Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Meulenhof se mense
Meulenhof se mense
Meulenhof se mense
Ebook172 pages2 hours

Meulenhof se mense

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Annemarie Herbst losseer by drie oujongnooisusters in die eens trotse opstal van Meulenhof aan die begin van die twintigste eeu. In nege briewe aan haar kêrel vertel sy die drie susters se verhaal.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 28, 2011
ISBN9780798154260
Meulenhof se mense

Related to Meulenhof se mense

Related ebooks

Related articles

Reviews for Meulenhof se mense

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Meulenhof se mense - Linda Joubert

    Meulenhof se mense

    Linda Joubert

    Human & Rousseau

    1

    Meulenhof

    De Rust

    1 Februarie 1904

    My liefste Jan

    Jy ken my tog al vyf jaar lank, nie waar nie, en jy is mos van plan om jou een of ander tyd in die heilige staat des huweliks met my te begewe. Ten minste, so het jy gesê toe ek eergister van julle af weg is. Nou ja, het ek jou al ooit aan ’n bars in ’n muur laat dink? Ja, dis reg, ’n bars in ’n muur … As jy miskien dink dis die tweehonderd myl wat vanaand tussen ons is wat my aantas en my so snaaks laat praat, kan ek jou maar sê dat dit nie die geval is nie. Daar is ’n muur, ’n pragtige, skynbaar soliede Ou Kaapse muur, witgekalk en met ’n stokou datum uit wie weet watter tyd bo in die gewel. Daar is selfs ’n lys van mollige houtseuntjies wat bokant die deur om en om rol. En tog is daar ’n kraak, ’n lelike kraak, eintlik ’n bars. En daardie bars is ek, ek, Annemarie Herbst, pas aangestelde onderwyseres vir klas I tot III in De Rust se Seminarium voor de Jeugd.

    En nou, my liewe Jan, jy weet hoe dit gaan met so iets in ’n huis – ek bedoel ’n bars. Die huismense bejeën dit met groot agterdog; dit word gedurig geïnspekteer; hulle dra klei en sand aan en probeer sorgvuldig toesmeer, maar watwou. In die oggend is dit maar weer daar. En glo my, dis nie bevorderlik vir die rus nie.

    Toe maar, my liefste, ek sal ophou om jou te terg. Ek kan al sien hoe jou swart wenkbroue nader na mekaar toe trek. En dan weet ek: nou moet ek lig loop. Laat ek jou alles vertel wat gebeur het sedert ek weg is.

    Soos jy aan die adres kan sien, het ek wel veilig en bewaard hier aangekom. Daar was geen moeilikheid met die oorklimmery nie. Jy het vergeet dat ek darem al twee-en-twintig is en die jare van die wysheid bereik het. De Rust lê hoog, bo tussen die berge, en lank voor ons hier aangekom het, was die Bolandse donker al om ons.

    Met die afklim op die stasie kon ek niks sien nie, net hoë swart gevaartes na links – seker die berge. Verder was daar een armsalige lantern wat rukkerig heen en weer geswaai het – die bergwind kom hier glo altyd op in die nag – en ’n stasievoorman. Hy het sy oë vaak-vaak uitgevryf … ja, dit was De Rust … Nee, hy weet van niemand wat juffrou Herbst kom haal het nie; hy’t gehoor sy kom eers môre …

    Wat moes ek doen? Ek het na my koffer en oorle Ouma se ronde hoedetrommel gewys en my splinternuwe handsakkie stywer onder my jakkie vasgedruk.

    Nee, hy weet nie; hy was maar net voorman, en as die trein eenkeer verby was, kon hy huis toe gaan. En intussen ruk die wind aan die panne, en die flou skynsel van die lantern skuif heen en weer oor die plaveisel. Dan vergeet ’n mens maklik dat jy ’n skooleindsertifikaat diep onder in jou koffer het, vasgemaak met ’n blou lintjie, en dat ou dominee Verwey vir jou tog so ’n mooi getuigskrif geskryf het. En wat van die Mispa-borsspeld wat ’n teologiese student met Kersfees vir jou present gegee het?

    Ek het na hom gekyk; hy het na my gekyk. Ons het al twee na die donkerte gekyk, en toe kom dit eindelik: Meulenhof is net hier anderkant.

    Meulenhof! Ek kon die woord net dom agternasê. Meulenhof. Ek het maar bra moeg en honger en verlore gevoel.

    Dis net hier anderkant.

    Maar wat daarvan?

    Dis waar die Vermeulens woon.

    Maar wie is die Vermeulens?

    En toe haal die voorman – ek het later uitgevind hy heet William Richard Potgieter, kortweg Bill – ewe tydsaam ’n stukkie tabak uit sy sak, rol dit versigtig tussen duim en voorvinger en steek dit in sy kies. Almal ken die Vermeulens.

    Die vader weet, as ek darem een van mnr. W.R. Potgieter se bloedjies in my klas moet kry … Ek het vyf getel; ek weet jy sê ’n mens moet tien tel voor jy praat, maar dit was al laat en ek was moeg. Meneer, ek is vreemd hier.

    Ek sien, en hy skuif die pruimpie na die ander kies. Dis juffrou Sarah, sê hy nadenkend, en juffrou Pauline en juffrou Nellie. En toe eindelik: Dis waar die nuwe juffrou gaan bort. Die dominee het vir haar daar plek gekry, by Meulenhof.

    Ek het my bliktrommel opgetel. Beduie my maar net waar dit is. Ek mag tog seker my koffer solank hier laat bly …

    Maar toe word Bill Potgieter mos ineens spraaksaam: Dis vir jou ’n snaakse spul daar.

    Loop ’n mens op of af ? Ek was by die trap wat na die straat gelei het.

    Dié juffrou Sarah, sy is nie ’n maklike een nie, seker al goed vyf-en-dertig, en nog net so koppig soos vroeër.

    Meneer, asseblief.

    Ek sou nie graag daar wil gaan bort nie; ’n streep, dis wat hulle het, hulle almal, die kamtige ryk Vermeulens. Maar vertel jy my, as dit so goed gaan, waarom neem hulle ’n vreemde in, veral juffrou Sarah. Sy is die een wat soos ’n laaistok loop van pure trots. Nee, daar is dinge wat nie reg is nie, glo jy maar vir Bill Potgieter. Wanneer is daar laas wyn getrap daar langs hulle kelder? En die stalle! Die laaste een is dolleeg. En ek weet hoe ou Ewert Vermeulen oor sy pronkmerries was. Sowaar, hy sou in sy kis omdraai as hy die dakke vandag moet sien. Dis ’n gelek winters dat jy die muf ’n blok ver kan ruik. Maar Sondags moet jy hulle ken. Dan is juffrou Sarah voor, agter haar juffrou Pauline en laaste juffrou Nellie soos hulle in die Vermeulen-kerkbank inskuif, net of die hele Stangwêreld nog aan hulle hoort, soos vroeër. En dan kry ek so lekker, want net anderkant hulle sit Malan du Toit. Hóm ken jy seker, ou ryk Du Toit van Nordienshalte. Dis mos met hom wat die affêre destyds was …

    Watter affêre? Ek bly maar ’n nuuskierige mens, Jan, en buitendien, ek sou mos by die mense gaan loseer. Maar toe ek begin uitvra, het ou Bill soos ’n mossel toegeklamp.

    Nee, dis niks nie, sommer iets wat al jare gelede plaasgevind het. Baie jare, ’n ou storie. En hy kry so lekker onder sy yl baardjie. Ek is nie ’n man wat van my medemens praat nie. En met dié neem hy my hoedetrommel uit my hand en trap versigtig af. Ek sal jou soontoe neem, dis in my koers, maar laat ek jou net sê: Bly uit juffrou Sarah se pad. Sy het daardie een suster van haar, Pauline, al lankal gedaan gemaak. Juffrou, jy ken mos daardie nagapies. Hulle bly so diep in die donkerte en net so nou en dan steek hulle hulle koppe half bedeesd uit. En as ’n mens net roer, ruk hulle terug. Ek het daardie tyd met juffrou Sarah se affêre gesê: Nou sal Pauline ook nie trou nie, al lyk sy soos een van tant Krissie Luyt se perskerose, so lig en mooi en sag. En sowaar … maar hier is die huis. Nou ja, dis so ver as wat ek sal kom. Kyk, daar is nog lig in een kamer.

    Ons het al twee stilgestaan en na die wit voorkant van die opstal gekyk. Selfs in die donkerte kon ek die pragtige gekartelde lyn van die ou Hollandse gewel sien, en waar die lig deur die venster geskyn het, was die ruitjies klein en met donker hout omraam. Daar was ’n struik langs die voordeur en in die nag kon jy dit wie weet waar ruik.

    Bill het die hoedetrommel neergesit. Dis juffrou Nellie se lig wat daar brand, so laat in die nag. En dis elke nag se ding as ek hier verbykom ná die trein in is. Sy moet baie sleg slaap. Ek wonder wat sê juffrou Sarah daarvan. Maar nou ja, Nellie was ook al lankal mondig, en as sy nou buite loop, dra sy gereeld ’n kappie dat ’n mens nie die wit streep in haar hare moet sien nie. Sarah sal nie nou meer vir haar kan sê wat sy wil nie. Nellie is nie Pauline nie, sy is ’n regte Vermeulen. Tja, en hy klap met sy tong, daar gaan nog ’n mooi ding kom tussen daardie twee, ’n mooi ding. En toe hoor ek die hekkie agter hom toeknip.

    Ek het my jakkie reggetrek en my hoedjie (jy weet, dis die een met die veer wat jy sê wat so parmantig lyk) effens agteroor geskuiwe. Dis wonderlik wat so ’n rooi veer so teen halftwaalf in die nag aan ’n mens kan doen. Ek het sommer weer moed gehad toe ek die deurklok se tou trek. Dit moet gegiet gewees het uit egte koper, die klok, want die lui het lank en helder bly bengel so deur die stil tuin.

    Die sleutel draai in die slot en die yslike deur swaai in.

    Ja. Dit was net die een woord. Nie vra na wie of wat buite wag nie. ’n Mens sou dink dat waar drie vroue alleen bly, hulle baie versigtig sou wees, maar net: Ja.

    Die skyn van die kers het die deuropening lig gemaak en sy het voor my gestaan – juffrou Sarah. Dit kon niemand anders gewees het nie. Omtrent vyf-en-dertig, het Bill gesê, en so regop soos ’n laaistok van die trots. Maar ’n pragtige mens, Jan. Daarvan het hy niks gesê nie. Pragtig, selfs met die vyf-en-dertig winters agter haar.

    Ek het geskryf: vyf-en-dertig winters. Dis nie soos ’n mens gewoonlik praat nie. Maar dis waaraan ek op daardie oomblik gedink het. Onthou jy verlede Julie toe ons op ’n oggend by die ou pan was? Die grond was spieëlblink van die ryp. Daar was ’n boom op die wal, en al wat takke was, was klipsteen gevries. Dit was baie mooi, daardie gestolde boom, ysig mooi, asof daar nooit iets anders was as die rypstil leegte nie. Maar ek kon dit nie verdra nie. Ek het sommer die perd se kop omgepluk en die wydtes ingejaag, weg uit daardie koue, blink wêreld. En toe ons later die vuur gepak het vir die koffie, het ek my hande styf gevou om die keteltjie.

    Juffrou Sarah en ’n winterwêreld – wat ’n gedagte vir ’n Februarienag as die Bolandse somer die blouhanepoot nog skaars ryp gebak het. Onsinnig, nè? En tog, verlede nag daar op die drumpel van die ou huis wou ek weer die veld in, sommer weg.

    Sy het nie weer gepraat nie, net die kers ’n bietjie vorentoe gehou om my beter te kan sien.

    Ek is juffrou Herbst, Annemarie Herbst, en ek verstaan dat u vriendelik ingewillig het om my te loseer.

    Ons hou geen losieshuis aan nie, juffrou. Droog en finaal, en vir ’n oomblik was dit of daar ’n onvergenoegde trek op haar gesig kom.

    Maar dit is tog Meulenhof.

    En toe stap sy vorentoe met die kerslig ’n geel kring voor haar. Dit is Meulenhof, sê sy en saam met haar het ek weer om my heen gekyk, na die tuin met sy outydse rankroosboë en die diamantvormige beddinkies. Daarna vat sy met haar hand oor die hout van die deur, soos ’n mens ’n kind se koppie streel. Sewentien vier-en-vyftig. Sien jy, juffrou? Sewentien vier-en-vyftig. Haar stem was nou warm, laag. Ek het na die datum onder die lys gekyk, maar kon dit nie uitmaak nie. Daarvoor was die lig te swak.

    Byna tweehonderd jaar! En dan praat hulle van ‘loseer’. Dit was weer die vrou wat gepraat het, en haar stem was so bitter dat ek sonder om te weet ’n paar stappies agteruit gegee het.

    Dan is dit ’n misverstand, kry ek darem nog uit terwyl ek so retireer.

    Maar toe hou sy ineens haar hand uit. Wag, juffrou, wag. Kom binne.

    Ek lig my kop op. Maar …

    Ek het beloof om jou in te neem. Dominee het aangehou, en ons het die plek. Meulenhof is gebou vir ’n groot gesin. Een grootjie het elf kinders gehad, en dit was nie een te veel nie. Jy kan die kamer langs die vrykamer kry. Daarvandaan het jy ’n mooi uitsig oor die Stangkom, ’n mooi wêreld. Weet jy, reeds in 1710 maak een van die ou reisigers al melding van die kom hier tussen die berge. Ek meen sy woorde was: ‘Zeer vruchtbaar en zeer schoon – een liefelijke vallei.’ En toe was die Vermeulens al hier. Natuurlik nog nie in hierdie opstal nie. 1710, hoe lank is dit gelede? Maar kom. Sy hou vir my die deur oop en lig met die kers dat ek die drumpel kan sien.

    Ek tree vorentoe, maar toe besluit ek skielik en staan stil: U terme, ons het nog nie daaroor gepraat nie.

    My terme? Die vriendelikheid was weer weg uit die stem.

    Ja, die geld wat ek in die maand moet betaal. Laat ons dit sommer nou bespreek. Sal drie pond genoeg wees?

    Drie pond? Sy stoot die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1