Weg!

HOPEFIELD ’n Plek om te blý

Ek het die dorp nou skoon misgery. Die goue koringlande aan weerskante van die R45 het my so gehipnotiseer dat ek kwalik vir Hopefield in die effense laagtetjie langs die pad sien hurk het.

Ag tog, daar mis ek nou die tweede afdraai óók! Binne minder as ’n minuut is my skrapse blik van die dorp (’n waas van laedakhuise) wéér vervang deur nóg koringlande, struikgewasse en spookwit bloekomstamme. Dankie, Hopefield, dit was lekker om jou te ontmoet.

Selfs die inwoners stem saam: Dis maklik om hulle dorp mis te ry. (“Die R45 loop nie – soos in die meeste ander dorpe – déúr Hopefield nie. Dis ’n probleem, maar eintlik ook nie – want dis hoekom ons so baie van die plek hou,” sou John Smuts my later vertel.) Maar ’n mens kan die dorp se bykans onsigbare bestaan nie slegs aan die geografiese ligging toeskryf nie.

Sodra ’n mens deur die padwerkgedrang langs Malmesbury en die besige N7 vir die meer skilderagtige R45 verruil het, begin jy maklik dagdroom. Die geritsel van die wind deur die koring, op die horison die enorme windturbines wat stadig draai, die soet oesreuk wat by die afgedraaide motorruite indwarrel… dit alles laat die wêreld so ’n bietjie stadiger draai, voel dit.

Ná ’n lomp driepuntdraai op ’n plaaspad ry ek Hopefield uiteindelik binne. Dis nog net 9.30 vm., maar die teerstrate glim reeds van die hitte. Die weervoorspelling het gesê vandag se temperatuur gaan bó 40 ºC draai – vir eers is dit nog ’n “koel” 32 ºC.

Ek ry verby die kerk, omring deur bome en kleurryke blombeddings, en die pad begin

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante

Related