‘WAAR was jy, Lika? Ons het begin dink jy ’s reeds landuit sonder o m t e groet!”
Carmen omhels Lika soos ’n langverlore suster.
“Jammer ek’s laat.”
“Jy’s ons musikant, en ons wag almal om gees te vang.”
’n Dosyn gaste staan reeds rond. Lika ken almal behalwe die vreemdeling in sy noupassende donkerblou chino’s, spierwit hemp en Panamahoed in die hand. Sy naam is Lambert en hy is ’n myningenieur.
Ná die oor-en-weer groetery begin sy haar viool stem. Die Victoriaanse huis bied ’n onbelemmerde uitsig oor die stad en hawe ver onder. Sy is bly dat sy haar rooi uitklokromp en bostuk met spaghettibandjies dra. Dis feestelik sonder om uitspattig te wees. Haar donker krulhare, rooi lipstiffie en rooi toonnaels in fyn goue sandale voltooi die prentjie.
Sy speel eers Bach se “Allemande” in die mineurtoon wat die siel aanraak, en eindig met ’n lewendige stuk van Paganini.
Ná die applous sit hulle aan vir die feesmaal by ’n keurige tafel met