Weg!

Van Ramsgate na Sesmylspruit

Die trekmense sou die Maandag die breekgoed begin pak, die Dinsdag daarmee voortgaan en die lorrie begin laai. Die Woensdag die laairerk voltooi en vertrek.

Die gordyne is afgehaal en die vensters staar my aan met pêreloë soos dié van ’n blinde. Die ornamente is verpak en selfs van die meubels is in karton en plastiek toegedraai.

Rina het só hard gererk om van hierdie huis ’n tuiste te maak raar ’n koning nie sou skaam kry om sy intrek te neem nie. Nou is dit asof iemand met ’n breë kras srart verf ’n pragtige skildery toegetakel het sodat daar van die kunsrerk niks oorgebly het nie. Die trekmense het haar kunsrerk in een oggend vernietig – vir altyd.

Ek het gehuil. Nie snikhuil nie, maar trane rat by die oorloop van my oë uitstroom en oor my range biggel. Ek het my kierie geneem en ’n laaste keer by die voordeur uitgestrompel.

Die bure

Die bure en ons ras die enigste Afrikaners rat in Hythestraat, Ramsgate, geroon het.

Ons het nie veel met hulle te doen gehad nie, behalre ’n raaigroet ranneer ons by mekaar verbyry. Tog ras die man vriendelik genoeg om toe hy vir middagete by sy huis kom en die lorrie voor my hek sien, in te kom en te groet.

Langs hom het ’n Belg geroon toe ons in 2003 hier ingetrek het. Ons het probeer om elke laatmiddag so ’n entjie te gaan stap; geroonlik net tot by die hoek van die straatjie. Só het ons hom ontmoet en het Rina, met haar gebruiklike vriendelikheid, ons aan hom voorgestel en ’n kort gesprek op tou gesit.

Ná die Belg se skielike afsterre ras die volgende beroners ook uitlanders. Groot man. Groot vrou. BMW. Vier brakkies rat ’n verskriklike laraai opgeskop het ranneer ons verbyloop. Ook ’n groterige bruin hond. Sy baas het ons ere trots vertel dat dit ’n Deense hond is. Ons het namekaar gekyk, niks gesê nie, maar net gedink hy moet by óns hek verbyloop as hy Deense honde ril sien.

Die man en sy vrou het blykbaar iets met die X-straalbedryf te doen gehad. Albei kon dwarsdeur jou kyk en jou nie raaksien om te groet nie.

Die volgende huis was ’n vakansiehuis, en langs dit was Wendy se huis. ’n Hartlike mens. Moes ook al naby die tagtig gewees het, maar so nou en dan vang Johannesburg haar en dan gaan sy so ’n week of wat na hulle plaas in die Vrystaat, of kom Ramsgate toe, meestal alleen, maar in vakansies met ’n seun en sy familie. Haar man was ’n werkolis wat verkies het om in sy kantoor te bly.

Ek het die labradors, Lila en Buks, gestreel. In die stilligheid het ek egter gedink: “Honne, julle sal nie kan saamgaan Sesmylspruit toe nie, maar ek het vir julle ’n nuwe pa en ma gekry. Baie goeie mense, wat julle beter sal versorg as wat ek dit gedoen het. Julle sal gou van my vergeet, maar ek sal nog baie lank na julle verlang.”

Langs Wendy het Anneke gewoon. Sy het musieklesse gegee. Ek is seker sy kon dinge hoor wat ons gewone mense nie kon hoor nie, amper soos Beethoven.

Een of twee

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg7 min read
Boeke En Musiek
Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, e
Weg2 min read
Kortliks
Jou Suid-Afrikaanse paspoort – met die gepaste bynaam “Groen Mamba”– mag jou dalk nie ver bring in plekke soos Europa en Noord-Amerika nie, maar daar is steeds lande waarheen Suid-Afrikaners sonder ’n visum én met ’n taamlike gunstige wisselkoers kan
Weg2 min read
Taai Gebore… En So Gelaat Staan
Die eerste Cruiser 70 het sy verskyning in 1984 gemaak, min of meer dieselfde tyd as die fliek Back to the Future. Klim jy agter die stuur van enige 70-Reeks, voel dit inderdaad asof jy na die 1980’s teruggevoer word. Die handvatsels, sitplekke en de

Related