie dalk ’n verwarde botsel of twee aan die takke skuil nie. Iets wat die godsverlatenheid van die winterbome sal ophef.

    ’n Kind het laas week deur my lyf geval, sê sy hardop sodat die sin wasig teen die glas gaan lê. Ek het hom verloor, hom kwytgeraak. Soos een van Zacharias se wegvliegvalke oor die peperbome. Of soos die natpels-werpling van die chinchilla, maar met toe oë.

    Sy gaan soek na lug. Toe sy die voordeur oopmaak, sien sy die sak slakke wat sy die vorige dag in die tuin bymekaar gemaak het. Daar lê hulle. In ’n Ziploc-plastieksakkie, afgesluit van suurstof. Sy buk af en volg met haar vinger die groen borrels wat aan die plastiekwand kleef. Barok-krulle slakstront.

    Sy tel hulle op en gaan gooi hulle in die munisipale vullisblik agter die huis. Sy wil nie met die bewys van hul versmoring in die huis leef nie. Toe sy die vullisblik se deksel oplig, kom ’n trop skoolkinders op fietse by die huis verby. ’n Stofwolk van spoed en skel fietsklokkies. Die kabaal laat haar terug die huis in hardloop.

    Lea gaan sit langs die telefoon en luister na haar raashart. Miskien moet sy die Duitse buurvrou bel om sommer te praat oor haar geraniums. Hoe om hulle gesond gepot te hou, hoe die son op hulle moet val. Of sommer om uit te vind waar presies die vrou vandaan kom. Miskien kan sy haar dan vertel van Sutherland.

    Van die bondel kliphuise wat daar soos kuddediere bymekaar hou. Die stofstrate met bekende voetspore. Van die kerktoring wat as wagpos gedien het vir die Engelse in 1901. Hoe sy hulle by die naam ken aan die graffiti wat daar uitgekrap staan. God se fort, soos Zacharias dit noem.

    Van Sutherland se helder sterre sal sy haar vertel. Die sterrewag, waar hulle ’n teleskoop gebou het waarmee ’n mens ’n kersvlam op die maan kan sien brand.

    Haar dorp, waar die mense nog kerkklok lui as ’n kind gebore word. Waar Mirjam die sterwendes kalm sing en mooimaak vir die ander kant. Mirjam met die onpaar oë, en dan die een tussenin, waarmee sy vooruit kan kyk.

    Sy sal die Duitse buurvrou vertel van Zacharias en sy valke, en van haar marmer-ma op die voetstuk in die sonkamer. Dan sal sy haar sê van die das uit die Andes – die chinchilla. Dat dít eintlik is waarmee sy haar wil besig hou, die teel en versorg van die chinchilla. Dat dít is waarmee sy goed is. Sy en Krisjan met die dik are op sy bruin hande.

    So sal sy dan ook kans hê om te vertel hoe nutteloos en misplaas sy hier tussen die duine voel. Hier waar sy kom leef het met ’n man wat haar aanhou ter wille van sy liefde. ’n Man wat haar kom weglok het van die soutbos en ysterklip, die kareebos en die klipperige oop veld.

    Wat sal ek heeldag maak? het sy hom gevra op pad hierheen.

    Skryf die storietjie klaar wat jou ma jou agtergelaat het. Die diminutief, met opset direk in haar derms. Hy het haar kleretrommel met sy voet oor die drumpel gestoot, haar in sy arms opgetel en ingedra asof daar klarigheid was met alles.

    Aan die begin was die skaapwagter en sy vrou tevrede. Soggens het sy saam met hom deur die veld geloop tot by die klein deurloop van die rivier. Dan het sy die fles oopgedraai en vir elkeen ’n koppie koffie geskink. Die skaapwagter het die broodjies met versigtige vingers uit die omhulsel gehaal en op die moeseliendoek uitgepak.

    Sy het besef hoeveel sy reeds van haarself verloor het. Hoe maklik dit is om geheime weg te gee wanneer die lyf nog gul is en die hoop sonder grense.

    Daardie aand het hy die laken oor haar lyf gladgestryk en gesê dat hy op nagdiens sou wees. Sy het die sleutels hoor klingel, al met die tuinpaadjie af tot in die garage. Die donker geroffel van die garagedeur. En toe die stilte.

    Drie-uur die volgende oggend het hy dieselfde laken weer van haar afgeruk en sy merke op haar kom maak. Dis toe dat sy hom vir die eerste keer werklik geruik het.

    Lea lig die gehoorbuis van die mik af en luister na die prrr-geluid totdat dit oorgaan in ’n lang fluit. Toe sit sy die foon neer en loop kamer toe.

    Met een haal trek sy haar chinchilla-karos van die bed af. Sy gaan grawe agter in haar kas tot sy die molvelboekie raak vat, en draai die pels daarom voor sy dit in haar rugsak inprop. In haar trommel bondel sy haastig ’n paar stukke klere. Sy trap die deksel toe en gaan sit op die trommel om haar stewels op te ryg. Sy swets onder haar asem oor die ewige lang veters wat bly knoop om haar vingers.

    Sy gaan haak haar velhoed agter die kamerdeur af en loop telefoon toe. Op die boodskapblok skryf sy vir Martin ’n nota:

    Ek kom nie terug nie.

    Sy bewe só dat sy drie keer moet skakel om die regte nommer vir ’n taxi te kry. Toe sy die deur agter haar sluit, staan sy met die sleutel in haar hand. Sal sy dit onder die matjie los of in die blombak by die voordeur? Toe lig sy haar arm en moer die sleutels oor die dooie grasperk tot waar dit in die welwitschia wegraak.

    Sy hoef dit nooit weer te kry nie.

    Nou nog net ’n laaste ding. Sy stap om die huis na haar kruietuin in die agterplaas. Tussen die laventel en roosmaryn buk sy en grawe met haar hande tot sy die bliktrommel onder haar naels voel. Sy woel die grond weg van die trommel en lig dit tot op haar dye. Binne-in is die drie kledingstukke van haar ma wat sy uitgekies het om saam te neem voor hulle uit Sutherland weg is. Dis die salmkleurige tafsyrok met goue embosseersels daarop, die wynrooi veloerrok met die lang klokmoue en die woudgroen cape wat tot op die grond hang. Terwyl sy die sand van haar hande afstof teen haar sye, onthou sy die aand van die wynrooi rok. Hy het haar op die jetty gekry waar sy na die volmaan gaan kyk het.

    Trek uit, het hy deur sy tande agter haar gesis. Haar arm na agter gebuig sodat sy vooroor moes beur met haar voorkop teen die houtpaaltjie. Twee, drie keer het haar gesig die houtpaaltjie getref. Toe sy op hom gevloek het, het hy haar arm gelos en die ritssluiter met albei hande oopgeskeur tot onder op haar kruis. Toe sy later terug by die huis kom, het hy vir haar op die stoep ingewag met ’n warm handdoek. Van toe af het sy haar ma se klere in die trommel begrawe en hy het vir haar stapels rokke aangedra wat sy nooit gedra het nie.

    Lea staan met die trommel in haar arms op en stap stadig om die koue huis met die wit mure. Toe sy die derde keer by die voordeur verbykom, hoor sy die taxi. Dit kom in ’n stofwolk voor die huis tot stilstand. Die masjien luier grof en raserig. Vanuit die venster bons popmusiek. In groot swart letters staan ’n telefoonnommer op al die deure. Daaronder is die taxi ’n skreeugeel, verlossend en onbesonne soos ’n botterblom in die lente.

    2

    Die tweedag-treinrit vanaf Swakop laat Lea verslete voel. Die aarde beweeg onder haar wanneer sy stilstaan. Haar kop voel hol en haar ore is dof van die treinwielritme toe sy op Worcester-stasie aankom. Sy oorweeg dit om eers hier in ’n klein hotelletjie tot verhaal te kom, voor die tog uit Sutherland toe, maar die gedagte maak haar angstig. Sy wink ’n taxi vanuit die skadu van ’n streep bloekoms nader. Poskantoor, asseblief.

    Sy rol dadelik die agterruit af, want die bestuurder se vel damp van die vorige nag se drank. Verby hulle skuif massas Saterdag-drentelaars met arms vol kinders en inkopiesakke. Die lug ruik na boerewors. Oor ’n luidspreker hoor sy hoe die middag se dorpsrugby verkondig word.

    Voor die poskantoor waar die taxi stilhou, sit ’n blinde man en speel op ’n klawerbord. Langs hom sit sy blinde gesellin en sing met haar gesig gelig na die donker son. Sy het haar wit kierie geanker in die laphoed wat voor haar voete lê. Lea gaan maak haar beursie in die hoed leeg, ’n bondel Namibiese dollars en enkele munte.

    Toe sy die poskantoor instap om Zacharias te bel, sien sy hoe Kat Toelies ’n possak agterin sy waentjie laai.

    Is Sutherland op jou roete? vra sy vlak agter hom.

    O, gottatog! Hy vlieg om en gryp met pofferhande na sy bors. Sy ronde gesig verloor vorm soos hy lag toe hy die vroumens agter hom sien. Op roete, ja!

    Hy vryf sy hande teen mekaar en kyk skreefoog na haar, kop gekantel. ’n Vrou van vroegdertig. ’n Bos donker hare in ’n vlegsel oor een skouer. Haar onderlip gebars soos een wat uit die droogte kom. Haar dun nek laat die kop met die hoed buite verhouding met haar skouers lyk. Maar dis die leeuoë in die skadu van die hoedrand wat hom tot orde roep.

    Ma’ is jy nou, of is jy nie …?

    Ja, ek is, knip sy hom kort. Zacharias is my pa. Ek wil saamry Sutherland toe.

    Op pad tel sy die garingbome, dig teen die pad. Hulle is almal nog daar. Ook die skraal wilgers met hulle takke soos waterstroompies wat afwaarts gevries het. ’n Bleeksingvalk op die telefoonpaal. Die roeserige kliprante. Verlatekloofpas.

    Om op die vooraand van die wit winter op Sutherland aan te kom pas haar. In die maand van Mei. Dit beteken dat sy haar sal kan toevou, en weghou van die ander.

    In die pas staan die tolhuis afgeëts teen die skemer, klein en enkel. Die mure stom gekalk, en gevul met gekwelde geeste. Kat Toelies skel die bobbejane wat, soos hy glo, die klippe kransaf rol vir hulle plesier. Sy waentjie kreun as dit uitdraai vir die gebreekte rotse in die pad, en om die haarnaalddraaie beur dit na bo. Sutherland lê hoog, soveel nader aan die sterre as enige ander dorp waarin sy al ooit was.

    Twee uur later stop Kat Toelies met sy poswaentjie voor Sutherland se hotel. ’n Flou lig skyn onder die toe voordeur, waar die twee sementleeus voorheen aan weerskante van die fasade gesit het, is nou lampe met blouerige ligte in. Sterrewag-besoekers word in drie tale welkom geheet. Links van die hotel klou die off-sales soos ’n bang kind aan die moedergebou. Vyfliter-papsakke for sale. Regs om die hoek is ’n nuwe koffiewinkel wat op ’n swartbord in die venster melktert en maaskaastert aankondig.

    Ga’ jy nou regkom, kind? vra Kat Toelies met sy hoed in sy hand. Die vroumens wat so sonder woorde by die ruit sit en uitstaar, het hom skoon op sy senuwees. Hy skommel sy kunstande teenmekaar en draai sy venster af om die geur van aandete in te snuif. Nou het sy maag hom haastig.

    Dan gaan ek ma’ nou! sê Kat Toelies en slaan met sy regterhand op die stuurwiel. Sy antwoord nie, sit en staar net na die rugsak op haar knieë. Hy probeer weer klaarmaak. Ek kan jou maklik gou uitvat Bloutuin toe, dis mos maar ’n paar kilo’s verder aan?

    Daar is niks lewe by die vroumens nie. Sy sit met haar kop gekantel na die voordeur van die hotel. Dit lyk vir Kat Toelies of sy twyfel het oor afklim. Hy leun vorentoe en soek na haar gesig onder die hoed. Sy haal asem soos een wat diep slaap.

    Hoor jy my? Hy versit sy boude en krap agter sy oor. Met albei hande om die stuurwiel geklem, probeer hy weer: Moet Kat jou nou uitvat Bloutuin toe?

    Nee! skrik sy op. Zacharias weet van niks.

    Nou ja. Hy knik sy swaar kop en vryf sy hande teen mekaar. Dan is dit so. Nou kan hy dank-die-jirre-tog die deur oopmaak om die vroumens af te laai. Hy vlieg by die waentjie uit en gaan maak die passasiersdeur oop.

    Lea leun effe by die deur uit en kyk om haar rond.

    Die straatlampe is ’n erewag langs die hoofstraat. Wasemkoppe wat wag hou oor die dorp wat sy lê begin kry het.

    Skielik kom ’n kind verby hulle gehardloop. Hy klap met ’n pet op sy bobeen om vyf melkkoeie aan te jaag. Sy yl fluite trek angstig agter hulle aan. Hy’s laat met die bleddie koeie. Vanaand is die hel weer los. Die voorste koei, met die klok om haar nek, stoot met haar bek teen die donker en loei lank en droewig.

    Lea vryf oor haar voorarms wat hoendervel getrek het. Sy swaai haar voete uit en klim uit in die skemer van Sutherland. Sy druk ’n paar note in Kat Toelies se hand sonder om na hom op te kyk. Toe hy die agterbak oopmaak om haar reistas en trommel uit te tel, keer sy hom skerp: Los, ek sal regkom.

    Kat knik sy kop verleë en maal op die agtergrond rond totdat sy self die bagasie op die stoep van die hotel neergesit het. Eers toe sy regop langs haar bagasie gaan staan, trek hy weg.

    Lea bly in die stofwolk staan, hande in die sakke. Die vilthoed diep oor haar oë getrek. Met die uitlaatgasse wat teen haar aan walm, laat sak sy haar kop om haarself te ruik in die warmgebroeide serp. Toe sy weer haar kop oplig, klamp die koue oor haar gesig. Sy snuif die lug rondom haar in, bekende lug: die suur van die steenkoolhope langs die polisiestasie oorkant die pad. Die gomreuk van die ry sipresse langs die magistraatskantoor. Die reuk van lusern op die leë erwe tussen die kerk en die hoekkafee. Ook die vars beesmis in die straat. Regs van haar, die roes van die ploegskaar voor die hotel. Dit kom lê blikkerig in haar mond. En toe die vlamreuk van die hotel se kaggelvuur, die opgewarmde roet in die kaggel en die geur van brandende rooikrans.

    Hier is sy nou.

    Weg van die klewerige mis van Swakop en die vuurtoring se nagtelike koggelswiep oor hulle dak. Martin se huis met die kantgordyne in die kamer. Haar skuilgordyne.

    Sy haak die rugsak oor haar skouer en buk om die bagasie op te tel. Sy loop die voorportaal van Sutherland se hotel binne en druk die diensklokkie drie keer. Vanuit die kroeg klink die Vrydagaandboere se stemme op. In die agterplaas, weet sy, is ’n skaap op die spit. Die kole glim rooi onder die swart karkas. Die fluitnekke van vele bottels op die lang tafel met die bakke opgekookte aartappels daarop.

    ’n Naguiltjie in die peperboom roep nostalgies agter die sinkplaat-waenhuis oor hulle heen. ’n Vertroude prentjie.

    Voor sy hom sien, hoor sy MacKenzie skuifelend in die gang afkom. Sy laat haar kop sak, sodat net haar mond in die lig is. Langs die diensklokkie sien sy die glassteenbokkie, en onthou dit van daardie tyd af aan.

    I’m on my way, roep die hotelbaas en laat rinkel die bos sleutels in sy broeksak. ’n Onverwagte kliënt! Uitasem kom hy in die gang af gestoom tot voor haar. Room for the night, lady?

    Nee, mompel sy en wys na haar bagasie op die dungeloopte rooi gangmat. Maar ek wil my goed hier los tot môre.

    MacKenzie vryf oor sy baard en vat na sy bril wat aan ’n ketting om sy nek hang. Voor hy dit op sy neus kan sit, draai Lea deur toe. Iemand van Bloutuin sal dit môre kom afhaal. Uit by die deur.

    Of course, of course, roep MacKenzie en skuifel agterna met sy hand in die lug. But … nou sien ek mos eers. Hy lag sodat sy bril ritmies op sy buik rondhop. "By Jove,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1