Nag, Pa
DIE oproep is uit die bloute en onverwags – ’n skrille wekroep terug na die werklikheid. Die foon se lui wat met eentonigheid aanhou blêr soos ’n verlore lam in die veld op soek na sy ma.
“Goeienaand, dominee Van Zyl hier. Praat ek nou met Belia, oom Louis se dogter?”
“Dis reg. Hoe help ek?” vra ek. Nie dat ek in staat is om met enigiets te help in hierdie verlammende toestand nie. Dis immers halfvier in die oggend. Geen vriendin sal nou bel nie.
“Ek is so jammer om jou mee te deel dat jou pa pas oorlede is. Die dokters het hul bes probeer, maar sy hart was te swak. Twee en neëntig was ’n mooi ouderdom. My innige medelye.”
Die angskreet wat my keel verlaat, is selfs vir my vreemd. Asof dit vanuit ’n ander mens se lyf ontsnap het. Toe ek tot verhaal kom en die snikke, die -sonate, Beethoven se Vyfde, .
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days