Huisgenoot

’n Sprokie vir Stofland

HY HOU aan haar boarms vas, draai sy kop effens na agter en skree “voertsek!”. Net die een woord. En die lede van die Yankeez verlaat sleepvoetend, mompelend die gebou.

Rania was nog nooit so bang nie; tog is dit asof haar sintuie oortyd werk. In die skemerdonker sien sy alles raak – die stukkende vensters, bottelskerwe op die sementvloer, die sweetdruppels op Antony se voorkop en die arend op sy boarm getatoeëer. Sy voel die hitte van sy bolyf naby hare en ruik die vuil plasse water om hulle. “Asseblief,” pleit sy, “my sussie … my sussie is alleen by die huis.”

Dis nie nodig om te verduidelik nie. Almal in Stofland weet van Sarenda. Haar sesjarige sussie. Die stadige enetjie. Lucian se weggooikind. Dis veral nie nodig om aan Antony te verduidelik nie. Rania se grootste vernedering is vir altyd in haar geheue ingeprent.

Dit was kort

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Huisgenoot
REDAKSIE 021-406-4552 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEURS Cyril Blackburn, Suzaan Hall EINDREDAKTEUR Hugo Loubser PRODUKSIEREDAKTEUR Marius Visser INHOUDSREDAKTEURS Deon Lamprecht, Johannes de Villiers, Susan Samuel TEKSREDAKTEURS Brenda Pienaar,
Huisgenoot5 min read
’n Beter Lewe Vir Elijah
DIE blondekoppie sit knus op sy ma se skoot, en Michanka van Zyl skep met ’n teelepel van die koffie uit haar koppie en voer dit vir klein Elijah. Die mannetjie drink gulsig aan die boeretroos. Hy is al een jaar oud, maar hy kan nie self ’n lepel na
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee

Related