ELMARIE DERCKSEN
“Geniet” is nie die regte woord nie, want dit het my hart ge-breek, maar Decima van Eben Venter is my boek van die jaar. Outofiksie, fabel, spanning en wetenskap word gekombineer tot ’n liriese besinning oor verlies. My gunsteling van al die wonderlike karakters is die renoster Decima self.
Vanjaar het ek Imraan Coovadia ontdek, wenner van die Sunday Times-fiksieprys. Genugtig, wat ’n plaaslike vonds! The Institute for Taxi Poetry is verbeeldingryk, kleurvol, spannend en tragies, maar tegelykertyd regtig snaaks. Toe ek eers begin lag, kon ek nie ophou nie.
ANELIA HEESE
Na die geliefde land deur Karel Schoeman: Hoe navigeer ons ’n verlede wat nie nostalgie werd is nie? Hoe gemaak met ’n hede wat so onvoorstelbaar kan voorkom? Vyftig jaar ná die eerste druk is dié teks steeds ’n handleiding vir hierdie skemer in ons land.
On Earth We’re Briefly Gorgeous deur Ocean Vuong: ’n Seun se brief aan sy ongeletterde ma is ’n vergryping aan die versoeking om te verstaan wat oorlog doen aan dié wat oorbly. When does a war end? When can I say your name and have it mean only your name and not what you left behind?
STEFAANS COETZEE
Ek lees nie gedigte nie, maar Tom Dreyer se is ’n uitsondering. Ek wil saam met hom op gaan en vir hom skree,