Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Pirouette
Pirouette
Pirouette
Ebook55 pages12 minutes

Pirouette

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In die debuutdigbundel Pirouette word balletterminologie en die hospitaal-milieu van eetversteurings saamgebind in ’n helder besinning oor gebrokenheid, verwonding en psigiese kwelling. Dit is ’n bundel waarin ritme en metrum aansluit by die oorkoepelende dans-metaforiek om die lewe sterk beeldend vanuit ’n dansersperspektief – gestroop, met net die nodige lyne  –  weer te gee: tollend, wankelend, seëvierend met ’n bevrydende sprong na heling.
LanguageAfrikaans
PublisherQueillerie
Release dateFeb 28, 2012
ISBN9780795800337
Pirouette

Related to Pirouette

Related ebooks

Related articles

Reviews for Pirouette

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Pirouette - Aniel Botha

    pirouette

    Aniel Botha

    Queillerie

    Vir my ouers

    I

    Brisé

    Selfportret

    Asimmetriese kontoere

    sper die gesig af.

    ’n Ongelukstoneel.

    Wange onherstelbaar

    ingeduik, die neus

    ’n skeefgetrekte wrak.

    Skerwe glas blink

    op die dowwe vel.

    Bokant die ken

    ’n gapende wond

    waaruit woorde

    onkeerbaar bloei.

    Aan skerwe

    Daardie aand voor die opwasbak

    het die geërfde Noritake-bord

    uit my onbeholpe hande gegly.

    Hy was lankal gekraak – dié bord.

    Die duisend stukkies op die vloer

    bloot ’n kwessie van tyd.

    Haastig, voor jy tuis kom, het ek

    die bewyse opgevee, toegeknoop

    in ’n plastieksak en weggesmyt . . .

    Toe self geval en gebreek, dié keer

    die skerwe net daar gelos vir jóú

    om in ’n plastieksak toe te knoop.

    Voorskrif

    Neem drie maal per dag, of soos nodig,

    ’n wilsbesluit, los op in water en drink

    op ’n leë maag. Vermy alle suiker,

    sout, stysel, supermarkte, restaurante,

    slaaisouse, bakkerye en sosiale

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1