Die vrygees van die Vrystaat
Dís hoe vriesbrand begin, dink ek, en wikkel my dooie tone in my vellies rond. Steeds geen gevoel nie. Ek stryk maar aan; hopelik sal ’n stappie deur die dorp hulle ontdooi.
Dis net ná sewe op ’n Julieoggend en nog stil op Rosendal. Korreksie: dit is áltyd stil op Rosendal – daar is nog net nie lewe te gewaar nie. Behalwe vir beeste uit Mautse (die nedersetting wes van die dorp) wat langs die strate wei.
Op die een rand van die dorpie (gisteroggend het ek reg óm Rosendal met die buitenste strate langs gestap – dit was ’n volle 5,43 km) staan ’n huis oortrek met staalblomme. Buite haar stoorhuis sit die skilder Lein Smuts op ’n klip en skets.
By die volgende huis sit en mediteer iemand kruisbeen voor ’n skuifdeur.
Op bykans elke erf (maklik 70 x 100 m groot) skrop hoenders en hang windklokke, feëtjieliggies of teekoppies aan die stoepbalke. Plek-plek sien ’n mens in die groot sandsteenblokke waarvan baie huise gebou is, nog die klipkapper se merk: ’n datum, voorletters of ’n kruisie. Ek weet Rosendal is al ’n ou lady, maar sy gedra haar wraggies nie so nie. Nés ek dít dink, sien ek hoe ’n tannie in Hertzogstraat gevaarlik hoog op ’n leer staan en verf.
’n Vrou in ’n Hilux-bakkie hoog gelaai met sakke hout kom met ’n stofspoed verby. Sy rem skielik, spring uit, lig ’n sak af asof dit ’n strooikussinkie is en sit dit langs ’n tuinhekkie neer. Dan laat waai sy weer en Rosendal sluimer verder.
Dit herinner my: daar’s mos ’n koolstofie in Frik
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days