Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Golwe
Die Golwe
Die Golwe
Ebook140 pages2 hours

Die Golwe

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

My eerste herinnering aan my oupa is van 'n oomblik wat ons gedeel het.

Ek sit op sy knie en kyk uit oor die hawe. Oupa rook 'n pyp. "Kyk, Walt, daar is ons skepe. En eendag gaan daar een wat selfs mooier is, op die horison verskyn. 'n Magtige skip wat ons almal gaan kom haal."

"Waarheen, Oupa?" vra ek nuuskierig.

Hy bly stil. "Niemand weet presies nie," sê hy uiteindelik. "Maar dit maak nie dat dit minder fantasties is nie. Eendag gaan daardie skip inkom. En Annabelle sal op die voordek staan met ope arms om ons aanboord te verwelkom."

Die godin met die swart hare wat in die wind waai, soos uitgebeeld teen die grootste muur in ons tempel.

"Hoekom vaar ons nie self na haar toe nie?" wil ek weet.

"Omdat sy belowe het sy sal kom," antwoord Oupa. "En ons maak staat op daardie belofte. Dit is net die Ongelowiges wat dink hulle kan alles self doen. Hulle glo glad nie in die godin nie."

 

Walt woon in Hoophawe, 'n eilandgemeenskap wat hulle vertroue plaas in redding van die anderkant van die see af. Die dorpsmense wag geduldig, bou skepe om uit te vaar om hulle godin te verwelkom, en besoek elke week vroom die tempel. Gruwelstories omtrent die Ongelowiges wat aan die anderkant van Tresco woon, word vertel om hulle kinders bang te maak.

Maar alles is nie soos dit lyk nie. Walt het vrae wat niemand kan beantwoord nie, en wanneer sy beste vriend en neef, Yorrick, in 'n ongeluk sterf, grawe hy dieper om die waarheid uit te vind omtrent die oorsprong van die Hoophawegemeenskap... en die geheime van die tempel.

Keer terug na die wêreld van Die Eiland, en ontdek hoe Walt se lewe was voor en nadat hy Leia ontmoet het!

 

LanguageAfrikaans
Release dateMay 18, 2020
ISBN9781393926870
Die Golwe
Author

Jen Minkman

Jen Minkman (1978) was born in the Netherlands and lived in Austria, Belgium and the UK during her studies. She learned how to read at the age of three and has never stopped reading since. Her favourite books to read are (YA) paranormal/fantasy, sci-fi, dystopian and romance, and this is reflected in the stories she writes. In her home country, she is a trade-published author of paranormal romance and chicklit. Across the border, she is a self-published author of poetry, paranormal romance and dystopian fiction. So far, her books are available in English, Dutch, Chinese, German, French, Spanish, Italian, Portuguese and Afrikaans. She currently resides in The Hague where she works and lives with her husband and two noisy zebra finches.

Read more from Jen Minkman

Related to Die Golwe

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Golwe

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Golwe - Jen Minkman

    Daar was ‘n feëverhaal oor ‘n snaakse man in die ou dae

    wat op water kon loop en gesê het hy is deur ‘n God gestuur,

    maar ons in Hoophawe weet dit is net ‘n sprokie vir kinders.

    Niemand kan op water loop nie,

    dit is hoekom ons godin ons per skip gaan kom haal

    wanneer die tyd reg is.

    Uit die Annale van Praed die Eerste,

    een van die boeke in die Heiligdom van Ons Dame Annabelle

    Proloog

    My eerste herinnering aan my oupa is van ‘n oomblik wat ons gedeel het.

    Ek sit op sy knie en kyk uit oor die hawe. Oupa rook ‘n pyp. Kyk, Walt, daar is ons skepe. En eendag gaan daar een wat selfs mooier is op die horison verskyn. ‘n Magtige skip wat ons almal kom haal."

    Waarheen, Oupa? vra ek nuuskierig.

    Hy bly stil. Niemand weet presies nie, sê hy uiteindelik, maar dit maak nie dat dit minder fantasties is nie. Eendag gaan daardie skip inkom. En Annabelle sal op die voordek staan met ope arms om ons aanboord te verwelkom."

    Die godin met die swart hare wat in die wind waai, soos uitgebeeld teen die grootste muur in ons tempel.

    Hoekom vaar ons nie self na haar toe nie? wil ek weet.

    Omdat sy belowe het sy sal kom, antwoord Oupa. En ons maak staat op daardie belofte. Dit is net die Ongelowiges wat dink hulle kan alles self doen. Hulle glo glad nie in die godin nie."

    Ek was net vyf jaar oud, maar ek onthou duidelik hoe ek geril het ná sy laaste opmerking. Die meeste kinders in Hoophawe is bang vir die stories wat hulle ouers hulle vertel van die Ongelowiges. As jy nie elke week die tempel besoek nie, gaan hulle jou in jou slaap kom vang. As jy nie na die priesters luister nie, sal hulle jou uitstuur na die wildernis agter die Muur waar die Ongelowiges woon, hulle swart kleding en aaklige maskers ‘n teken van hulle sondigheid. As hulle eers hulle kloue in jou ingeslaan het, is daar nie ‘n kans dat jy ooit weer sal terugkeer nie.

    Maar dit was destyds.

    Nou weet ek beter omdat ek daar was en nog steeds lewe. 

    Deel  1 - Rimpels

    1.

    Sy mag miskien nie meer hier wees nie, maar ek onthou haar nog.

    Ek onthou my ma baie duidelik, vertel ek vir Yorrick, en staar na hom met soveel selfvertroue as wat ek bymekaar kan skraap.

    Ek dink jy maak dit net op, verseker Yorrick my. Hy is my ouer, arrogante neef. Jy kan onmoontlik nie onthou hoe sy vir jou gesing het nie. Jy was net drie jaar oud.

    Ons is in die skoolgronde en ek is besig om ‘n appel te eet. Ons klasse vir die dag is verby, maar ek en Yorrick verkies altyd die skoolgronde om te kuier en te gesels. Sy pa sal in elk geval nie gou by die huis wees nie.

    Hoe sal jy weet? mompel ek terwyl ek ‘n hap uit die appel neem.

    Ek weet meer as jy, werp hy terug. Ek het alreeds tien van die boeke in my pa se biblioteek gelees.

    Yorrick is veronderstel om teen die tyd dat hy negentien is, al die boeke in sy pa se biblioteek te gelees het. Dit beteken hy het nogal heelwat om te lees in die volgende jaar, want die Boekhouer se biblioteek bevat altesaam vier-en-dertig boeke. Wanneer hy dit alles gelees het, mag hy sy pa opvolg as Boekhouer van Hoophawe.

    Ek brom onderlangs, want Yorrick weet inderdaad meer as ek. Om die waarheid te sê, hy weet meer as almal wat so oud soos ons is. Die opleiding wat ons in die skool kry, is meestal prakties van aard: hoe om huise te herstel en nuwes te bou, skepe te konstrueer, groente te kweek, en vee te teel. Dit is natuurlik ook belangrik om visvangvaardighede te hê, en ek het dit nog altyd meer interessant gevind as die landbou. Om my eie kos in die wildernis te kan soek, gee my ‘n gevoel van vryheid en onafhanklikheid. Verlede jaar het ek gekies om ‘n kursus oor wilde plante en bessies te volg. Behalwe om te leer hoe om te oorleef, leer ons om te lees en skryf, wiskunde, en ‘n mengsel van geskiedenis en godsdiens. Vir ons gaan die twee hand aan hand. Niemand twyfel aan Annabelle se liefde vir ons nie, of aan die belangrike rol wat sy gespeel het en nog steeds speel nie.

    Soms wonder ek wat se inligting daar in oom Nathan se biblioteek is. Die gewone mense hoor nooit alles nie. Slegs die Boekhour en die priesters het toegang tot die boeke, dus weet ek nie watter tipe inligting dit bevat nie.

    Die boeke vertel nie vir ons van daardie soort goed nie, protesteer ek nogtans. Dit vertel ons hoe om te leef, sodat ons gereed sal wees wanneer Annabelle se vloot hier aankom.

    Yorrick spoeg op die sand. Ja, en weet jy wat is daar nog in? Kaarte van die see rondom Tresco, met breedvoerige beskrywings van die seestrome. En daar is nog goed.

    Ek knip my oë verbysterd. Ek is seker dat Yorrick nie veronderstel is om dit vir my te vertel nie, maar ek gee nie om nie. Sy woorde prikkel my nuuskierigheid. Wat nog?

    My neef leun nader aan my. Die Ander Kant, fluister hy. ’n Ander kuslyn as ons s’n, en dit lyk asof dit nie baie ver hiervandaan is nie.

    Dit kan nie reg wees nie. Die dorpsmense van Hoophawe weet almal die see is te eindeloos om oor te vaar. Van tyd tot tyd vaar ons wel verder as ons viswaters, maar daardie weeklikse ritte is bedoel om die vloot te verwelkom in geval dit op die horison verskyn. Ons moet altyd gereed wees.

    Dis onmoontlik, sê ek beslis. Die wêreld oorkant die water is te ver weg. As dit so naby aan Tresco is as wat jy sê, sou iemand teen hierdie tyd al tot by die Ander Kant geseil het, nie waar nie?

    Yorrick kyk my nadenkend aan. Miskien is dit nou tyd dat iemand probeer, mompel hy. As mens dit nie doen nie, sal ons nooit uitvind nie.

    Op daardie oomblik gaan die skool se voordeur oop en drie van die meisies uit die seniorklas kom uitgestap. Yorrick sit dadelik regop, trek sy een hand deur sy bruin hare en glimlag innemend vir hulle. Hallo, dames, roep hy opgewek. Enige planne vir vanmiddag?

    Die drie meisies giggel. Yorrick is ‘n regte verleier. Ek staan altyd met my mond vol tande wanneer ek by hom is, maar ek let goed op hoe hy teenoor hulle optree wanneer hy met hulle gesels en ek net soos ‘n volslae stommerik daar staan. My ouer neef is my grootste bron van wysheid wanneer dit kom by situasies soos hierdie.

    Ons gaan strand toe, kondig een van hulle aan. Dit is Alisa met haar blonde krulle. Kom julle saam?

    Yorrick pomp my in die ribbes. Sy nooi ons altwee, Walt. Kom saam.

    My gesig verkleur. Ek kan nie. Ek gaan vanmiddag tempel toe saam met Oupa Thomas.

    Ag asseblief. Jy gaan elke Vrydag soontoe. Kan jy dit nie eenkeer oorslaan nie?

    Nee, nie eintlik nie.

    Yorrick staan op. Dis jou verlies. Ek gaan nie nee sê om al drie die meisies vir myself te hê nie. Hy knipoog en waai vir my voordat hy omdraai en saam met Alisa en haar vriendinne die pad af stap.

    Ek sou eintlik graag saam met hulle wou gaan, maar vandag is ‘n spesiale dag. Presies veertig jaar gelede het Oupa sy eerste verloofde verloor aan een van die Ongelowiges, en ons herdenk dit vandag saam in die tempel.

    Ek verlaat die skoolgronde en draai links. Die pad na die tempel is steil opdraand, en ek voel gou dors. Ek neem nog ‘n appel uit my sak en eet dit terwyl ek aanstap na Hoophawe se heiligdom.

    Annabelle se tempel is hoog teen Tresco se steil rotse geleë. Die voorvertrek kyk uit oor die wilde, wye see. Wanneer daar stil dienste in die tempel gehou word, is die binneheiligdom nooit heeltemal stil nie. ‘n Mens kan altyd die seewind om die gebou hoor huil. Daar word gesê dat as jy gelukkig genoeg is om in ‘n diep trans te gaan, jy selfs Annabelle se stem in die wind kan hoor.

    Halfpad oppad boontoe, gaan sit ek op ‘n bank langs die pad. My blik gaan oor Hoophawe onder my. Honderde huise bondel saam by die riviermonding wat sy oorsprong in die berge op die Ongelowiges se terrein het, en vloei in die see naby ons hawe. In die verte sien ek die groen dak van Yorrick se huis, die Boekhouer se woning. My oom bestuur ons dorp. Hy maak seker dat niemand gebrek ly nie, en alles glad verloop. Die mense in ons gemeenskap help om die vure in die wagtorings aan die gang te hou. Die meeste van ons maak beurte om minstens eenmaal per maand in die vuurtoring diens te doen, en almal in Hoophawe wat ‘n inkomste het, gee ‘n deel daarvan aan die tempel sodat die priesters aanbiddingsdienste vir Annabelle kan reël, en skepe met dankoffers na haar ryk kan stuur.

    Sommige van die gawes word ook gebruik om die bou van nuwe skepe wat sal uitgaan om haar vloot te verwelkom, te befonds. My pa is superintendent van die skeepsbouers. Ek het, toe ek jonger was, eenkeer saam met hom gegaan op een van sy verwelkomingsvaarte, maar ek het nie sy seebene nie, en ek was taamlik seesiek. Miskien was hy teleurgesteld, maar hy het nooit iets daaroor gesê nie.

    Ek loer na die horison. Nie baie lank gelede nie het ek vas geglo dat die vloot eendag aan ons kus sal verskyn, maar deesdae wonder ek of die verhaal wat in die tempel vertel word, nie net is om ons te paai nie. Ek bespreek nie my bekommernisse met iemand anders nie. Nie met my pa nie, en definitief nie met Oupa nie. Selfs Yorrick weet nie dat ek bedenkinge het nie. Miskien moet ons net aanvaar dat dit ons plek in die wêreld is hierdie. Miskien is ons nie veronderstel om hier weg te gaan nie.

    2.

    Wanneer ek by die tempelhof aankom, is ‘n tempelassistent besig om die fakkels aan te steek wat aan die marmerpilare weerskante van die ingang vas is. Vanaand sal sal daar nog mense kom, want Oupa se herdenking val saam met die viering van die somer. Binnekort sal hier heelwat van Hoophawe se inwoners wees, met blomme in hulle hare en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1