Weg!

Op die spoor van die noorderlig

Aurora borealis. Jy het dié woord waarskynlik op skool in die aardrykskundeklas gehoor: Groen ligpatrone wat soos kwashale in die donker lugruim bo die sneeulandskap van die poolstreke verskyn en verdwyn.

Een oggend hoor ek dié Latynse woord op die radio. ’n Reisagent vertel van ’n toer na die noorde van Skandinawië, na Samiland. ’n Streek wat ek as Lapland in die ou Afrikaanse Kinderensiklopedie leer ken het.

Die omroeper noem daar is nog twee plekke beskikbaar op die toer in Januarie 2020. Ek en my man, Thys, kyk na mekaar – dis ons s’n!

DAG 1 Stockholm

Die toer begin in Stockholm. Een aand in die “Stad van Stokke” is gans te kort. Die stad bestaan uit ’n klompie eilande en kry glo sy naam van die houtpale of stokke, wat die inwoners in die see geplant het om vyandige skepe te keer of tolgeld te eis.

Die stad smeek om verken te word. Veral as jy ’n aanhanger van Stieg Larsson se is. Elke tweede straatnaam diep ’n herinnering uit een van sy donker rillers op: Gamla Stan, Prästgatan, Tyska Stallplan...

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Kyk Ver Die Veld In
Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is da
Weg1 min read
Kyk Hier!
Wanneer die sentrale deel van Botswana somerreën kry, dreineer die water na die Makgadikgadipanne, wat dan die habitat word van duisende flaminke en ander watervoëls. By die Nata Bird Sanctuary het jy maklike toegang tot die Sowapan, die oostelike de
Weg5 min read
Die Noord-Kaap Maak Heel
Amper elke dag moet Genevieve Maasdorp vir mense beduie hoe die paaie na die /Ai-/Ais-Richtersveld-oorgrenspark toe lyk. Ook wat die toestand van die roetes in die Kgalagadi-oorgrenspark of die Namakwa- of Augrabies- of Mokalanasionale park is. En da

Related