Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

'n Alfa se Domein
'n Alfa se Domein
'n Alfa se Domein
Ebook72 pages1 hour

'n Alfa se Domein

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Biljoenêr ysbeer-verwisselaar draai die hitte oop in sy betowerende yshotel.

Biljoenêr verwisselaar Ben Broyles word geteister deur sy tragiese verlede. Hy bou 'n betowerende yshotel as 'n toevlugsoord vir die bonatuurlikes in 'n gevaarlike wêreld. Wanneer die bose kabouters wat verantwoordelik was vir sy familie se moord by die hotel inboek, is Ben vasberade om hulle te keer voordat hulle alles vernietig wat hy opgebou het. Met sy hotel en lewe op die spel, moet Ben sy vyande stop voordat dit te laat is. Sally is die kurwerige en bekwame bestuurderes van die Wondernasium Yshotel wat dink dat sy alles kan hanteer. 'n Hele mengelmoes van bonatuurlikes wat vuurballe skiet in die voorportaal? Hanteer. Gaste wat prober die ander gaste opeet? Geen problem nie.

Maar daar is een ding wat Sally nie kan hanteer nie: Haar begeerte vir haar baas. Wanneer 'n stomende ontmoeting in Ben se kantoor haar hele wêreld onderstebo keer, moet Sally besluit of sy die towerkrag in haar wil omhels of wegvlug van haar ware self.

Dit is 'n paranormale romanse vir volwassenes wat sexy verwisselaars, plofbare towerkrag en 'n werkplek romanse insluit wat so warm is dat dit selfs die koudste hart sal smelt.

LanguageAfrikaans
Release dateJan 1, 2017
ISBN9781507167359
'n Alfa se Domein

Related to 'n Alfa se Domein

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for 'n Alfa se Domein

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    'n Alfa se Domein - AJ Tipton

    'n Alfa se Domein

    'n Paranormale Romanse

    AJ Tipton

    'n Alfa se Domein

    Skrywer: AJ Tipton

    Vertaler: Elmarié Smal

    ––––––––

    This book is for sale to adult audiences only. It contains substantial sexually explicit scenes and graphic language which may be considered offensive by some readers.

    This is a work of fiction. All characters, names, places and incidents appearing in this work are fictitious. Any resemblance to real persons, living or dead, organizations, events or locales is purely coincidental.

    All sexually active characters in this work are 18 years of age or older.

    Cover art by Padrón

    Copyright © AJ Tipton 2015 The right of AJ Tipton to be identified as the author of this work has been asserted by her in accordance with the Copyright, Designs and Patents Act 1988 (or other similar law, depending on your country). All rights reserved. No part of this book may be reproduced, stored in a retrieval system, or transmitted, in any form, or by any means (electronic, mechanical, photocopying, recording or otherwise) without the prior written permission of the author, except in cases of brief quotations embodied in reviews or articles. It may not be edited, amended, lent, resold, hired out, distributed or otherwise circulated without the publisher’s written permission. Permission can be obtained from a.j.tipton.author@gmail.com

    Sally gaan deur haar tabletrekenaar se lys vir môre se besprekings met 'n wye glimlag op haar gesig. Honderde gaste wat moet aanmeld vir die groot konferensie wat plaasvind by haar hotel, en die groep was ver verby eksentriek. Dit is een van die meer uitdagende konferensies waar daar 'n miljoen klein besonderhede is waarmee tred gehou moet word. Sy maak dubbel seker van haar lys wat al die gaste se buitengewone eetgewoontes en versoeke vir onreëlmatige akkommodasie stipuleer. Daar was meer as genoeg om haar en die personeel vir 'n paar dae lank mee besig te hou. Sally glimlag.

    My gunsteling.

    Die bestuur van die Wondernasium Yshotel was die beste werk wat Sally nog ooit gehad het. Dit was nie net die nuwigheid om in 'n gebou te werk wat geheel en al uit ys bestaan in die hoogte van somer nie, dit was alles: die vreemde gaste, die asemrowende ligging reg langs die Winter Wonderrnasium pretpark, en sy kan beslis nie kla oor haar baas nie.

    Ben Broyles was slim, visioenêr en so smeulend dat sy amper verbaas is dat die mure nie rondom hom begin smelt het nie. Hy was heeltemal buite haar bereik, natuurlik, en haar baas, maar 'n bietjie skadelose fantasering het niemand nog seergemaak nie.

    Sally! Een van die kroegdames, Lola, draf nader. Lola se uniform pas 'n bietjie styf om die bors gedeelte en haar hare—gevleg in 'n honderd swart vlegsels wat uit haar kop steek—frustreer Sally se innerlike sin van netheid. Lola was geleen van die kroeg onder in die straat spesifiek vir die groot konferensie. Die kroegdame se borste deins op en af en val amper uit haar top toe sy Sally aan die skouer gryp.

    Die, uhm, menere in die wittebrood suite brom dat hulle maaltyd heeltemal verkeerd is. Ek kan hulle van die kroeg af hoor.

    Sally trek dadelik haar tabletrekenaar onder haar arm uit en kliek deur haar databasis van al die gaste. Die inskrywing van die Mnre Nosferatu—verseker 'n alias—toon dat hulle aan 'n seldsame siekte ly wat hulle maaltyd opsies beperk tot uiterste rou vleis. Hierdie mediese toestand vereis dat bloedoortappings binnenshuis gedoen moet word en hulle benodig ook digte gordyne as gevolg van hulle sensitiwiteit teen sonlig.

    Sally sidder. Wat 'n aaklige manier van leef. Sy kliek deur haar verskeie kruisverwysings vir hulle vorige verblyf by die hotel en voel hoe die bloed uit haar gesig dreineer. Sy druk die knoppie van haar gehoorstuk wat haar oor omring.

    Sekuriteit, kom dadelik na die wittebrood suite. Sally draai na Lola. Gaan terug na die kroeg en doen wat jy kan om almal daar te hou, weg van die wittebrood suite af.

    Lola reageer met 'n ondeunde glimlag wat 'n bietjie skrikwekkend lyk. Het dit.

    Hoe nader Sally aan die wittebrood suite kom, hoe duideliker kan sy die geskree hoor.

    —noem jy hierdie? Hierdie wandaad sal nie geduld word nie! Dit is 'n belediging vir my meester, my volk en ons hele onsterflike gemeenskap!

    Regtig? Onsterflike gemeenskap? Hierdie vreemde diëte maak mense regtig knorrig, dink Sally en hou 'n ferm, professionele glimlag op haar gesig.

    Sy kom om die hoek gestap en vind die bron van die geskree. Een van Mnr. Nosferatu se entourage—'n gespierde vent, ten minste sewe voet lank en gebou soos 'n yskas—stap heen en weer voor die suite amper asof hy deur die ysmure wou breek. Mnr. en Mnr. Nosferatu, het intussen, stilweg aan beide kante van die wittebrood suite se deur te stane gekom, geklee in swart—swart besproke pakke, swart oopknoop hemde, swart dun dasse—met hul arms identies gevou, staan hulle so stil dat hulle soos standbeelde lyk wat die gewelfde gang versier.

    Die gespierde lid van die Nosferatu entourage toring oor Ned, die nuwe hoteljoggie, wat gehurk sit teen die teenoorgestelde muur met sy arms beskermend oor sy kop gevou.

    Hoe durf jy hierdie vernedering bring voor jou meerderes? bulder die enorme man, hard genoeg om die kristalkandelaar te laat skud wat aan die ysplafon hang. Sally was nou naby genoeg om die T-been biefstuk te aanskou, dit was so rou, amper bloederig, maar daar was bruin gedeeltes aan die rand. Ned krul in 'n stywer bal teen die muur en steek sy gesig weg.

    Dit is heeltemal genoeg, sê Sally. Die winter stewels wat sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1