Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dolosse
Dolosse
Dolosse
Ebook54 pages17 minutes

Dolosse

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dolosse is ʼn losser versameling verse, al is die “dolos”-motief in die betekenis van beskawingsreste of simbole van ʼn verlede en voortekens van ʼn dikwels somber en uitsiglose toekoms ʼn dominerende faktor in die bundel. Die verse het dikwels Europese reisindrukke of die wêreld van Franskraal as agtergrond, maar die basiese problematiek word gekonsentreer op die noodlotsgang van die Afrikanervolk, die ganse Westerse beskawing en die mens in sy aftakeling. - J C Kannemeyer
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateNov 1, 2015
ISBN9780624075998
Dolosse
Author

D.J. Opperman

Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het

Read more from D.J. Opperman

Related to Dolosse

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Dolosse

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dolosse - D.J. Opperman

    DJ Opperman

    Dolosse

    Tafelberg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Dolosse mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Gedagtes by ’n sarkofaag

    Vandese week

    is uit die vyfde eeu voor Christus

    in die kerkhof van Athene

    ’n sarkofaag

    tussen die stukkende grafstene

    oopgegraaf;

    en onder die klipdeksel

    lê ’n hopie skewe bene

    van ’n seun van twaalf.

    Volgens die ontwerpe

    en vier klein olieskrapers –

    drie van brons

    en een van yster –

    weet ons

    hy was atleet,

    ’n spies- of diskuswerper.

    Is hy deur god of mens vermink

    of albei saam?

    Was hy van geboorte so

    of dra sy liggaam

    die eerste wring van talidomide

    of polio?

    Het hy vrywillig of onder dwang

    hinke-pink

    die spies ver in die grond laat sink?

    Of is hy voorteken van die geweld

    wat oor sy land sou kom

    deur eie mense, Pers, Romein en Turk,

    maar ook van die Avondlandelike drang

    na die ewige atleet op ’n ewige sportveld

    en so na sy ondergang?

    Tog, ek raak by die klein

    Griekse geraamtetjie ontroer

    en voel die gode maak

    met dié opgrawing

    deur dié klompie dolosse bekend:

    Ná ’n swangerskap van vyf-en-twintig eeue

    kom jul beskawing

    aan sy begin

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1