Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Heilige beeste
Heilige beeste
Heilige beeste
Ebook104 pages21 minutes

Heilige beeste

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In Heilige beeste (1945), Opperman se debuutbundel, is die belydende inslag en die religieuse stryd van die Louws se eerste bundels feitlik geheel en al afwesig en beoefen hy ʼn veel meer beeldende poësie as sy voorgangers. Daarby laat vaar hy die chronologiese of achronologiese basis vir sy rubrisering en maak hy ʼn verdeling wat op die temas van “die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees” uit die titelgedig berus. – J C Kannemeyer.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateNov 1, 2015
ISBN9780624075899
Heilige beeste
Author

D.J. Opperman

Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het

Read more from D.J. Opperman

Related to Heilige beeste

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Heilige beeste

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Heilige beeste - D.J. Opperman

    DJ Opperman

    Heilige beeste

    Tafelberg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Heilige beeste mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Vir Marié

    Heilige beeste

    Dit is my laaste besit

    wat ek bedags langs die Taka verdedig

    en snags in die kraal tussen kiepersol en klip:

    hulle wat wei

    waar die hadida in die noorsboom wag

    bo peule, miershoop en gras;

    hulle wat afhanklik is

    van die bul wat die sand krap

    en die reuk van die koei nog vat;

    hulle wat afstam

    van kuddes deur dansende impi’s omring

    in die koningskrale van Senzangakona en Dingaan;

    hulle my drie drifte:

    die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees

    oor die kraal tussen kiepersol en klip.

    I

    Kontrak

    U het die wêreld oopgeskiet

    tot grot en gramadoela;

    toe die blaar en riet,

    U arbeiders, gestuur; wortels

    wat nederig werk, die mier

    wat stokkies dra

    en beitelpunt van die rivier.

    U droom met dinamiet

    en laat aan arbeiders

    die besonderhede en verdriet.

    Sarkofaag

    Vas teen die stad rys bruingekerf

    met ’n groen kuifie bo, die halwe berg

    waar honderde bandiete

    agter skoorstene van fabrieke

    jare al met koekepan en pik

    hul dieper ingrawe in skuinstes klip;

    en om hul uit klein vensters van die stad

    kyk klerke dag vir dag met huiwering na die gat.

    Stadsnag

    Op deuntjies van die saxofoon verdwyn

    die siel se kommer, stryd en ongeloof,

    en waar die stringe liggies troostend skyn,

    bied ons ’n nagtelike vrees die hoof.

    Saans in die stad as elke siel so pyn,

    word dit aan Mefistofeles beloof

    as hy ons net jong vrouens of ou wyn

    wil gee om ons ’n rukkie te verdoof.

    Maar tot die na-nag is ons dan verdoem

    om tussen die geslote deur en muur

    te lê, met alle stryd net uitgestel

    tot nou, tot ’n erkenning, onverbloem,

    tot hierdie wakkerlê om uur na uur

    koorsig die klanke van ’n klok te tel.

    Stad in die mis

    Met gespanne spier

    loop ek deur die mis

    want om my sluip ’n dier

    onder wit duisternis;

    ek hoor hom knor en in oop mote

    waggel sy pilare-pote

    en sy kantelende rug metaal;

    op hoeke

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1