Langhaarboer tot troebadoer
Ek moes dalk nooit na my pa in die kis gaan kyk het nie. Hulle sê mos dis die beeld wat vir altyd by jou bly, maar hierdie stywe man in ’n donker kis was nie anders as die beeld wat ek altyd van hom gehad het nie.
My pa is in 1974 dood, ek was 28 en ek het langs die kis gestaan en hom só gekyk en geweet, hier lê jy nou, Pa.
Was dit hoekom ek op daardie Sondagoggend as driejarige op my driewiel geklim het om my ma by die kerk op die dorp te gaan soek, met my pa wat stroef onder ’n boom sit, besig met sy Louis L’Amour, terwyl hy my eintlik moet oppas, sy seun moet koester?
Het ek sy koudheid teenoor my toe al gevoel? Ons het vyf myl buite die dorp gebly, en omtrent halfpad soon-toe het die twee soekgeselskappe by hierdie klein seuntjie op sy driewiel uitgekom.
My ouers het die jaar nadat ek matriek in Welkom geskryf het, Bloemfontein toe getrek. Op kollege het ek naweke die vyf uur van Heidelberg af Bloemfontein toe gehike, “my hande vol presente/ ’n liedjie vir my ma en ’n bietjie trots vir my pa”, soos in een van Breyten se gedigte. Maar sommer by die voordeur al meet my pa met sy
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days