Weg! Platteland

Ons wag op die reën…

Moeg

Vandag waai die wind weer in die Boesmanland. Nie ’n vars bries nie, maar ’n warm, stowwerige wind. En ek is moeg. Moeg vir die stof en die droogte. Moeg vir sê dit gaan goed al voel jy nie so nie. Moeg vir lammers sonder ma’s. Moeg vir honger skaap en voer gee. Moeg vir goedkoper voer soek en planne maak. Moeg vir hoor daar is nêrens lusern nie – en as jy uiteindelik kry, kan jy dit in elk geval nie bekostig nie. Moeg vir nie oplossings vind nie. Moeg vir altyd positief wees. Moeg vir die kinders preek oor dink aan die dag van môre. Soms wil ’n mens mos net die hele pak lekkers vandag opeet en nie bekommerd wees oor môre nie. Moeg vir jou bes probeer om alles te red. Moeg vir die dooie skaap. En nee, hulle is nie dood omdat jy nie vir hulle kos gee nie, maar omdat hulle skynbaar net hulle lus vir die lewe verloor. Moeg vir plig en verantwoordelikheid. Moeg vir nie van die huis af weggaan nie, omdat jy bang is daar gaan iets fout op die plaas as jy nie daar is om nog planne te maak nie. Moeg vir jaar ná jaar hoor daar sal uitkoms kom en wonder of jy nog hier sal wees om daardie dag te sien. Moeg vir seëninge soek om te tel en dinge te soek om voor dankbaar te wees. Sommer net moeg.

Dalk waai die wind nie môre in die Boesmanland nie, en dan gaan lê die stofwolk wat oor my gemoed hang, sommer ook…

Die Boesmanland het haar doodskleed aan, en oor haar gesig is ’n sluier van stof getrek. Sy rou oor die reën wat wegbly en haar diere wat omkom. Net die mismoedige weeklaag van ’n windpomp verbreek die doodse stilte – ’n vrugtelose poging om ’n druppel water diep uit die verskroeide aarde te suig. Die genadelose son bak op die kaal vlaktes neer.

Tog is hier nog lewe.

’n Troppie maer skape en ’n paar waaierstertmeerkatte hou die pad aandagtig dop. ’n Bondel kraaie hou ’n jolige partytjie om die karkas van nóg ’n droogteslagoffer. ’n Paar mismoedige springbokke kou aan die dooie bossies… Dan, skielik, is dit asof alles begin lewe. Die meerkatte staan regop, die skape begin blêr en daar verskyn ’n swerm voëljies uit die niet. Iewers op ’n sinkplaattweespoorpaadjie hoor hulle die gerammel van ’n oorlaaide plaasbakkie wat voer bring.

My naam is Chrismari van der

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Nou Ry Ons Plak-plak So!
’n Versameling kleurryke buffer-plakkers agterop ’n bakkie, woonwa of boswa is soos ’n padkaart van plekke waar iemand was en verraai dadelik jy is ’n ernstige reisiger. “Ek is mal daaoor: ’n ereteken-stelsel waarmee jy kan sien waar mense al was,” s
Weg: Platteland1 min read
Hoe Lyk Dit Met ’n Kaart?
Baie dankie vir julle tydskrif wat so propvol inligting is. Ek is regtig gaande daaroor. Ek het voorheen in Limpopo gewoon en hou daarvan om na interessante plekke toe te reis. Ek sal baie daarvan hou as julle ’n kaart van Suid-Afrika aan die binneka
Weg: Platteland4 min read
My Paadjie Platteland Toe
Ek is maar ’n stadsjapie. My eerste nege lewensjare was in Seepunt, gevolg deur ewe veel tyd in Vrede-hoek, Kaapstad. Dié skuif is het gekom nadat my oupa oorlede is en ons gesin by my ouma ingetrek het. Een van die lekkerste dinge van Vredehoek was

Related