Digby die Noordpoolsirkel, al vanuit die vliegtuig, sien jy die buitewêreldse landskappe. Die ligbruin rotsformasies met titsels pienk en oranje. Die talle kraters en skeure in die aardkors.
Soos die vliegtuig al hoe laer vlieg, merk jy nou ook die Noord-Atlantiese Oseaan met sy donkerblou water en deurskynende wit ysberge. Die blinkende mere en riviere, die reusagtige gletsers, yslae en watervalle. Plek-plek is dit verrassend groen.
Jy is onmiddellik verlief op Ysland.
Die vliegtuig stryk neer op die lughawe buite die dorp Keflavik. Sodra die deur op hierdie somersdag oopgaan, bibber jy in die nege grade Celsius. Vir Yslanders is dit nie besonder koud nie, dit is darem mos Augustus en die tweede warmste maand van die jaar . . .
Veertig minute of so later hou die uber voor die klein boetiekhotel in die kern van Reykjavik stil. “Gódan daginn,” groet die hotelbestuurder. En minute later vat