Landbouweekblad

Briewe

WENBRIEF

Red SA met wildsvleis, -juwele

Cofesa reageer op die oproep van die omgewingsgroep EMS wat vra dat 75 ton renosterhorings in die openbaar verbrand moet word.

Nee, asseblief nie. Gebruik dit om duisende mikro-entrepreneurs te skep wat ontwerpersjuwele maak. Só kan armoede en hongersnood geklop word.

Op die onlangse konferensie oor biodiversiteitsekonomie het Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, ’n nuwe rigting vir haar departement ingeslaan om wildbewaring te kommersialiseer en gemeenskappe te betrek by die verwerking van wildsprodukte om stropery te help stopsit. Sy beklemtoon:

■ Die kommersialisering van handel in wildsvleis en plante.
■ Die bevordering van trofeejag en die jag van olifante vir verwerking in abattoirs.
■ Die gebruik van renosterhoring en plante vir medisyne.
■ Die gebruik van renosterhoring en ivoor vir ornamente en aandenkings.
■ Die bevordering van akwakultuur.

Slegs kos op die tafel van die hongeres sal volhoubare omgewingsprogramme verseker. Klop armoede en beveg terselfdertyd aardverwarming, pleit die konfederasie van werkgewers in Suid-Afrika (Cofesa).

Cofesa het Creecy versoek om die uitreik van jaglisensies vir veral olifante op te skort en jag aan plaaseienaars oor te laat, aangesien botallige olifante die habitat vernietig.

Die Krugerwildtuin het reeds 33% van sy boombedekking verloor en op plekke is daar geen bome oor nie.

Olifante word tot 60 jaar oud. Gevolglik sal die Wildtuin se 40 000 surplusolifante oor tien jaar tot 80 000 verdubbel. Met aardverwarming se uiterstes, vloede, droogtes

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Troef Die Koue Met ’n Pot Kerrie
Dié vullende kasserol is heerlik en smulsag. ■ 1,4 kg beesskenkelskywe■ Sout en varsgemaalde swartpeper■ 5 ml geroosterde kerriepoeier■ 1 knoffelbol, gehalveer■ 2 uie, in wiggies gesny Marinade ■ 250 ml sterk, koue rooibostee■ 60 ml worcestersous■ 1
Landbouweekblad3 min read
‘Jy Moet Iemand In Die Oë Kyk’
Vrystaat Landbou het in 1904 ontstaan en julle het die 120-jarige bestaan in Maart 2024 gevier. Watter ooreenkomste sien jy tussen die kwessies wat boere 120 jaar gelede moes trotseer en vandag? Elke tydperk het verskillende probleme gehad. Die boere
Landbouweekblad9 min read
Die Laaste Rit
Omstreeks 07:00 op Maandag 19 Februarie vanjaar klim die Zimbabwiese aktivis Ben Freeth vir die laaste keer op sy sterk Namibiese plaasperd Johnny. Voor hy sy voet in die stiebeuel sit, mompel hy sag: “Oukei, Johnny, oukei . . .” Die twee het ’n lang

Related